Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 10/15 bl. 3-4
  • Vrees—Vriend of vyand?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrees—Vriend of vyand?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet ons God vrees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Vrees vir God—Kan dit jou tot voordeel strek?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Neig jou hart om Jehovah te vrees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Waarom moet ons God vrees en nie mense nie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 10/15 bl. 3-4

Vrees—Vriend of vyand?

“Ek dink aan hoe ek wil doodgaan. Ek wil nie geskiet word nie, maar as dit gebeur, wil ek nét hier in die kop getref word sodat ek oombliklik sterf.”

’N VERSLAGGEWER vir die Los Angeles Times het dít by ’n 14-jarige meisie gehoor. Hy het ’n onderhoud met studente gevoer oor onlangse moorde—jongmense wat volwassenes sowel as ander jongmense doodmaak. Die verslag was getiteld: “Die wêreld van vrees.”

Jy kan nie anders as om te besef dat baie mense in ’n wêreld van vrees lewe nie. Vrees waarvoor? Dit sal moeilik wees om ’n enkele vrees uit te sonder. Kyk of jy in die venster hier langsaan iets sien wat jou vriende of baie mense in jou gebied vrees. Die venster kom uit Newsweek van 22 November 1993, en dit toon die uitslag van ’n meningsopname onder “758 kinders tussen die ouderdomme van 10 en 17, en hulle ouers”.

As daar nou ’n onderhoud met daardie jongmense gevoer sou word, sou hulle dalk verdere vrese, soos aardbewings, genoem het. Ná die rampspoedige skudding in Los Angeles in Januarie 1994 het Time berig: “Onder die simptome van posttraumatiese stresversteuring is onbeheerbare terugflitse, nagmerries, oormatige waaksaamheid en woede oor die gebrek aan beheer oor ’n mens se lewe.” ’n Sakeman wat besluit het om uit die gebied te trek, het gesê: “Die skade is niks. Dis die vrees. Jy gaan op die grondverdieping met jou skoene aan bed toe. Jy slaap nie. Elke aand sit jy net daarvoor en wag. Dis erg.”

“’n Reeks rampe maak Japannese senuweeagtig”, was die titel van ’n berig op 11 April 1995 uit Tokio. Dit het gesê: “Die senugasaanval . . . was ’n besonder ernstige slag vir die Japannese psige, want dit het gekom as deel van ’n reeks gebeure wat gesamentlik wesenlike nuwe onsekerhede oor die toekoms geskep het. . . . Mense voel nie meer veilig in die strate wat eens dag of nag bekend was vir hulle veiligheid nie.” En dit is nie net bejaardes wat bang is nie. “Professor Isjikawa [van die Seijoe-universiteit] het gesê dat die angs . . . besonder groot is onder jongmense, wat dikwels geen duidelike beeld het van wat die toekoms vir hulle inhou nie.”

Bewyse dui daarop dat ’n “voorval van oorweldigende vrees die chemiese werking van die brein kan verander, wat mense selfs dekades later meer sensitief maak vir adrenalienstygings”. Wetenskaplikes probeer verstaan hoe die brein ’n skrikwekkende situasie vertolk—hoe ons besonderhede evalueer en met vrees daarop reageer. Professor Joseph LeDoux het geskryf: “Deur die senuweebane te ontdek waardeur ’n situasie ’n mens leer wat vrees is, hoop ons om die algemene meganisme van hierdie soort geheue te verklaar.”

Die meeste van ons stel nie soseer in die chemiese of neurale oorsaak van vrees belang nie. Ons stel moontlik meer belang in die antwoorde op vrae soos: Waarom is ons bang? Hoe moet ons daarop reageer? Is daar vrees wat goed is?

Jy sal waarskynlik saamstem dat vrees jou soms kan help. Byvoorbeeld, dis donker as jy jou huis nader. Die deur is op ’n skrefie oop, ten spyte van die feit dat jy dit behoorlik op knip getrek het. Deur die venster sien jy iets soos bewegende skaduwees. Jy verstyf vinnig en voel aan dat daar groot fout is. Daar is dalk ’n dief of ’n indringer met ’n mes in die huis.

Jou instinktiewe vrees vir sulke situasies kan keer dat jy doodluiters in ’n gevaarlike situasie instap. Vrees kan jou help om voorsorgmaatreëls te tref of hulp te kry voordat jy voor moontlike gevaar te staan kom. Daar is baie voorbeelde hiervan: ’n teken wat jou teen ’n hoë elektriese stroom waarsku; ’n radioberig van ’n storm wat jou gebied gaan tref; ’n harde meganiese geraas in jou motor terwyl jy deur druk verkeer bestuur.

In sommige gevalle kan ’n gevoel van vrees beslis ’n vriend wees. Dit kan help om ons te beskerm of om verstandig op te tree. Maar jy weet goed dat voortdurende of intense vrees beslis geen vriend is nie. Dit is ’n vyand. Dit kan kortasemigheid, hartkloppings, flouheid, bewing, naarheid en ’n emosioneel doodse gevoel veroorsaak.

Jy sal dit dalk baie interessant vind dat die Bybel spesifiek meld dat ons tyd gekenmerk sou word deur skrikwekkende verwikkelinge op aarde en deur intense vrees. Waarom is dit die geval, en watter invloed moet dit op jou lewe en denke hê? En waarom kan daar uit ’n Bybelse standpunt gesê word dat daar ’n daaglikse vrees is wat veral nuttig en goed is? Kom ons kyk.

[Venster op bladsy 3]

Volwassenes en kinders wat gevra is wat hulle en hulle gesinne die meeste bekommer, het gesê hulle vrees:

KINDERS OUERS

56% Gewelddadige misdaad teen ’n gesinslid 73%

53% ’n Volwassene wat ’n werk verloor 60%

43% Nie in staat om voedsel te bekostig nie 47%

51% Nie in staat om ’n dokter te bekostig nie 61%

47% Nie in staat om huisvesting te bekostig nie 50%

38% ’n Gesinslid met ’n dwelmprobleem 57%

38% Hulle gesin sal nie bymekaar bly nie 33%

Bron: Newsweek, 22 November 1993

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel