Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 8/15 bl. 29
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Kweek Christelike maniere aan in ’n ongemanierde wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Jesus beloof ’n herskepping
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • ‘Gedra julle op ’n manier wat die goeie nuus waardig is’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Goeie maniere—’n kenmerk van godvresende mense
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 8/15 bl. 29

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

◻ Wat is die grondslag vir ’n suksesvolle huwelik?

Die huweliksmaats moet wedersydse liefde, respek en lojaliteit betoon, mekaar se deugde waardeer en leer om mekaar se swakhede oor die hoof te sien en te vergewe.—5/15, bladsy 15.

◻ In watter opsigte het God se wet aan Israel hulle gehelp om heilig te bly?

Jehovah se wette het die Israeliete gehelp om geestelik, sedelik, verstandelik, liggaamlik en seremonieel rein te bly. Laasgenoemde reinheid het verband gehou met hulle aanbidding.—6/1, bladsy 11.

◻ Wat word bedoel met die uitdrukking “geesteshigiëne”?

“Geesteshigiëne” beteken doelbewuste inspanning van ons kant om rein van verstand te wees deur ons aandag te bepaal by dinge wat ‘waar, regverdig en rein’ is en om hierdie dinge te bly “bedink” (Filippense 4:8).—6/1, bladsy 16.

◻ Waarom het Jesus gesê dat sy teenwoordigheid “soos die weerlig” sal wees? (Lukas 17:24).

Jesus het getoon dat bewys van sy teenwoordigheid in Koninkryksmag oor ’n groot gebied gesien sal word, sodat almal wat dit wil sien daarvan bewus sal wees.—6/15, bladsy 8.

◻ Waarom hou Christelike maniere regstreeks verband met Christelike liefde?

Christelike maniere—die wyse waarop ons ander behandel, ons houding, optrede en gewone gedrag—toon hoeveel ons vir ander mense omgee. Ons maniere toon hoe innig ons liefde vir hulle is (Johannes 13:35; 1 Korinthiërs 10:24; 13:4-7).—6/15, bladsy 14.

◻ Wanneer vind die huwelik van Jesus Christus en “sy vrou”, sy 144 000 getroue gesalfde volgelinge, plaas? (Openbaring 19:7, 8).

Hierdie huwelik sal plaasvind na die slag van Armageddon en nadat Satan in die afgrond gewerp is. Dan sal Jehovah sy soewereiniteit geregverdig het deur diegene wat sy heerskappy betwis van die aarde te verwyder en deur die bose invloed van Satan en sy demone uit te skakel.—7/1, bladsy 24.

◻ Hoe kan die juk van dissipelskap verkwikking bring, soos Jesus se woorde in Mattheüs 11:29, 30 toon?

Aangesien Jesus nie onredelik is nie, is dit verkwikkend om saam met hom onder dieselfde juk te werk. Hy neem ons beperkinge en swakhede in aanmerking. En hoe verkwikkend is dit tog om vir ander te vertel hoe hulle vir ewig in die Paradys kan lewe!—7/15, bladsy 20.

◻ Wat is “die herskepping” waarvan Jesus in Mattheüs 19:28 (NW) praat?

Hier het Jesus getoon dat daar ’n “herskepping” van toestande op aarde sal wees sodat dinge sal wees soos dit in die tuin van Eden was.—8/1, bladsy 9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel