Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 7/15 bl. 3-4
  • ‘My godsdiens is goed genoeg vir my!’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘My godsdiens is goed genoeg vir my!’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jou godsdiens​—uit keuse of per toeval?
  • Beoefen suiwer godsdiens sodat jy behoue kan bly
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Maak jou los van valse godsdiens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Is enige godsdiens goed genoeg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 7/15 bl. 3-4

‘My godsdiens is goed genoeg vir my!’

HET jy al ooit met sulke woorde gereageer wanneer een van Jehovah se Getuies by jou deur aangeklop het? Miskien het jy bygevoeg: ‘Dit was goed genoeg vir my ouers en my grootouers. Hoekom sal ek my met ’n ander godsdiens ophou?’

Ons vind natuurlik baie baat by die wysheid en ondervinding van ons ouers. Maar is dit noodwendig ’n verstandige grondslag in die keuse van ’n godsdiens? Ons volg beslis nie ons ouers en grootouers na in alles wat ons doen nie. Waarom nie? Omdat daar voortdurend vordering gemaak word in kennis en begrip.

Ter toeligting: Wanneer mense meer as 40 jaar gelede siek geword het, het hulle moontlik gesterf bloot omdat beskikbare behandeling nie voldoende was nie. Sedert 1943 is antibiotika beskikbaar en het dit baie lewens gered. Weier ons om antibiotika te gebruik net omdat ons grootouers nie daarvan geweet het nie? Nee, ons bly onbevooroordeeld en oorweeg die verdienste van nuwe ontwikkelinge. Dit is ook die verstandige gesindheid waar dit by godsdiens kom.

Die geval van die apostel Paulus lig verder toe dat die godsdiens van ons voorouers nie noodwendig ware aanbidding is wat God behaag nie. Voor Paulus se kerstening was sy reaksie op die Christelike “Weg” uiters gewelddadig, want hy het “die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes”. Maar waarom? Omdat hy “’n yweraar was vir die oorleweringe van [sy] voorvaders”. Sy opregte ywer vir sy godsdiens het verhinder dat hy die waarheid omtrent Jesus Christus onder die oë sien​—en dit kon nie vir God welgevallig gewees het nie.​—Handelinge 9:1, 2; Galasiërs 1:13, 14.

Jou godsdiens​—uit keuse of per toeval?

In die meeste gevalle is ’n mens se godsdiens in werklikheid aan die toeval toe te skryf. Hoe so? Wel, jy is miskien as ’n Katoliek, ’n Protestant, ’n Hindoe, ’n Taoïs of ’n Boeddhis gebore omdat dit die godsdiens van jou ouers was. Maar gestel jy is in ’n ander land of gesin gebore. Miskien sou jy nou vurig ’n ander geloof bely het. Is dit dan logies om aan te neem dat die godsdiens van jou ouers vanselfsprekend die ware godsdiens is?

Jy meen miskien nog dat jou godsdiens goed genoeg is vir jou, of jy daarin gebore is of nie. Maar is die regte godsdiens bloot ’n kwessie van persoonlike opinie of smaak? Is dit ’n betroubare riglyn?

Ons kan dit miskien toelig met voedsel. Vra ’n kind om jou te sê wat hy verkies​—’n stuk koek of ’n bak spinasie. Hy sal waarskynlik die koek kies. Maar is dit die voedsaamste keuse? Net so beteken die feit dat ’n godsdiens in jou persoonlike smaak val nie noodwendig dat dit geestelik vir jou die beste is nie.​—Vergelyk Romeine 10:2, 3.

Godsdiens is nie net ’n kwessie van subjektiewe opinie nie. Dit behels die aanbidding van God. Daarom moet dit hom behaag. Die groot vraag is dus nie: Is my godsdiens goed genoeg vir my? nie. Dit is eerder: Is my godsdiens werklik vir God welgevallig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel