Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 5/15 bl. 27
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hansworse vir Christus?
  • “Gewetenslas”
  • ‘Kerke nie godsdienstig genoeg nie’
  • Wie sal die evangelie in Brittanje verkondig?
    Ontwaak!—1995
  • Filatelie—’n boeiende stokperdjie en ’n reusebedryf
    Ontwaak!—1995
  • Pogings om te verenig
    Ontwaak!—1991
  • Die kerk—veranderinge en verwarring
    Ontwaak!—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 5/15 bl. 27

Insig in die nuus

Hansworse vir Christus?

“Evangeliehansworse op reis” was die opskrif wat in die Church Times, ’n koerant van die Anglikaanse Kerk, verskyn het. Dit het die Church Army-toervertoning se jaarlikse besoek aan uitsoekstrandoorde in Engeland en Wallis aangekondig. Die Church Army wat net meer as honderd jaar gelede as ’n afdeling van die Anglikaanse kerk gestig is, moes die evangelie “onder die uitgeworpenes en misdadigers van Westminster se krotbuurte” verkondig.

Vandag is Church Army-leiers steeds daaroor besorg dat “evangelisasie sy regmatige plek moet kry”. Hulle toervertoning is daarop gemik om die evangelie op ’n “humoristiese manier [aan te bied] by mense wat min ondervinding van God het en wat nooit daaraan sal dink om na ’n samekoms te gaan wat in ’n kerk of kerksaal gehou word nie”. Die gekostumeerde “Evangeliehansworse” in die toervertoning hoop dat “hulle toegewyde gekskeerdery verbygangers ten minste ’n rukkie sal laat stilstaan en luister”, sê die Church Times.

Maar hoewel hulle hansworsuitrusting, harlekynstreke en gratis ballonne talle kinders gelok het, het volwassenes gewonder hoe hierdie benadering verband hou met die evangelisasie wat deur Jesus Christus begin is.

Die apostel Paulus het weliswaar geskryf: “Ons het ’n skouspel geword vir die wêreld . . . Ons is dwaas ter wille van Christus” (1 Korinthiërs 4:9, 10). Maar wat het hy bedoel? Hansworstery of “gekskeerdery” om verbygangers te lok? Nee. Paulus het toegelig hoe die wêreld Christene as dwase beskou wat, volgens The New International Dictionary of New Testament Theology “aan openbare bespotting en skande blootgestel” word ter wille van hulle geloof en leerstellinge.

In teenstelling met die Church Army se “Evangeliehansworse” het Jesus die skares onderrig “soos een wat gesag het”. Sy bediening was eenvoudig en sonder hansworsstreke. Soos hy verduidelik het: “Net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.” Wat was die gevolg? “Baie [het] in Hom geglo.”—Mattheüs 7:29; Johannes 8:28, 30.

“Gewetenslas”

Eugene Stockwell, direkteur van die Wêreldraad van Kerke se Kommissie vir Wêreldsendingwerk en -evangelisasie, het onlangs erken dat die geestelikes en kerke van die Christendom ’n skynheilige rol gedurende albei wêreldoorloë gespeel het. “Dit is ’n swaar gewetenslas op Christene dat die twee groot wêreldoorloë van hierdie eeu tussen nasies uitgebreek het wat ou tradisies van die Christelike godsdiens het en wie se militêre aanvalle dikwels deur leiers van Christenkerke geseën is”, het hy vir ’n ekumeniese saamtrek in Warschau, Pole, gesê.

Stockwell het bygevoeg: “Daar is vurig verkondig dat God aan die een kant van die stryd of die ander is. . . . As Christene maak ons ons geloof veels te maklik diensbaar aan ons geweld.” Hy het gesê dat die Tweede Wêreldoorlog “’n groot bewys [was] van ons mislukking as ‘Christennasies’ om ons geloof uit te leef, ’n geloof wat so dikwels in woorde uitgedruk en so duidelik deur dade verloën word”.

Maar het hierdie “swaar gewetenslas” sogenaamde Christene en hulle geestelikes gehelp om ’n les te leer? Volgens die ekumeniese persdiens het direkteur Stockwell erken: “Ons sê dat ons ons vyande moet liefhê en ons maak hulle dood. Ons sê dat ons die ander wang moet draai en ons bewapen onsself tot die tande toe. Ons praat van vrede wat begrip meebring en ons neem deel aan oorlog wat enige begrip te bowe gaan. Ons praat van geloof in God en ons stel ons ware geloof in wapens van vernietiging.”

Die Christendom se oorlogondersteunende geestelikes en hulle volgelinge kom duidelik ooreen met “sinlose praters” in die dae van die apostel Paulus. Hy het van hulle gesê: “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke.”—Titus 1:10, 16, vgl. NW.

‘Kerke nie godsdienstig genoeg nie’

“Talle mense meen dat kerke eenvoudig nie godsdienstig genoeg is nie”, sê Edward Norman, deken van Peterhouse, Cambridge, volgens The Times van Londen. Hy meen dat kerke “groter morele agentskappe en propagandiste vir maatskaplike hervorming [is] as wat hulle geloofwaardige verkondigers van geestelike geheime” is. Kerke in die Verenigde State is ook daadwerklik betrokke by maatskaplike hervorming. Kerkgroepe oefen vir die eerste keer in hierdie eeu druk uit op sakeondernemings deur “maatskaplike en sedelike geskille binne die korporasie” te opper, sê David E. Anderson van United Press International. Aangesien talle kerke en geestelike ordes aandele het, kan hulle die aandeelhouer se volmagresolusie gebruik as ’n dwangmiddel om ondernemings tot hulle godsdiensbeskouings oor te haal.

Hoewel godsdiensgroepe moontlik goeie oogmerke ter bevordering van maatskaplike hervorming het, het Jesus Christus sy energie gebruik om ‘te preek en die evangelie van God te verkondig’ (Lukas 8:1). Jesus verwag dat sy volgelinge dieselfde moet doen omdat hy weet dat net God se Koninkryk blywende maatskaplike hervorming sal bring.—Jesaja 32:1; Handelinge 1:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel