Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir April

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir April
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 7 April
  • Week wat begin met 14 April
  • Week wat begin met 21 April
  • Week wat begin met 28 April
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 2

Diensvergaderinge vir April

Week wat begin met 7 April

Lied 100

12 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Meld gesprekspunte uit jongste tydskrifte. Spoor almal aan—jongmense en diegene wat aan die vereistes voldoen om ongedoopte verkondigers te word—om aan die veldbediening deel te neem, aangesien dit ’n spesiale maand van bedrywigheid is. Spoor gemeente aan om vir ’n nuwe verkondigerhoogtepunt te mik.

15 min: “Menigtes word bygevoeg.” Vrae en antwoorde. Hersien belangrikste wenke wat in Die Wagtoring van 15 Augustus 1993, bladsye 12-17, gedek word.

18 min: “Help die onervarenes om te verstaan.” Vrae en antwoorde. Hersien aspekte van die Vereis-brosjure: vereenvoudigde studiemetode, gepaste vrae, treffende prente, volop teksverwysings. Beklemtoon die doelwit om studies te begin wat uiteindelik tot die Kennis-boek oorgaan. Laat ’n bekwame verkondiger demonstreer hoe om ’n studie te begin deur die benadering te gebruik wat in paragraaf 4 uiteengesit word. Spoor alle ouers in die gemeente aan om die brosjure met hulle jong kinders te studeer.

Lied 130 en slotgebed.

Week wat begin met 14 April

Lied 107

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus. Vertel kortliks, na gelang van tyd, plaaslike ondervindinge oor besoeke waar die Vereis-brosjure gelaat of Bybelstudies daarmee begin is.

15 min: “Rig studente na die organisasie agter ons naam” (Paragrawe 1-6). Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 5-6 en die tekste wat aangegee word. Vertel plaaslike ondervindinge oor die reaksie van Bybelstudente wat die video Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name gesien het.

20 min: “Leer ander wat God vereis.” Gehoorbespreking van paragrawe 1-4. Laat aanbiedings in paragraaf 5 gedemonstreer word en gebruik vier verskillende agtergronde—op straat, by ’n huis, in sakegebied en in ’n park. Herinner almal om intekeningvorms, brosjures en tydskrifte vir velddiens te kry voordat hulle vanaand die Koninkryksaal verlaat.

Lied 126 en slotgebed.

Week wat begin met 21 April

Lied 113

15 min: Plaaslike aankondigings. Verduidelik dat dit nie te laat is om aansoek te doen om in Mei aan die hulppionierdiens deel te neem nie. Hersien die Vraebus en laat die gemeente weet indien daar sekere boeke nodig is om die biblioteek in die Koninkryksaal volledig te maak.

15 min: “Rig studente na die organisasie agter ons naam” (Paragrawe 7-14). Vrae en antwoorde. Laat ’n bekwame onderrigter demonstreer hoe om ’n vriendelike, openhartige bespreking met ’n student te hê oor die nodigheid daarvan om vergaderinge by te woon.

15 min: Maak ten volle gebruik van ons lektuur. Toespraak deur ’n ouer man. (Sien Ons Koninkryksbediening vir September 1995, bladsye 5-7.) Verslae toon dat gemeentes dikwels baie meer tydskrifte bestel as wat hulle elke maand eintlik versprei. Tot 50 persent word nooit as plasings gerapporteer nie. (Toon wat die statistiek plaaslik aandui.) Wat word van hierdie tydskrifte? Baie beland op ’n rak of word weggegooi. Hoe kan dit vermy word? Elke verkondiger moet sy behoeftes versigtig skat en net bestel wat hy kan versprei. Maak ’n gewoonte daarvan om tydskrifte vir almal aan te bied met wie ons in aanraking kom. Moenie dat ouer nommers vermors word nie. Neem gereeld aan tydskrifwerk deel.

Lied 128 en slotgebed.

Week wat begin met 28 April

Lied 121

15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee. Kondig die name aan van diegene wat in Mei hulppionierdiens gaan doen. Sit die bykomende velddiensreëlings uiteen wat plaaslik vir velddiensvergaderinge getref word. Daar moet gedurende Mei ’n spesiale poging aangewend word om terug te gaan na mense by wie brosjures gelaat is met die doel om studies te begin. Stel kortliks maniere voor waarop ons op taktvolle wyse die name en adresse kan vra van mense vir wie ons informeel getuig. Jy kan jou naam en adres eerste gee en vra of daar ’n telefoonnommer is waar jy hulle in die hande kan kry. Nooi die gehoor om ander wenke te gee wat vir hulle gewerk het.

15 min: “Waarom doen hulle dit?” ’n Ouer man bespreek artikel met twee of drie gewone pioniers. (Indien nie beskikbaar nie, kan hy diegene gebruik wat dikwels hulppionierdiens doen.) Sluit hoogtepunte in uit artikel “Pioniers bring en ontvang seëninge” in Die Wagtoring van 15 Januarie 1994. Laat elkeen verduidelik waarom hy of sy die pionierdiens betree het. Vra hulle om ondervindinge te vertel wat toon hoe hulle geseën is omdat hulle dit doen.

15 min: Plaaslike behoeftes. Ouer manne kan hierdie tyd gebruik om inligting aan te bied oor spesifieke plaaslike behoeftes.

Lied 129 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel