Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/89 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1989
Ons Koninkryksbediening—1989
km 8/89 bl. 7

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Augustus: Is die Bybel werklik die Woord van God? en “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van Rl,60. Vir krediet moet ouere manne riglyne in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 raadpleeg. (Engels: Enige van die volgende brosjures van tydskrifgrootte teen ’n bydrae van 60c: Enjoy Life on Earth Forever!, The Government That Will Bring Paradise, “Look! I Am Making All Things New” of The Divine Name That Will Endure Forever.) Ontoegekende gebied: Gewone aanbod vir Augustus, ouer publikasies in Afrikaans, Tsonga, Venda en Xhosa, soos gemeld in Genootskap se brief van 20 April 1989, en waar belangstelling getoon word, Openbaring-boek teen ’n bydrae van R6,00. September: Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R7,50. Klein uitgawes is R3,75. Oktober: ’n Jaarintekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of op albei, teen ’n bydrae van R12,00 elk. November: Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou en Onsigbare geeste​—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,90. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures en die brosjure “Look! I Am Making All Things New” teen R10,75.)

• Weens die stygende koste en die verslegtende rand/dollar-wisselkoers het dit nodig geword om die prys van al ons publikasies te verhoog. Hierdie prysverhoging sal vanaf 1 September 1989 geldig wees. Die verkondigertarief vir tydskrifte sal nou 60c wees en vir intekeninge sal dit R12,00 wees. Ons stuur kopieë van die nuwe pryslys aan alle gemeentes. Een kopie moet onmiddellik op die kennisgewingbord aangebring word. Ons spoor almal aan om met die nuwe pryse vertroud te raak.

• Elke gemeente sal drie lektuurinventarisvorms ontvang en moet kampanjelektuur tel. Vul die vorms asseblief volledig in en stuur die oorspronklike nie later nie as 6 September 1989 aan ons. Hou ’n deurslag in julle lêers. Die derde eksemplaar kan as ’n werkstaat gebruik word.

• Gemeentes moet begin om Jehovah se Getuies se kalender vir 1990 saam met hulle lektuurbestelling vir September te bestel. Die kalenders bevat weer eens prente van plekke in die Bybel en sal in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Sommige wil dalk ’n ekstra kalender kry en die prente raam of hulle in ’n houer plaas vir permanente gebruik. Hierdie prente behoort ’n waardevolle toevoeging tot jou teokratiese biblioteek te wees. Neem dit asseblief in ag wanneer julle jul bestellings plaas. Kalenders is beheerde items en lektuurrekeninge sal met R2,60 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die tarief vir verkondigers, pioniers en die publiek. Geldsendings moet nie die bestelling vergesel nie tensy julle gemeente ’n nadelige saldo by die Genootskap het. In sulke gevalle moet kontant julle bestelling vergesel. Totdat die kalenders beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn.

• Wanneer julle die 1990-kalender ontvang, sal julle oplet dat die uitdrukking “Neem aan veldbediening deel” op die eerste Sondag van die maand en “Neem aan tydskrifwerk deel” op die tweede en vierde Saterdag van die maand uitgehaal is. Waarom? Omdat dit gepas die gewoonte van verkondigers is om elke Saterdag en Sondag wat hulle kan aan die veldbediening deel te neem. Talle stel inderdaad ’n goeie voorbeeld deur feitlik elke Saterdag en Sondag van die maand aan die bediening deel te neem.

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Luister na die Groot Onderwyser (stel van vier kassette en ’n boek in ’n album; gemeente en publiek: R27,00; pioniers: R21,00)​—Frans

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel