Aankondigings
• Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Die klein uitgawe kos R3,75. Oktober: ’n Jaarintekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of albei, vir ’n bydrae van R12,00 elk. November: Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou en Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,90. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures en die brosjure “Look! I Am Making All Things New” teen R10,75.) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R7,50.
• Bestelvorms vir “Medical Documents” en “Identity Cards” word aan alle gemeentes gestuur. Hulle kos 5c elk. Hierdie kaarte moet nie onmiddellik uitgegee word wanneer hulle ontvang word nie, maar moet teruggehou word tot verdere kennisgewing gegee word oor wanneer hulle teen die einde van die kalenderjaar aan die broers uitgedeel moet word.
• Die Bethelhuis en -fabriek sal Saterdag, 14 Oktober 1989, gesluit wees vir skoonmaakwerk. Daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.
• Die Gedenkmaalviering vir 1990 sal op Dinsdag, 10 April, na sononder wees. Hierdie vroegtydige kennisgewing word gegee sodat broers die nodige reëlings kan tref vir beskikbare sale wanneer daar te veel gemeentes is wat een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet vind.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Watch Tower Publications Index 1986-1988 (gemeente en publiek: R3,25; pioniers: R2,00)—Engels
Jehovah’s se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd —Japannees
• Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (klein uitgawe)—Grieks
Sing lofliedere voor Jehovah—Een album (agt kassette in album)