Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 4/1 bl. 3-4
  • Waarom is hierdie tye so sleg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom is hierdie tye so sleg?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraag 3: Waarom laat God toe dat ek ly?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Waarom ondervind goeie mense lyding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Hongersnood—Wat beteken dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Gee God werklik vir ons om?
    Gee God werklik vir ons om?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 4/1 bl. 3-4

Waarom is hierdie tye so sleg?

WANNEER jy gaan sit om die koerant te lees of na die nuus op TV te kyk of om na ’n nuusuitsending oor die radio te luister, verwag jy slegte nuus, nie waar nie? Jy is waarskynlik glad nie verbaas om te hoor dat ’n voortslepende oorlog nog steeds woed, dat geweld nog steeds hoogty vier of dat ’n hongersnood nog steeds ’n ontwikkelende land uitmergel nie.

As jy ver van plekke af woon waar sulke dinge gebeur, ontstel sulke berigte jou waarskynlik nie uitermate nie. Wie kan per slot van rekening bekostig om vir al daardie lydende massas meegevoel te hê? Dit is nogtans baie moeilik om nie geroer te word wanneer ons sien hoe hierdie lyding individue raak nie. Met ander woorde, hoewel dit een ding is om van ’n oorlog te lees en na te dink oor die dodetal, is dit iets heeltemal anders om te lees van klein Adnan, ’n negejarige Bosniese seuntjie wie se ma gesterf het toe ’n bom hulle huis vernietig het. ’n Paar maande later het ’n skerpskutter Adnan se pa doodgeskiet terwyl hulle saam in ’n straat geloop het. Sy suster het net ’n paar weke later voor sy oë doodgebloei, die slagoffer van ’n mortierontploffing op die skoolgrond. Die dokters wat Adnan vir trauma behandel het, het gevind dat die seun emosioneel verlam was, sonder enige gevoelens—selfs nuuskierigheid. Vrees en terugflitse het hom geteister terwyl hy wakker was; nagmerries het gekeer dat hy rustig slaap. Adnan is nie ’n syfer nie. Hy is ’n kind wat ly; ons kan nie anders as om meegevoel met hom te hê nie.

Dit geld ook vir ander wêreldprobleme. Dit is een ding om van hongersnood te lees; dit is iets heeltemal anders om ’n foto te sien van ’n vyfjarige meisietjie met ’n geswelde maag en armpies en beentjies wat soos vuurhoutjies lyk, ’n slagoffer van verhongering wat nog beswaarlik lewe. Dit is een ding om van die misdaadsyfer te lees; dit is iets heeltemal anders om te hoor van ’n bejaarde weduwee wat wreed aangerand, beroof en verkrag is. Dit is een ding om te lees van die agteruitgang van die gesin; dit is iets heeltemal anders om te verneem van ’n ma wat haar eie kind doelbewus uitgehonger en gruwelik mishandel het.

Dit is vreeslik om van sulke dinge te lees. Maar hoeveel erger is dit tog wanneer een van hierdie wêreldwye probleme ons direk raak! Wanneer jy persoonlik weens sulke dinge ly, kan die groter perspektief wat deur die wêreldnuus gebied word jou oorweldig. Dit is skrikwekkend om te dink dat lyding as gevolg van misdaad, oorlog, hongersnood en siekte toeneem teen ’n ongekende tempo in die mensegeskiedenis. Die werklikhede van hierdie 20ste eeu kan inderdaad verreikende gevolge hê—verbystering, vrees en depressie is iets algemeens.

Mense uit baie godsdienste soek antwoorde op kwellende vrae soos: Waarom is dinge so sleg? Waarop stuur die mensdom af?

Ongelukkig bied die godsdienste van vandag selde bevredigende antwoorde. Toe jy die vraag op die voorblad van hierdie tydskrif die eerste keer gesien het, was jy miskien skepties—en dit is heeltemal verstaanbaar. Fundamentalistiese godsdienste probeer dikwels om die Bybel iets te laat sê wat eenvoudig nie daarin staan nie—die presiese dag en uur wanneer hierdie wêreld gaan eindig. (Sien Matteus 24:36.) Die uitgewers van hierdie tydskrif verkies dat die Bybel homself verduidelik. Dit sal jou dalk verbaas as jy sien dat die Bybel se bespreking van die laaste dae feitelik en redelik is. En die Bybel verduidelik nie net waarom dinge so sleg is nie. Dit gee ook ’n hoop vir die toekoms, ’n waarlik vertroostende hoop. Ons nooi jou om die volgende artikels te lees om te sien waarom ons so kan sê.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Jobard/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel