Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 7/15 bl. 3
  • Jesus Christus—God, mens of mite?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus Christus—God, mens of mite?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Die grootste mens wat nog geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Mites teenoor feite die waarheid omtrent Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • “Christus, die Seun van die lewende God”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wie is Jesus Christus?
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 7/15 bl. 3

Jesus Christus—God, mens of mite?

’N ROCKMUSIEKVERTONING wat die eerste keer in 1971 te Broadway in die stad New York opgevoer is, het ’n omstrede kwessie geword, aangesien dit oor ’n godsdiensonderwerp gehandel het. Maar die onderwerp was waarskynlik niks meer omstrede as die identiteit van die hoofkarakter daarvan nie.

Een van die trefferliedjies van hierdie musiekvertoning het gevra: “Jesus Christus Superster, dink jy jy’s wat hul sê jy is?” Wie het die mense in die eerste eeu gesê is Jesus? Jesus self het sy dissipels daardie vraag gevra en verskeie uiteenlopende antwoorde ontvang (Mattheüs 16:13, 14). Vandag, bykans 2 000 jaar later, is Jesus Christus se identiteit steeds omstrede.

Maak dit werklik saak wie Jesus was? Watter invloed kan sy identiteit op ons hê? Wel, prominente mense van die verlede het die wêreldgeskiedenis gevorm en ons almal sodoende beïnvloed, al was dit ook onregstreeks. Maar vandag is hulle dood. Al het hulle ons beïnvloed deur wat hulle gedoen het, kan hulle ons dus geensins beïnvloed deur wat hulle tans doen nie.

In die geval van Jesus Christus is die situasie egter heel anders. Miljoene glo, en het afdoende bewys hiervoor, dat Jesus inderdaad vandag lewe, nie as ’n mens op aarde nie maar as ’n magtige gees in die hemel. Wat Jesus gedoen het, veral in hierdie 20ste eeu, het ’n diepgaande invloed op alle mense gehad. Daarbenewens is Jesus se invloed op ons lewe nie beperk tot wat hy in die verlede gedoen het nie. Dit is verreikender, sodat dit insluit wat hy nou doen en gelukkig wat hy in die toekoms gaan doen.

Om terug te keer tot ons tema: Jesus Christus—God, mens of mite? Wat dink jy? ’n Mitiese Jesus Christus sal beteken dat hy nog God nog mens was, wat verdere ondersoek sinloos sal maak. Aan die ander kant behoort ons gretig te wees om van ’n Jesus te leer wat lewend is en die mag van God ontvang het om blywende voordele vir die mensdom te bring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel