Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 3/15 bl. 10-11
  • “Insight on the Scriptures”—’n nuwe Bybelensiklopedie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Insight on the Scriptures”—’n nuwe Bybelensiklopedie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelboeke
  • Verfynings
  • ’n Bybelatlas
  • Spesiale kenmerke in volle kleur
  • Kaarte wat in jou behoeftes voorsien
    Ontwaak!—1995
  • Kartografie—’n sleutel tot kennis van die wêreld
    Ontwaak!—1998
  • Hoe om navorsing te doen
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Wend jou tot Jehovah vir insig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 3/15 bl. 10-11

“Insight on the Scriptures”—’n nuwe Bybelensiklopedie

TYDENS die “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies is die vrystelling van ’n nuwe Bybelensiklopedie getiteld Insight on the Scriptures aangekondig. Dit is ’n publikasie wat uit twee dele bestaan—altesaam 2 560 bladsye in maklik leesbare druk. Tans is dit net in Engels beskikbaar, maar goeie vordering is reeds gemaak om dit in ’n aantal ander tale te vertaal.

Insight on the Scriptures sluit baie informasie in wat tevore in die boek Aid to Bible Understanding gepubliseer is, en sommer heelwat meer ook. In watter opsigte is dit anders? Tientalle gedeeltes is hersien en bygewerk. Daar is ook talle nuwe artikels sowel as bykomende kenmerke in Insight on the Scriptures.

Bybelboeke

Elke Bybelboek het besondere aandag ontvang. Waardevolle agtergrondkennis word gegee. Daar is nuwe sketse van al die Bybelboeke, wat elk die aandag op daardie boek se kenmerke vestig. Hierdie sketse gee op ’n maklik verstaanbare manier ’n bondige maar omvattende oorsig oor die inhoud van die boek. Daar is byvoorbeeld vier Evangelieverslae van Jesus se aardse lewe en bediening wat elk ’n ander oogmerk het. Wanneer dit die Evangelieverslae inlei, beskryf die onderskeie sketse daardie oogmerke soos volg: ‘Die apostel Mattheüs se verslag oor Jesus se lewe is hoofsaaklik met die Jode in gedagte geskryf. Hierdie Evangelie toon dat Jesus die voorspelde Messiaanse Koning is.’ ‘Markus verstrek ’n bondige verslag oor Jesus se lewe waarin gebeure mekaar vinnig opvolg en stel hom voor as die Seun van God wat wonderwerke verrig.’ ‘Lukas se verslag oor Jesus se lewe is geskryf om die sekerheid van gebeure rakende die lewe van Christus te bevestig en op ’n wyse wat byval sou vind by mense van alle nasies.’ ‘Die apostel Johannes se verslag oor die lewe van Jesus lig die tema uit dat Jesus die Christus die Seun van God is deur wie die ewige lewe moontlik is.’ Na hierdie inleidende opmerkings bespreek die sketse die inhoud van die boeke onder ’n beperkte aantal onderhofies. Dit kan jou help om die hoofgedagtes te onthou wat die Bybelskrywer ontplooi het.

Verfynings

Verklarings in hierdie publikasie is noukeurig ontleed in die lig van die betekenis van woorde wat in die oorspronklike tale van die Bybel gebruik is. Besonderhede word ook gegee wat die leser in staat stel om die Bybel se omvang van die betekenis van die woorde in die oorspronklike tale te besef. Die betekenisse van Bybelname is daarbenewens aangepas in die lig van die manier waarop die basiese elemente van daardie name in die New World Translation weergegee word.

Daar is ook ywerig gepoog om die materiaal in hierdie publikasie te laat strook met wat die afgelope paar jaar in Die Wagtoring gepubliseer is. Ons het byvoorbeeld baie geleer oor die hart, die boek van die lewe, regverdigverklaring en baie ander dinge. Hierdie informasie is ingesluit in Insight on the Scriptures.

Die besonderhede van sekulêre geskiedenis is, waar moontlik, in die oorspronklike bronne nagegaan pleks van net staat te maak op wat ander skrywers oor die inhoud van daardie bronne gesê het; honderde verwysings is ook ingesluit om te toon waar sulke informasie gevind kan word. Die wetenskaplike aspekte van die artikels is bygewerk. Daar was ook ’n algehele hersiening van geografiese liggings op grond van die argeologiese navorsing wat in die laaste jare gedoen is.

’n Bybelatlas

Insight on the Scriptures bevat nagenoeg 70 kaarte wat honderde plekke aantoon wat in die Bybel gemeld word. Hierdie publikasie bevat dus ’n uitgebreide Bybelatlas. In die meeste gevalle konsentreer ’n betrokke kaart op net ’n beperkte aspek van Bybelse of sekulêre geskiedenis. Dit vestig dus die aandag op plekke wat in daardie verband van besondere belang is. Jy sal ’n kaart vind wat Abraham se reise aandui, een wat Israel se swerftog in die wildernis skets, ’n ander wat die verowering van die Beloofde Land dek, een vir Dawid se lewe as ’n vlugteling en nog een vir gebeure tydens sy koningskap, ’n reeks kaarte met die plekke wat Jesus tydens sy aardse bediening besoek het en ’n aantal kaarte wat besonderhede van Jerusalem gedurende verskeie tydperke in die geskiedenis toon. Daar is ’n kaartindeks wat jou sal help om die spesifieke kaarte op te spoor wat die nuttigste informasie oor bepaalde plekke of liggings verskaf.

By baie van die kaarte is daar ook ’n lys plekname tesame met tekste wat toon waarom die plekke betekenisvol is in die besondere geskiedenisverband wat bespreek word. Op die aangrensende bladsye van die boek is daar kleurfoto’s van plekke wat op die kaart verskyn. Hierdie kenmerke kan jou help om groter baat by Bybelverslae te vind wanneer jy sien waar een plek ten opsigte van ’n ander geleë is, besonderhede lees oor wat daar plaasgevind het en sien hoe die plekke vandag lyk.

Spesiale kenmerke in volle kleur

Ter voorbereiding van hierdie publikasie is museums in Noord-Amerika, Europa en die Midde-Ooste gefynkam om waardevolle voorwerpe te vind wat met die Bybelverslag verband hou. Foto’s van die belangrikste items is verkry. Daarbenewens is ’n aantal fotoversamelings van plekke wat in die Bybel gemeld word, bestudeer om dié te kies wat die nuttigste sal wees. Die resultate hiervan word bevat in agt praktiese volkleurbyvoegsels met 16 bladsye elk. Dit is fassinerende glanspunte wat jy sal geniet en wat jy op baie maniere sal kan gebruik wanneer jy ander leer.

Daar is byvoorbeeld ’n gedeelte met die titel “Hoe ons die Bybel gekry het”. Dit beeld die stappe waarvolgens die Bybel ons bereik het grafies uit—van die oorspronklike geskrifte tot hedendaagse vertalings. Dit bevat foto’s van dele van sommige van die oudste manuskripte en sigbare bewys van die sorg wat die vroeë afskrywers aan die dag gelê het, dermate dat hulle selfs die letters in manuskripte getel het wat hulle oorgeskryf het.

Nog ’n gedeelte is oor die “Vloed van Noag se dag”. Dit bespreek vrae soos: “Kon die ark al die diere bevat het?” en “Wat het van die vloedwater geword?” Dit bevat ook ’n ontleding van Vloedlegendes uit ses vastelande en die eilande van die see om te toon dat herinneringe aan die Vloed van Noag se dag aangetref word onder mense van uiteenlopende kulture oor die hele aarde.

Ander gedeeltes behandel die terreingesteldheid van die Beloofde Land, eertydse ryke waarvan die bedrywighede Israel geraak het en ’n fototoer van plekke wat besoekers vandag in en om Jerusalem kan sien. Daar is altesaam 50 sulke onderwerpe wat met kleurfoto’s toegelig word.

Al hierdie inligting is maklik bekombaar deur middel van uitgebreide registers reg in hierdie bundels. Hierdie registers verwys jou na die keurigste besprekings van tekste wat aangehaal word en onderwerpe wat aangegee word.

Waar dit ’n geheelbeeld van die werk gee, verskyn die volgende inleidende kommentaar in die eerste bundel: “Die doel van hierdie publikasie is om jou te help om insig in die Skrif te verkry. Hoe word dit gedoen? Deur die besonderhede wat betrekking het op die onderwerpe wat bespreek word uit alle dele van die Bybel byeen te bring. Deur die aandag te vestig op woorde in die oorspronklike tale en hulle letterlike betekenis. Deur verwante informasie uit die sekulêre geskiedenis, argeologiese navorsing en ander terreine van die wetenskap te bespreek en dit in die lig van die Bybel te beoordeel. Deur aanskouingsmiddele te voorsien. Deur jou te help om te sien hoe waardevol dit is om op te tree in ooreenstemming met wat die Bybel sê.” Insight on the Scriptures bevat dus ’n skat van waarlik nuttige informasie wat jy tot jou eie voordeel sowel as dié van ander kan gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel