Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 9/15 bl. 29
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Erkenning van hulle bloedskuld
  • Gebrek aan priesters
  • Die volmaakte oplossing
  • Wat is Babilon die Grote?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Onveilige “Babilon” is tot vernietiging gedoem
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Droefheid en vreugde oor Babilon se einde
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Waarom soveel nuwe sektes?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 9/15 bl. 29

Insig in die nuus

Erkenning van hulle bloedskuld

“Ons het die oorlog [die Tweede Wêreldoorlog] ’n heilige oorlog genoem en mense na die slagveld gestuur”, het Sjingen Hosokawa, die sekretaris-generaal van die Tempelkantoor van die Boeddhistiese Rein Land Otani-sekte in Japan, gesê. “Ons kan maar net beskaamd staan voor die heilige Boeddha.” Die sekte, wat meer as vyfmiljoen lidmate het, het by ’n onlangse “Gedenkdiens vir al die oorlogslagoffers”, 45 jaar na die Tweede Wêreldoorlog, hulle verantwoordelikheid erken omdat hulle “gewillig saamgewerk het tydens [die oorlogspoging van] die Tweede Wêreldoorlog”. “Geen tradisionele Boeddhistiese orde het al ooit sy eie oorlogsverantwoordelikheid onomwonde by ’n godsdiensritus erken nie”, het die Asahi Sjimboen gesê.

Maar moet veel meer godsdienste nie “beskaamd staan” omdat hulle talle jong mans aangespoor het om te gaan veg nie? Volgens die Kodansha Encyclopedia of Japan het feitlik alle Boeddhistiese, “Christelike” en Sjinto-denominasies in Japan in 1941 ’n Godsdiensbond gevorm “om gedurende die oorlog ’n geestelike vesting vir die volk te voorsien”.

Dit is nie verbasend dat die Bybel die wêreldryk van valse godsdiens “Babilon die Grote” noem nie, en sê: “Ja, in haar is gevind die bloed . . . van almal wat op die aarde gedood is” (Openbaring 18:2, 24, NW). Sal Jehovah God, die Gewer van menselewe, hierdie godsdiensleiers tot verantwoording roep vir hulle bloedskuld? Dieselfde hoofstuk van Openbaring beskryf beeldend wat met Babilon die Grote gaan gebeur en sê: “Een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.”—Openbaring 18:21.

Gebrek aan priesters

Boeddhistiese sektes in Japan word gekwel deur die probleem van leë tempels. Bure van tempels wat nie inwonende priesters het nie, kla oor rondlopers wat in die tempelgebied rondhang, sowel as oor die brandgevaar. Die Zen-Boeddhistiese Myosjindji-sekte het besluit om die probleem op te los deur van tempels ontslae te raak of hulle met nabygeleë tempels te laat verenig. Meer as 20 persent van die Myosjindji-sekte se 3 500 tempels in Japan het nie ’n inwonende priester nie of word deur priesters van nabygeleë tempels bedien.

Waarom bestaan hierdie probleem? “Die sekte vind dit moeilik om opvolgers vir aftredende priesters te kry”, verduidelik The Daily Yomiuri, “en jong priesters wou nie poste in tempels in yl bevolkte gebiede hê nie.” Die sekte het probeer om afgetrede werkers as priesters op te lei, maar het hierdie plan reeds laat vaar. Al sê die Myosjindji dat “dit nie ’n tyd is wanneer die getal tempels wat bestaan ’n aanduiding van krag is nie”, neem hulle invloed ongetwyfeld af.

Dit is interessant dat die Bybelboek Openbaring voorspel dat die waters van die Eufraat waarop die wêreldwye godsdiensstelsel—“Babilon die Grote”—sit, sal ‘opdroog’ (Openbaring 16:12; 18:2, 9, 11, NW). Wat stel die waters voor? “Die waters wat jy gesien het, . . . is volke en menigtes en nasies en tale” (Openbaring 17:15). Dit is duidelik dat “die waters”, of lidmate, in die Oosterse deel van Babilon die Grote besig is om op te droog.

Die volmaakte oplossing

“Die bedreigings waarvoor ons nou staan . . . het soveel momentum dat, tensy ons nou optree om hulle af te wend, hulle onvermydelik op verlammende ekonomiese gevolge en die ineenstorting van maatskaplike en politieke instellings afstuur”, sê Worldwatch Institute, wat in Washington, D.C., VSA, gesetel is. Verlede jaar het die instituut se jaarverslag gewaarsku dat dodelike hittegolwe, droogtes en oorstromings net ’n voorsmakie is van die ernstiger rampe wat die reeds geteisterde aarde nog gaan tref. Gebiede wat volgens die verslag onmiddellike aandag verdien, is onder andere bevolkingsbeheer, energiebenutting, die aanplanting van woude en die voorkoming van hongersnood. Die instituut sê egter dat ’n onmiddellike ‘wêreldwye plan van aksie’ en ‘groot veranderinge in die mens se gedragspatroon’ nodig is om positiewe resultate te verkry.

Kan ons verwag om ’n wêreldwye plan te sien wat groot veranderinge in ons dag sal teweegbring? Ja, maar nie deur die pogings van enige mens of groep mense nie. Waarom nie? Want die profeet Jeremia het eeue gelede geskryf: “Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.” Die Bybel belowe eerder dat Jehovah God “die verderwers van die aarde [sal] verderf” en ‘sake sal regstel’ tot voordeel van die bewoners van die aarde.—Jeremia 10:23; Openbaring 11:18; Miga 4:3, 4, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel