Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 9/15 bl. 28
  • Wat die spreuk beteken

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat die spreuk beteken
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom die soene van ’n hater afsmeek?
  • Hoe word die regverdiges baie wanneer die goddelose omkom?
  • Wandel op ‘die pad van regskapenheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • ‘Iemand wat goed is, verkry God se goedkeuring’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • ‘Seëninge is op die regverdige’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Skep behae in Jehovah se regverdigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 9/15 bl. 28

Wat die spreuk beteken

Waarom die soene van ’n hater afsmeek?

DIE goddelik geïnspireerde wyse man het hierdie opmerking gemaak: “Die wonde wat toegedien word deur iemand wat liefhet, is getrou, maar die soene van ’n hater moet afgesmeek word” (Spreuke 27:6, NW). Hoe moet ons hierdie woorde verstaan?

Iemand wat jou liefhet, sal jou, figuurlik gesproke, in getrouheid ’n wond toedien. Hy kan jou met liefde in sy hart en in die hoop dat hy jou kan help, raad gee. Jy hoef ’n ware vriend nie om sulke hulp of selfs teregwysing te smeek wanneer jy dit nodig het nie. En hoe verstandig is jy tog as jy die nodige raad, opbouende kritiek of selfs verdiende teregwysing in ’n goeie gees aanneem!

As jy wil hê dat iemand wat jou haat iets goeds vir jou moet doen, sal jy hom egter moet smeek. Waarom? Omdat hy uiteraard weens sy haat nie geneë sal voel om jou te soen nie. Hy sal eerder geneig wees om jou hardvogtig te behandel. Enige moontlike vriendelikheid wat hy jou sal bewys, sal slegs wees as gevolg van groot moeite en baie gesmeek van jou kant.

Een van Jesus Christus se gelykenisse is baie interessant in hierdie verband. Hy het eenkeer vertel van ’n weduwee aan wie reg gedoen is deur ’n regter wat God nie gevrees het en geen mens ontsien het nie. Hoe het sy daarin geslaag? Die regter het, net omdat die vrou hom aangehou smeek het, toegesien dat die reg wat sy verdien het aan haar geskied. Jesus het hierdie illustrasie gebruik om sy dissipels dit op die hart te druk dat “’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie”.—Lukas 18:1-8.

Hoe word die regverdiges baie wanneer die goddelose omkom?

Spreuke 28:28 verklaar: “As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.” Hoe word dit bewaarheid?

Die goddelose kan “opkom” in mag, moontlik as hardvogtige heersers. Gedurende so ’n tyd verberg die regverdige homself. Hy kan dit doen omdat hy hulle verdrukking vrees. En hoekom nie? Dit is waar: “Die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.”—Prediker 8:9.

Wanneer die goddelose egter omkom, “word die regverdiges baie”. Hoe so? Klaarblyklik omdat die regverdiges dan uit hulle skuilplek kom en in die openbaar verskyn. Hulle floreer dus, en dit lyk of hulle getalle vermeerder het omdat hulle nie meer nodig het om hulle te verberg nie. As die opregtes dan heers, sal hulle die kwaaddoeners straf en regverdige gedrag aanmoedig. Dit kan ook die getal onregverdiges laat afneem en die regverdiges laat vermeerder.—Vergelyk Spreuke 28:12; 29:2.

Diegene wat opreg is, sal eerlank sien hoe die goddelose op die aarde in die snelnaderende “dag van Jehovah se toorn” omkom. Soek dus geregtigheid en sagmoedigheid volgens God se standaarde, en jy sal behoue bly tot in God se nuwe wêreld, waar die regverdiges inderdaad baie sal word.—Sefanja 2:2, 3, NW; 2 Petrus 3:11-13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel