“Dit draai nie doekies om nie”
Dit is nie maklik om in hierdie moeilike tye groot te word nie. Jongmense kom voor baie nuwe situasies te staan en moet gewigtige besluite neem. Moet ek drink? Dwelms gebruik? Wat is behoorlike gedrag teenoor iemand van die ander geslag? Jongmense het antwoorde nodig wat werk, wat nie doekies omdraai nie. ’n Jeugdige van Greensboro, Noord-Carolina, het die nuwe boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, gelees, en toe geskryf:
“Hierdie boek is baie volledig en het uitstekende voorbeelde vir elke probleem. Die hoofstukke is so interessant dat jy dit net nie kan neersit wanneer jy dit eers begin lees het nie. Dit draai nie doekies om nie, maar gee direkte oplossings vir die probleem.
“Hierdie boek is absoluut wonderlik, waar, fantasties, . . . woorde kan net nie beskryf hoe puik hierdie boek is nie. Ek sal hierdie boek by almal, veral by jongmense, sterk aanbeveel.”
Jy kan hierdie nuwe, aantreklik geïllustreerde boek ontvang deur die koepon in te vul en te pos. Dit kos slegs R3,75.
Stuur asseblief die hardebandboek met 320 bladsye, Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, posvry aan my. Ek sluit R3,75 in.