Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/89 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 4 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 11 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 18 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 25 SEPTEMBER
Ons Koninkryksbediening—1989
km 9/89 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 4 SEPTEMBER

Lied 154

7 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor verkondigers aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Doen gepaste gesprekspunte uit jongste tydskrifte aan die hand soos die tyd toelaat.

18 min: “Help ander om ons Groot Skepper te waardeer.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Laat verkondiger demonstreer hoe om ‘Onderwerp vir gesprekke’ te gebruik nadat paragraaf 5 bespreek is. Gebruik die prente en byskrifte op bladsye 130 en 251 wanneer die Skepping-boek aangebied word. Spoor almal aan om hierdie maand ’n volle aandeel in die aanbieding van die Skepping-boek te hê.

20 min: “Bied die goeie nuus aan —Deur met vrymoedigheid in sakegebied te getuig.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal deur diensopsiener. Spoor almal aan om ’n groter aandeel daaraan te hê om sakemense in die gebied te bereik. Demonstreer, na bespreking van paragrawe 6 en 7, hoe die tydskrifte en Skepping-boek in sakegebied aangebied kan word.

Lied 92 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 11 SEPTEMBER

Lied 211

8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Meld erkennings van bydraes. Prys broers omdat hulle wakker is vir finansiële behoeftes van gemeente en wêreldwye predikingswerk. Kondig velddiensreëlings aan.

12 min: “Openbaar geloof deur goeie werke.” Vraag-en-antwoorddekking van paragrawe 1-6.

15 min: Ons gemeente se vooruitgang. Sekretaris bespreek met gemeente hulle bedrywigheid gedurende afgelope diensjaar. Vergelyk die syfers gedurende afgelope twee jaar soos dit op Ontledingsrapport oor gemeente (S-10-AF) gerapporteer is. Toon waar vooruitgang gemaak is en wat aandag moet geniet. Hersien voorstelle wat kringopsiener gedoen het.

10 min: Vraebus. Presiderende opsiener sal dit deur vraag-en-antwoorddekking behartig. Beklemtoon redes waarom inligting van Genootskap duidelik en bondig aangebied moet word.

Lied 128 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 18 SEPTEMBER

Lied 133

12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek gepaste inleidings uit Redenering-boek wat plaaslik saam met voorgestelde ‘Onderwerp vir gesprekke’ gebruik kan word. Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Bespreek items uit Teokratiese nuus soos tyd toelaat.

15 min: “Openbaar geloof deur goeie werke.” Vraag-en-antwoorddekking van paragrawe 7-16.

18 min: “Die‘Onderwerp vir gesprekke’.” Vraag-en-antwoordbespreking. Voer onderhoud met twee pioniers en vra watter ‘Onderwerp’ hulle met welslae in gemeente se gebied gebruik het. Demonstreer aanbieding van Skepping-boek soos in paragraaf 5 van artikel voorgestel word. Spoor gemeente hartlik aan om gedurende Oktober laaste geleentheid om in ontoegekende gebied te werk ten volle te ondersteun. Meld reëlings. Lied 156 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 25 SEPTEMBER

Lied 20

12 min: Plaaslike aankondigings, bespreking van dagteks en bespreking van: “Hoe om bandopnames te beskou wat nie deur die Genootskap uitgegee is nie.” Vestig aandag op velddiensreëlings vir naweek. Meld kortliks aanbod vir Oktober en nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’.

18 min: “Smaak vreugde deur meer tydskrifte te versprei.” Vrae en antwoorde. Vergelyk gemiddelde syfer vir tydskrifverspreiding van gemeente met getal wat afgelope ses maande ontvang is. Laat twee pioniers ’n paar glanspunte uit byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 1984 bespreek wanneer paragraaf 6 bespreek word. Elke pionier moet ’n beurt kry om ’n tydskrifaanbieding van 30 tot 60 sekondes te doen. Voer onderhoud met een of twee verkondigers wat besonder goed vaar in tydskrifverspreiding, soos tyd toelaat. Maak plaaslike toepassing waar nodig.

15 min: Berei goed voor vir die veldbediening. Toespraak deur ouere man wat sukses behaal in die veldbediening. Bespreek Efesiërs 6:18, 19 (NW) en toon dat Paulus die broers gevra het om te bid dat bekwaamheid om te spreek aan hom gegee moet word. Ons moet insgelyks vir onsself en vir ander bid. Bespreek hoe belangrik dit is dat individuê sowel as gesinne tyd opsysit vir voorbereiding (1 Kor. 14:40). Sommige het oefensessies met nuwelinge. Wanneer hulle dan saam met hierdie nuwe verkondigers in die veldbediening werk, bespreek hulle die verskillende situasies wat hulle teëkom (sgAF bl. 39 par. 3; qm studies 44, 45). Gebruik die Redenering-boek en bespreek inleidings wat geskik is vir die plaaslike gebied en maniere waarop ons gesprekdempers wat dikwels gehoor word te bowe kan kom. Reël om saam met ervare verkondigers en pioniers te werk as jy probleme met die een of ander aspek van die bediening ondervind en meld spesifiek op watter gebied jy hulp wil hê. Dit is ’n vreugde om voor te berei om Jehovah in die veld te dien. Ons is almal besig en vind dit dalk moeilik om tyd opsy te sit, maar selfs ’n paar minute wat nadenkend bestee word, sal tot groot verbetering lei. Spoor almal aan om goed vir hulle bediening voor te berei.

Lied 53 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel