Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 11/15 bl. 24
  • Eenheid verseker deur Christus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eenheid verseker deur Christus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Eenheid is God se doel
  • Faktore wat eenheid in die hand werk
  • Waarom ’n brief aan die Efesiërs?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Christelike eenheid verheerlik God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Bybelboek nommer 49—Efesiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Jehovah se gesin geniet kosbare eenheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 11/15 bl. 24

Eenheid verseker deur Christus

Glanspunte uit Efesiërs

VROEG in 52 G.J. het die apostel Paulus in Efese gepreek. Hierdie ryk handelstad in Klein-Asië was ook ’n sentrum van valse aanbidding. Maar nadat Paulus waarskynlik in die winter van 52/53 G.J. na Efese teruggekeer het, het die Christelike godsdiens daar floreer. Hy het elke dag in ’n skool toesprake gehou en het gedurende sy verblyf van sowat drie jaar van huis tot huis getuig.—Handelinge 19:8-10; 20:20, 21, 31.

Terwyl Paulus ongeveer 60-61 G.J. in Rome in die tronk was, het hy aan die Christene in Efese geskryf. Die tema van sy brief is eenheid met en deur Jesus Christus. Trouens, dit praat 13 keer van ‘eendrag met Christus’ (NW), meer as enige ander brief wat Paulus geskryf het. Soos die Efesiërs kan ons baat vind by Paulus se woorde oor Christus se rol, om onsedelikheid te vermy en bose geesmagte te weerstaan.

Eenheid is God se doel

Paulus het ten eerste verduidelik hoe God deur Christus eenheid gaan bewerkstellig (1:1-23). Jehovah se doel is om alle dinge in die hemel en op aarde te verenig deur middel van “’n administrasie” (’n manier om sake te reël) (NW). God sal deur Christus diegene wat vir hemelse lewe gekies is en diegene wat op die aarde gaan woon met homself verenig. God het vandag gesalfdes en “’n groot menigte” verenig, en die ‘insameling van al die dinge wat op die aarde’ is, sal voortduur totdat diegene in die gedenkgrafte Jesus se stem hoor en uitkom (Openbaring 7:9; Johannes 5:28, 29). Ons moet dankbaar wees hiervoor, net soos Paulus gebid het dat die Efesiërs God se voorsiening vir hulle moet waardeer.

Daarna is aandag geskenk aan nie-Joodse Christene wat eers dood was in sonde (2:1–3:21). Die Wet is deur middel van Christus afgeskaf en die grondslag is gelê vir Jode en nie-Jode om verenig te word en ’n tempel te word wat God in gees kon bewoon. Paulus se bediening was om die heilige geheim bekend te maak dat nie-Jode ook in eendrag kan kom met Christus, deur wie hulle God met vrymoedigheid kan nader. Paulus het weer eens vir die Efesiërs gebid en het hierdie keer gevra dat Jehovah hulle sal toelaat om stewig gegrond te raak deur geloof en liefde.

Faktore wat eenheid in die hand werk

Paulus het getoon dat God verenigende faktore voorsien het (4:1-16). Hieronder tel die een geestelike liggaam wat die gemeente is. Hierdie liggaam funksioneer eendragtig onder die hoofskap van Christus. En hy voorsien gawes in mense om almal te help om eenheid in die geloof te bereik.

Jehovah maak dit ook moontlik om Christelike eienskappe aan die dag te lê wat eenheid in die hand werk (4:17–6:9). Christene wat hulle met “die nuwe persoonlikheid” (NW) beklee het, vermy goddeloosheid soos onsedelike praatjies. Hulle wandel in wysheid, toon respek vir Christus en lê gepaste onderdanigheid aan die dag.

Daarbenewens stel God Christene in staat om die bose geesmagte te weerstaan wat ons eenheid wil versteur (6:10-24). Die geestelike wapenrusting van God gee sulke beskerming. Laat ons dit dus gebruik en opreg bid, en ook ons medegelowiges in ons smekinge insluit.

Watter uitstekende raad het Paulus die Efesiërs tog gegee! Laat ons daarop ag slaan deur onsedelikheid te vermy en bose geesmagte te weerstaan. En laat ons die eenheid wat ons deur Jesus Christus geniet innig waardeer.

[Venster/Prent op bladsy 24]

Vurige pyle: Die geestelike wapenrusting sluit “die skild van die geloof” in waarmee Satan se “vurige pyle” geblus, of onskadelik gemaak, kan word (Efesiërs 6:16). Party pyle wat deur die Romeine gebruik is, was hol riete met ’n ysterhouertjie onder die punt wat vol brandende nafta was. Hulle is uit slap boë geskiet sodat die vlam nie geblus sou word nie, en as water daarop gegooi is, het dit die vlam net hoër laat brand. Maar groot skilde het soldate teen sulke pyle beskerm, net soos geloof in Jehovah sy knegte in staat stel om “al die vurige pyle van die Bose” uit te blus. Ja, geloof help ons om dinge te weerstaan soos aanvalle deur bose geeste, sowel as versoekings om ons aan oortreding skuldig te maak, om ’n materialistiese lewenswyse na te jaag en om voor vrees en twyfelgedagtes te swig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel