Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 2/15 bl. 3-4
  • “Die era van hebsug”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die era van hebsug”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe algemeen is dit?
  • Hebsug sal uitgeroei word
  • Stel jou ’n wêreld sonder hebsug voor
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Vermy die strik van hebsug met welslae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Vermy steeds die strik van gierigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Kry gierigheid jou soms in sy greep?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 2/15 bl. 3-4

“Die era van hebsug”

AS DIE mens sukkel om die gewone verkoue uit te roei, hoe waarskynlik is dit dat hy die veel ingewikkelder kwaal van hebsug uit die weg sal ruim?

Dit lyk asof dit nie eens nodig is om hebsug en selfsug aan te leer nie—dit is blykbaar al van kleins af teenwoordig. Jy hoef maar net twee kleuters dop te hou waar hulle met hulle speelgoed speel om dit te sien.

Op persoonlike vlak is menslike hebsug al algemeen en sleg genoeg, maar wanneer dit by nasionale of internasionale hebsug kom, word miljoene benadeel. Beskou byvoorbeeld die internasionale dwelmhandel. ’n Spaanse tydskrif beweer dat dit die grootste bedryf ter wêreld is—R780 miljard per jaar. Miljoene lewens word verwoes en tallose ontydige sterfgevalle word deur dwelmmisbruik veroorsaak. Wat is die grondoorsaak van die dwelmhandel se onrusbarende groei? Dit is ongetwyfeld hebsug.

Die World Press Review beklemtoon dat hebsug die beweegrede is. Dit haal die Madridse nuusblad Cambio 16 aan, wat beweer dat “skaars 10 tot 20 persent van al die wins uit dwelmverkope na die produsentlande gaan. Nog 10 persent word in die vorm van besteding aan laboratoriums, voertuie en wapens in die handelsnetwerk herbelê. . . . Die res beland in die verbruikerslande en in die belastingskuilings van die wêreld se bankstelsel.”

Dit weerspreek die beskouing dat behoefte die rede vir hebsug is, dat hebsug slegs ’n kenmerk van die armes of die minderbevoorregtes is. Hebsug is ongetwyfeld ’n algemene menslike gebrek wat die hele spektrum van die gemeenskap insluit, met inbegrip van diegene wat nie eintlik behoeftig is nie. Een van die vreemde eienskappe van hebsug is dat dit so verraderlik is—selfs mense wat normaalweg tevrede is met hulle lot in die lewe sal hebsugtig optree as hulle onverwags die geleentheid gebied word.

Rubriekskrywer Meg Greenfield kla: “Jy kan op enige dag die koerant oopmaak en lees van die groot juries en die spesiale aanklaers en die verdagte beslissings, die bedrog en die swendelary en die gewetenlose kullery, en dit is nogal ontmoedigend. Al aanvaar ons dat party van die aantygings ongegrond en ander oordryf is, is dit vir my duidelik dat mense keer op keer dinge gedoen het wat nooit toegelaat moes gewees het nie en dat hulle toegelaat is om skotvry daarvan af te kom. . . . Ons het so ver gekom: selfs baie van ons altruïsme is selfsugtig, hebsugtig.”

Hoe algemeen is dit?

Hebsug is nie iets nuuts onder die mensdom nie, maar dit het ongetwyfeld toegeneem weens die druk van die lewe in die 20ste eeu. Hebsug het so algemeen geword dat ’n hoofartikel in The Christian Century die dekade van die tagtigerjare ’n naam gee wat na sy mening pas by name soos “Die era van angs”, die vyftigerjare, of “Die ek-dekade”, die sewentigerjare. Die tydskrif noem die tagtigerjare “Die era van hebsug”!

Hebsug word vandag gesien oral waar mense bymekaarkom—by die werk, by die skool en in die gemeenskap in die algemeen. Die verderflike invloed daarvan het in die handel, in die politiek en selfs in die vernaamste godsdienste van die wêreld posgevat.

Hebsug gee meestal aanleiding tot onwettige korrupsie of bedrog. The Canberra Times gee Australië byvoorbeeld die twyfelagtige eer dat hy die wêreldleier op die gebied van motorversekeringsbedrog is. Die Australiese Law Society Journal stem blykbaar daarmee saam, en sê: “Vals eise/verklarings wat deur polishouers ingedien word, kos versekeringsmaatskappye, en indirek die polishouers, elke jaar miljoene dollars.” Die tydskrif voeg by dat “hierdie probleem al hoe ernstiger word, veral wat brandstigting, kaaiplundering, motorversekering en die versekering van huishoudelike goedere betref”.

Dit is dus maklik om te verstaan waarom baie mense spot met die idee dat hebsug uitgeroei sal word. Hulle dink dat hebsug altyd ’n deel van die lewe sal wees en dat ’n hebsugvrye wêreld net ’n onbereikbare ideaal is.

Hebsug sal uitgeroei word

Op grond waarvan kan hierdie oënskynlik onuitvoerbare bewering gemaak word? Op grond van die feit dat ’n hebsugvrye lewe reeds ’n werklikheid is. Hoewel dit nog nie volmaak is nie, toon dit wel wat met behoorlike opleiding en beweegredes bereik kan word . Die volgende artikel sal toon presies hoe daar ’n hele wêreld sonder hebsug kan wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel