Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 2/1 bl. 8-9
  • Jesus beloof ’n herskepping

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus beloof ’n herskepping
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Tyd van herskepping
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
  • Die lewe in ’n herstelde paradys
    Ontwaak!—2008
  • Die lewe wat hy moontlik maak
    Ontwaak!—2006
  • Die ewige lewe op aarde—’n Christelike hoop?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 2/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Jesus beloof ’n herskepping

“KYK, ons het alles verlaat en U gevolg”, sê die apostel Petrus vir Jesus. “Wat sal ons daarvoor kry?” Kyk na Christus se verbasende antwoord: “Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word [in die herskepping], as die Seun van die mens op sy heerlike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit.”—Mattheüs 19:27, 28, NTP; kyk ook NW.

Jesus belowe dus hier dat Petrus en die ander apostels saam met hom as konings sal regeer en op trone sal sit. Maar wanneer? “In die herskepping”, sê Jesus. Wat is hierdie HERSKEPPING? En wanneer sal dit wees?

Die Bybelverslag deur Lukas van hierdie selfde geleentheid help ons om die “herskepping” te verstaan. Daar lees ons: “Toe sê Petrus: ‘Kyk, ons het van ons besittings afgesien en U gevolg.’ Jesus antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers . . . nie, of hy ontvang . . . in die tyd wat kom [in die komende stelsel], die ewige lewe.’”—Lukas 18:28-30, NTP; kyk ook NW.

Die “herskepping” word dus hier gelykgestel met “die tyd wat kom” of “die komende stelsel”. Wanneer Christus in die hemel op sy heerlike troon gaan sit, met diegene wat saam met hom gaan regeer, volg daar die herskepping van ’n regverdige stelsel (2 Timotheüs 2:11, 12; Openbaring 5:10; 14:1, 3). As ons terugdink aan die begin wat God ons eerste ouers in Eden gegee het, gee dit ons ’n idee hoe die herskepping sal wees.

Jehovah God het die eerste mensepaar. Adam en Eva, volmaak geskape en hulle in die tuin van Eden geplaas. Dit was ’n paradys van genot. Jehovah wou hê dat mense vir ewig in ware vrede en veiligheid op die aarde moes lewe, soos die prentjie hieronder toon. Maar opstand het daardie oorspronklike paradys verderf, en dit het mettertyd gelei tot die huidige bose stelsel.

Sal God se voorneme om ’n aardse paradys te skep onvervuld bly? Nee, dit sal nie! Ons het Christus se eie belofte dat die regverdige stelsel waaronder die mensdom aanvanklik op hierdie aarde gelewe het, herskep sal word. Edeniese toestande sal herstel word, en hierdie toestande sal mettertyd oor die hele aarde uitgebrei word. So sal die Skepper sy oorspronklike voorneme gestand doen om ’n blywende, regverdige stelsel te skep. Ons kan ons voorwaar in hierdie Bybelse vooruitsig verheug!—Psalm 37:29; Openbaring 21:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel