Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/89 bl. 7
  • Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WANNEER ’N SAAL GEDEEL WORD
  • Dit is ons plek van aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Reëlings vir plekke van aanbidding
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Respekteer jy jou plek van aanbidding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Laat ons ons plek van aanbidding in ’n goeie toestand hou
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 8/89 bl. 7

Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?

1 “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon!” (Ps. 133:1, NAV). Vergaderinge in ons Koninkryksaal bied ons die geleentheid om met ons broers verenig te wees sodat ons mekaar tot liefde en goeie werke kan aanspoor en mekaar kan aanmoedig.​—Hebr. 10:24, 25.

2 Toon ons werklik respek vir die Koninkryksaal of die fasiliteit wat ons huur aangesien dit so ’n belangrike funksie in ons lewe vervul? Die Koninkryksaal is die sentrum van ware aanbidding in die gebied. Daarom moet ons groot eerbied daarvoor betoon. Ons almal behoort ’n deel daaraan te wil hê om dit skoon en in ’n goeie toestand te hou. Ons boekstudiegroep sal met tye aangewys word om die saal skoon te maak. Dit behoort ons begeerte te wees om aan daardie werk deel te neem, indien dit enigsins vir ons moontlik is. Sodoende toon ons ons waardering vir ’n skoon en aantreklike vergaderplek.

3 Ons kan almal belangstelling in die Koninkryksaal toon, hetsy ons aangewys is om dit skoon te maak of nie. Hoe? Deur bloot ons voete af te vee wanneer ons die saal binnegaan sodat ons nie grond intrap nie. Dit geld veral wanneer die weer guur is. As ons die ruskamer gebruik, kan ons rondom die wasbak afvee nadat ons dit gebruik het sodat dit skoon gelaat word vir die volgende persoon. Diegene wat by die lektuur- en tydskriftoonbanke werk, kan hulle belangstelling toon deur leë kartonne onmiddellik te verwyder. Alle vuilgoed moet in die houers gegooi word wat vir daardie doel voorsien is. As ons papier of ander goed op die vloer sien rondlê, moet ons dit optel pleks van dit vir iemand anders te los om op te tel. Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 het wenke gegee oor hoe om die kennisgewingbord netjies te hou. Ander moet die presiderende opsiener hulle samewerking gee om seker te maak dat hierdie raad gevolg word.​—kmAF 1/89 bl. 3.

4 Dieselfde beginsels is van toepassing wanneer ons kring- of streekbyeenkomste bywoon. Die byeenkomsterrein is ’n sentrum van ware aanbidding, hetsy dit een van ons Byeenkomssale of ’n ander fasiliteit is, en dit moet met respek bejeën word. Wanneer ons vertrek, moet ons altyd seker maak dat ons niks agterlaat waar ons gesit het nie. Ons moet behulpsaam wees en nie dink dat diegene wat aangewys is om skoon te maak daar is om rommel agter ons op te tel nie.

WANNEER ’N SAAL GEDEEL WORD

5 As gevolg van die hoë koste van eiendom word talle Koninkryksale deur meer as een gemeente gebruik. In sommige lande deel tot vyf of ses gemeentes dalk een Koninkryksaal. Elke gemeente moet belangstelling in die Koninkryksaal toon, en moet besef dat dit aan Jehovah behoort en vir sy aanbidding gebruik word. Respek vir die Koninkryksaal sluit dus nie net ons liefde vir Jehovah in nie, maar ook ons liefde vir ons broers in ander gemeentes wat die saal gebruik.

6 Die Koninkryksaal word gewoonlik een keer per week skoongemaak. Waar meer as een gemeente die saal gebruik, is dit nodig dat ’n bietjie skoonmaakwerk na elke vergadering gedoen word sodat die volgende gemeente wat in die saal inkom dit fatsoenlik vind. Dit geld ook vir Sondae wanneer een gemeente direk na ’n ander inkom. Dit is goed om, soos die tyd toelaat, vir die gemeente wat volgende inkom ’n bietjie skoonmaakwerk te doen. Wanneer verskeie gemeentes die saal op dieselfde dag gebruik, kan dit taamlik onnet word aan die einde van die dag as niemand hierna omsien nie.

7 Mag ons ook verenig wees wanneer dit kom by die betoning van respek vir ons Koninkryksaal, net soos ons ‘verenig is in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening’ wat geestelike dinge betref.​—1 Kor. 1:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel