Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 7/1 bl. 15
  • Koninkryks- goeie nuus uit Australië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Koninkryks- goeie nuus uit Australië
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Viëtnamese vlugteling
  • ’n Inboorling reageer op die waarheid
  • ’n Toevallige telefoonoproep
  • Die goeie nuus word in België aanvaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • “Elke teks wat sy gelees het, het my hart geraak”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 7/1 bl. 15

Koninkryksverkondigers berig

Koninkryks- goeie nuus uit Australië

SOOS in 211 ander lande verkondig Jehovah se Getuies in Australië die goeie nuus van die Koninkryk ywerig. Die meer as 49 000 Getuies aldaar geniet ryk seëninge. Baie mense van verskillende nasionaliteite het deur die jare heen daarheen getrek, sodat 58 etniese gemeentes nou velddiens rapporteer. Die verslag van die Wagtoringgenootskap se takkantoor bevat bemoedigende ondervindinge.

’n Viëtnamese vlugteling

’n Viëtnamese vlugteling, wat nou in Australië woon, het grootgeword met vooroueraanbidding, Confucianisme en Boeddhisme, asook met Oosterse en Westerse filosofie. Tot in 1975 was hy ’n soldaat in die Suid-Viëtnamese leër. In 1979 moes sy linkerarm afgesit word as gevolg van ’n gewas in sy pols. Weens sy verlange na vryheid het hy in 1983 saam met 24 ander in ’n klein bootjie uit Viëtnam gevlug. Na ’n skrikwekkende ontmoeting met seerowers het hulle boot ses skroeiwarm dae doelloos in die Suid-Chinese See rondgedryf voordat hulle Maleisië uiteindelik bereik het. Na vyf maande in ’n vlugtelingkamp is hy toegelaat om na Australië te gaan. Drie maande later het hy in aanraking gekom met die waarheid. Die woorde van Jesus in Johannes 8:32 het sy diep verlange na vryheid bevredig: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Die broers het baie liefde aan hom betoon. Vandag is hy ’n Getuie van Jehovah en help hy om die waarheid wat ’n mens vrymaak aan baie ander Viëtnameessprekende mense te leer.

’n Inboorling reageer op die waarheid

In Noordwes-Australië het ’n jong pionierbroer en sy maat ’n inboorlingvrou in ’n stamgebied wat die wolskuur genoem word, besoek. Nadat sy verneem het waarom hulle haar besoek het, het die vrou ’n sleutel geneem wat om haar nek gehang het en ’n groot staalkis oopgesluit. Tot hulle verbasing het hulle tussen haar paar besittings twee Wagtoring-brosjures en ’n ou eksemplaar van die Bybel gesien. Hulle het, sommer waar hulle op die grond gesit het, ’n studie begin hou deur een van die brosjures te gebruik. Hoewel die vrou nie kan lees of skryf nie, het sy die brosjures wat sy vroeër bekom het hoog op prys gestel. Tot haar vreugde word ’n gereelde studie nou gehou.

’n Toevallige telefoonoproep

In die stad Sydney, wat ’n bevolking van driemiljoen het, het ’n driejarige dogtertjie met die telefoon gespeel en blindweg ’n nommer geskakel. Dit was toevallig ’n Getuie se nommer. ’n Suster het die telefoon geantwoord en het aanvanklik gedink dat dit haar kleinkind was wat gebel het. Toe het sy ’n volwassene se stem gehoor. Dit was die dogtertjie se ma, wat verskoning gemaak het vir haar dogter. ’n Gesprek het gevolg waartydens ons suster getuig het. Die vrou het uitgeroep: “Ek het gehoop die Getuies sal weer na my deur kom. Ek wil een van Jehovah se Getuies wees!” Sy het voorts gesê dat sy Peru net twee maande tevore besoek het en beïndruk was deur haar tante en familie wat nou Getuies van Jehovah is. Sy het gesê: “My familie se kinders was duiweltjies, maar nou is hulle engeltjies!” Reëlings is getref vir ’n Bybelstudie, en die belangstellende vrou maak steeds goeie vordering—alles as gevolg van ’n toevallige telefoonoproep deur haar dogtertjie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel