Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 7/1 bl. 3
  • Liefde is onontbeerlik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Liefde is onontbeerlik
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy moet die God liefhê wat jou liefhet
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Wat dit beteken om ons naaste lief te hê
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Liefde—die “uitnemender weg”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Word opgebou deur liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 7/1 bl. 3

Liefde is onontbeerlik

ONGEAG wat mense se ouderdom, kultuur, taal of ras is, almal smag na liefde. As daardie gevoel nie bevredig word nie, is hulle nie gelukkig nie. ’n Mediese navorser het geskryf: “Liefde en intimiteit vorm die grondslag van wat ons siek en wat ons gesond maak, wat ons ongelukkig en wat ons gelukkig laat voel, wat ons laat ly en wat genesing bevorder. As ’n nuwe geneesmiddel dieselfde uitwerking gehad het, sou feitlik elke dokter in die land dit by hulle pasiënte aanbeveel het. Dit sou ’n misdryf wees om dit nie voor te skryf nie.”

Nogtans plaas die hedendaagse samelewing, veral die media en gewilde rolmodelle, dikwels meer klem op rykdom, mag, roem en seks as op die menslike behoefte aan hartlike, liefdevolle verhoudings. Baie opvoedkundiges beklemtoon sekulêre doelwitte en loopbane, en dit is hoofsaaklik waaraan hulle sukses meet. Opvoeding en die ontwikkeling van ’n mens se talente is wel belangrik, maar moet dit met soveel oorgawe nagestreef word dat ’n mens geen tyd vir familie en vriende het nie? ’n Geleerde skrywer van die ou tyd wat die menslike natuur goed bestudeer het, het ’n talentvolle, maar liefdelose mens met “’n klinkende stuk geelkoper of ’n galmende simbaal” vergelyk (1 Korintiërs 13:1). Sulke mense word dalk ryk, selfs beroemd, maar is nooit werklik gelukkig nie.

Jesus Christus, wat ’n diepgaande kennis van en ’n spesiale geneentheid vir mense gehad het, het liefde vir God en naaste die grondslag van sy leringe gemaak. Hy het gesê: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. . . . Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matteus 22:37-39). Slegs diegene wat hierdie woorde toegepas het, sou waarlik Jesus se volgelinge wees. Gevolglik het hy gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”—Johannes 13:35.

Hoe kan ’n mens egter liefde in vandag se wêreld aankweek? En hoe kan ouers hulle kinders leer om lief te hê? Die volgende artikel sal hierdie vrae beantwoord.

[Prente op bladsy 3]

Dit is ’n uitdaging om liefde aan te kweek in ’n wêreld wat deur hebsug beheer word

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel