Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 6/15 bl. 14
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die reg om te besluit
  • Swak alternatiewe
  • Anglikaanse lidmaatskap
  • Wandel soos Jehovah ons geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Insig in die nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Help jou tiener om te floreer
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Kanada se Hooggeregshof versterk die regte van ouers
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 6/15 bl. 14

Insig in die nuus

Die reg om te besluit

Oorheers familieregte godsdiensopvattinge? Nee, sê die Ōita-streekhof, Japan. ’n Volwassene “doen niks onwettigs deur bloedoortappings te weier omdat hy aan sy geloof vashou nie”, het die hof beslis.

Die man wat by hierdie hofsaak betrokke was, het ’n sarkoom​—’n kwaadaardige gewas​—in die been van sy linkerbobeen gehad, en die hele been moes afgesit word. Hy het tot die operasie ingestem, mits geen bloedoortapping toegedien sou word nie. Die hospitaal het geweier om die operasie op so ’n voorwaarde uit te voer. Omdat hulle gevrees het dat hulle hulle seun se onderhoud op hulle ou dag sou verloor, het die ouers van hierdie 34-jarige getuie van Jehovah ’n interdik ingedien en op hulle regte as ouers aanspraak gemaak. Hoewel die hof hulle reg erken het “om gelukkig saam met die familie te woon en in die toekoms onderhoud van hulle seun te verwag”, het dit beslis dat “‘familieregte’ nie die godsdiensopvattinge van [’n individu] oorheers nie”. (Terloops, ’n operasie sonder bloed is met welslae uitgevoer.)

Dit is belangrik dat ’n Christen na sy ouers omsien en ‘godvrugtige toewyding in sy huisgesin beoefen’, maar dit moet in ooreenstemming met ander Skriftuurlike gebooie gedoen word (1 Timotheüs 5:4, 8, vgl. NW). Net soos dit nie sedelik sou wees om te steel om vir jou gesin te sorg nie, sou dit ook nie in God se oë reg wees om na jou gesin om te sien deur Sy wette oor die heiligheid van bloed te ignoreer nie. Die Skrif vermaan ons om ons te “onthou . . . van bloed”. (Handelinge 15:20, 28, 29; vergelyk Levitikus 17:10-12.) In sulke sake sal Godvresende persone “aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.​—Handelinge 5:29.

Swak alternatiewe

Die ongelooflike toename van buite-egtelike tienerswangerskappe het die Amerikaanse owerheid die probleem van nader laat beskou. Een staat se regering het byvoorbeeld ’n wet uitgevaardig wat vereis dat ouers “die onkoste dra” as hulle ongetroude seun of dogter onder die ouderdom van 18 ’n ouer word. Hulle hoop dat so ’n maatreël ouers van tienderjariges sal beweeg om meer te doen om swangerskap in die eerste plek te voorkom. Ander owerhede glo egter dat so ’n wet tienderjariges slegs aanspoor om aborsies te hê. Hulle bied staatsondersteunde seksonderrig asook voorbehoedmiddels vir seksueel bedrywige tieners as alternatiewe aan.

Sulke maatreëls is beslis swak alternatiewe. Waarom? Omdat dit nie die oorsaak, naamlik voorhuwelikse geslagsomgang, uitskakel nie. Een deskundige op die gebied van tienerswangerskappe het gesê: “Dit is vir kinders belangrik om in die oë van hulle portuurs seksueel bedrywig te wees. Niemand wil ’n maagd wees nie” (Die tydskrif Time). ’n Afname in die gebruik van die Bybel is die hoofrede vir hierdie “permissiewe gesindheid”, sê Emory Davis in ’n lesing by Rutgers-Universiteit.

Wat is dan die oplossing? Die Skrif is duidelik: Geslagsomgang onder ongetroude persone word deur God se Woord verbied. Hoereerders sal nie “die koninkryk van God beërwe nie”, sê 1 Korinthiërs 6:10. Ouers moet God se wet oor sulke sake by hulle kinders inskerp (Deuteronomium 6:6, 7). Waarom? Soos wyse koning Salomo gesê het: “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”​—Spreuke 22:6.

Anglikaanse lidmaatskap

“Oorweldigend!” sê Robert Runcie, aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk, omtrent die bevindinge oor kerklidmaatskap in die onlangs gepubliseerde verslag Rural Anglicanism. Waarom? Omdat ’n tipiese lidmaatskapslys van ’n plattelandse bisdom ’n afname van 17,5 persent van die bevolking in 1950 tot 7,4 persent in 1980 toon. Die ontleding bied “’n beeld van feitlik onverfloude wanhoop”, sê The Times van Londen, en weerspieël bloot die toestand wat lankal in stedelike bisdomme heers.

Een vername rede wat vir die afname in Anglikaanse ondersteuning aangegee word, is die vervreemding van jongmense van die kerk. Kerklike sosiale programme vir die jongmense, gee die berig te kenne, sal dalk die tendens stuit. Die apostel Paulus het egter die nadruk op die geestelike sy van ’n mens se lewe gelê. Hy het die jongman Timotheüs gemaan om “geregtigheid, geloof” en “die godsaligheid” as sy doelwitte na te streef.​—2 Timotheüs 2:22; 1 Timotheüs 4:7, 8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel