Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 11/1 bl. 14
  • “’n Klinkende metaal of ’n luidende simbaal”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Klinkende metaal of ’n luidende simbaal”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Liefde is onontbeerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Volg die allesoortreffende weg van die liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Die sleutel tot ware godsdiens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • ’n Vreugdelied
    Sing lofliedere voor Jehovah
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 11/1 bl. 14

“’n Klinkende metaal of ’n luidende simbaal”

Wie wil net ’n groot geraas wees? Die apostel Paulus sê: “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal [“stuk koper”, NW] of ’n luidende simbaal geword” (1 Korinthiërs 13:1). Paulus het kort tevore beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om spesiale gawes wat deur God se gees ontvang is tot voordeel van die hele Christengemeente te gebruik. Sonder liefde kon hoogmoed en verwaandheid ’n Christen soos ’n harde, krassende, verdowende geraas laat wees wat ander afstoot pleks van aantrek.—Kyk 1 Korinthiërs 12:4-9, 19-26.

Ons verstaan maklik die gedagte van ’n simbaal wat naby ons kletter, maar wat van Paulus se ander illustrasie, “’n klinkende stuk koper”? (Grieks, khal·kosʹ e·khonʹ). Sommige het dit weergegee as “raserige ghong” (Today’s English Version) en “weerklinkende ghong” (New International Version). William Harris het in die Biblical Archaeology Review daarop gewys dat e·khonʹ van dieselfde wortel as die Engelse woord “echo” kom, vandaar die gedagte van ’n eggo of ’n weerklank. Maar hy sê ook: “Die selfstandige naamwoord chalkos word gebruik om ’n groot verskeidenheid voorwerpe te beskryf wat gegiet is uit die koper-tin-legering wat brons of geelkoper genoem word—wapens, messe, kookpotte, spieëls, geld, selfs gedenkplate. Maar daar is geen bewys dat die woord vir ’n musiekinstrument gebruik is nie.” Waarop dui dit dus volgens hom?

Hy meld ’n boek deur Vitruvius, ’n argitek wat in die eerste eeu v.G.J. geleef het. Vitruvius het geskryf oor die probleem om stemme te projekteer in teaters wat uit materiale soos marmer gebou is en gesê dat spesiale eggoapparate gebruik is wat e·kheiʹa genoem is. Dit was klankkomme wat uit brons gemaak is en agter in ’n amfiteater geplaas is om te help om die klank te versterk en te projekteer. Sommige hiervan is ongeveer honderd jaar voordat Paulus sy brief aan die Korinthiese gemeente geskryf het van ’n geplunderde teater in Korinthe na Rome gebring.

Plato het glo gepraat van ’n bronskom wat, soos sekere leeghoofdige sprekers, aanhoudend geëggo het. Dit stem ooreen met Shakespeare se uitdrukking: “Leë blikke maak die grootste geraas.” Paulus kon iets soortgelyks in gedagte gehad het toe by gepraat het van diegene wat ’n ophef gemaak het van hulle spesiale gawes, maar wat die grootste gawe—liefde—kortgekom het. Hulle het hard geëggo, maar het geen werklike diepte gehad nie. Hulle was soos ’n harde, wanluidende geraas pleks van ’n aanloklike, strelende klank. Wat van jou? Is liefde die beweegkrag agter jou dade en woorde, of is jy “’n klinkende stuk koper of ’n luidende simbaal”?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel