Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 5/15 bl. 27
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrede en veiligheid​—binnekort?
  • Kernvergelding​—God se wraak?
  • Vrede van God af—Wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die kernbedreiging—Vir goed uit die weg geruim!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Uiteindelik ’n veilige toekoms!
    Ontwaak!—1999
  • Die Verenigde Nasies—’n Beter manier?
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 5/15 bl. 27

Insig in die nuus

VIGS​—Wat dit kos

Die Amerikaanse Federale Sentrums vir Siektebeheer raam dat dit hospitale gemiddeld R1 660 per dag kos om VIGS-pasiënte te behandel​—twee keer soveel as vir ander pasiënte. En kenners raam dat die totale koste om elke pasiënt te behandel gemiddeld meer as R200 000 kan wees. Dit en die vinnige toename van die aantal VIGS-slagoffers wat behandel moet word, is ’n bron van kommer vir hospitaal- en versekeringsbeamptes.

Die Amerikaanse Hospitaalvereniging bestempel die vinnige toename van VIGS as ’n “tydbom” vir die land se hospitale, aangesien die koste binnekort duisendmiljoene dollar per jaar sal beloop. Een lewensversekeringsbeampte het gewaarsku: “Ek beskou dit as moontlik die grootste finansiële risiko waarmee die gesondheids- en lewensversekeringsbedryf in hierdie land nog ooit te kampe gehad het.” Wie sal die enorme geldelike las dra?

Talle VIGS-slagoffers is homoseksuele en dwelmslawe wat die siekte deur hulle genotsugtige lewenswyse opgedoen het. Maar dit is nie hulle wat geldelik betaal nie. Regerings- en versekeringsbeamptes sê dat polishouers en belastingbetalers eerder verplig sal word om die las deur hoër heffings te dra. Daarbenewens het ’n hoofartikel in die New York Post gesê dat “onderwys, openbare veiligheid en kapitaalbehoeftes daaronder sal ly”.

Voorheen sou VIGS-slagoffers wat die siekte weens hulle lewenswyse opgedoen het moontlik met Bybelsedes gespot het om hulle vorm van selfbevrediging te regverdig. Hoeveel pyn vir hulle self en onkoste vir ander kon hulle tog voorkom het! Maar dit is nie te laat vir sulke persone om hulle nou te wend tot die Bybel se geïnspireerde sedestandaarde wat kom van “die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan” nie.​—Jesaja 48:17.

Vrede en veiligheid​—binnekort?

’n Bekende inskripsie op die muur van die plein van die Verenigde Volke-gebou lui: “Hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.” In die hoop dat hulle daardie profetiese woorde sal kan vervul, het die Verenigde Volke 1986 tot die “Internasionale Vredesjaar” uitgeroep. Is daar rede om te glo dat die VV sy uitgesproke doel as die selfbenoemde bewaker van “internasionale vrede en veiligheid” sal bereik?

Ongeag watter bydrae die VV tot die naderende uitroep van “vrede en veiligheid” maak, enige mensgemaakte vrede berus voorwaar op ’n ontplofbare grondslag (1 Thessalonicense 5:3). Na raming beloop militêre uitgawes wêreldwyd nou byna tweebiljoen rand per jaar. Met uitsondering van konvensionele wapens het die oprigting van kernarsenale sedert die Tweede Wêreldoorlog na raming ses- tot agtbiljoen rand gekos​—nouliks wat ’n mens sou verwag op ’n tyd wanneer die VV toewyding aan wêreldwye vrede en veiligheid bepleit! Trouens, Vernon Walters, Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Volke, sê dat “die Verenigde Volke weggedryf het van sy rol as ’n instelling om konflik op te los” en die verwagtinge verydel het van diegene wat geglo het dat “die V.V. meer as voorheen sou doen om konflikte op te los”.

Nietemin sal die inskripsie wat vroeër uit Jesaja 2:4 aangehaal is, vervul word​—maar nie in 1986, of ooit, deur die pogings van ’n mensgemaakte organisasie nie. Ware vrede en veiligheid sal eerder binnekort tot stand gebring word deur ’n hemelse regering met ’n onsigbare leier wat waarlik die “Vredevors” is.​—Jesaja 9:5, 6.

Kernvergelding​—God se wraak?

Kan die gebruik van kernwapens in antwoord op ’n kernaanval geregverdig word? Ja, sê die Vrye Kerk van Skotland in ’n onlangse nommer van hulle kerktydskrif, The Monthly Record. Die artikel het gesê dat sodanige vergelding op grond van “die goddelike bevel om kwaad te vergeld” uiteindelik die “regmatige uitoefening van die wraak van God” kan wees. Die Record sê ook dat hulle boodskap die verkondiging insluit van God se oordeel oor “die nasie . . . wat tydens ’n kernoorlog die eerste aanval doen”.

Dat daar ’n “dag van die wraak van onse God” sal wees, is gewis (Jesaja 61:1, 2). Maar God se wraak teen die militaristiese nasies sal uitgeoefen word op die tyd en manier wat hy bepaal. God se “toorn”, nie ’n aardse nasie s’n nie, sal “die verderwers van die aarde . . . verderf”. Hoe? Die “Koning van die konings”, die Here Jesus Christus, sal uitgestuur word ‘om te oordeel en oorlog te voer in geregtigheid’. Sy hemelse Koninkryk “sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak”.​—Openbaring 11:18; 19:11-21; Daniël 2:44.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel