Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 6/15 bl. 3-4
  • Algemene misvattings oor die Bybel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Algemene misvattings oor die Bybel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Algemene misvattings
  • ’n “Protestantse boek”?
  • Waarom die Bybel lees?
  • Hoe om die Bybel met vrug te lees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Behou ’n stewige greep op die Woord van God
    Aanbid die enigste ware God
  • Vind baat by daaglikse Bybellees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die Bybel—’n Boek wat gelees moet word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 6/15 bl. 3-4

Algemene misvattings oor die Bybel

OOR die 8 000 000 pond sterling! Wat ’n ongelooflike prys om vir een boek te betaal! Tog was dit die bod toe die afslaer se hamer neergekom het by ’n vendusie wat in Desember 1983 in Londen gehou is. Die koper het die Bondsrepubliek van Duitsland verteenwoordig. Watter boek kan soveel werd wees? Dit was ’n deel van die Bybel, ’n 12de-eeuse versierde boek van die Evangelies.

Wat ook al die redes vir die enorme bedrag wat vir hierdie geskrewe boek betaal is, dit is interessant dat dit vir ’n deel van die Bybel is dat so ’n hoë prys betaal is. Dit weerspieël die beskouing van baie mense dat die waarde van die Bybel onskatbaar is. Ander staan egter skepties of selfs vyandig teenoor die Bybel. Waarom?

Algemene misvattings

Baie mense, veral in Protestantse lande, beweer dat die Bybel soos ’n ou viool is waarop ’n mens baie deuntjies kan speel. Hulle reken dat die Bybel gebruik kan word om talle teenstrydige leerstellings te staaf. Hulle sê: ‘Dit hang net af hoe jy dit interpreteer.’ Is dit waar?

Die Bybel kan weliswaar aangehaal word in ’n poging om uiteenlopende standpunte te staaf. As verklarings egter uit verband geruk word, kan die werk van enige skrywer mos verdraai word sodat dit lyk of dit weersprekings bevat, nie waar nie? Maar sou dit eerlik wees? Jehovah se Getuies hou vol dat botsende interpretasies van kernleerstellings nie moontlik is wanneer die Bybel eerlik gelees word nie.

Die Bybel sê self: “Geen profesie van die Skrif [is] ’n saak van eie uitlegging . . . nie” (2 Petrus 1:20). Met ander woorde, die dryfkrag agter die skrywe van die profetiese Skrif was nie ’n blote menslike krag nie, maar was die heilige gees, of werkende krag, van God. Hy is die eerste van al die profete en die Inspireerder van alle ware Bybelprofesie deur middel van sy onsigbare, werkende krag.

Nog ’n algemene misvatting is dat, terwyl die God van die geïnspireerde Christelike Griekse Skrifte welwillend en liefdevol is, die God van die geïnspireerde Hebreeuse Skrif te wreed en wraaksugtig is. Die Franse essayis Stendhal het geskryf dat God “’n despoot en, as sodanig, vol wraakgedagtes is; sy Bybel praat net van verskriklike straf”. Hierdie opinie is nie verbasend nie, daar dit van ’n man kom wat bekend is as ’n ateïstiese vrydenker. Ongelukkig word daardie opinie ook gehuldig deur baie wat hulleself Christene noem, waaronder sommige geestelikes.

Die feit is dat die Skrif, in sowel die Hebreeuse as die Griekse gedeelte, uitdruklik sê dat daar net “een God” is (1 Korinthiërs 8:6; Deuteronomium 6:4). Albei dele stel God as barmhartig, regverdig, liefdevol en ferm voor (Exodus 34:6, 7; Psalm 103:6-8; 1 Johannes 4:8; Hebreërs 12:28, 29). Van die teerste gedeeltes in die Skrif kom in die Hebreeuse deel van die Bybel, soos in die Psalms, voor. Daarteenoor bevat die “Nuwe Testament” treffende beskrywings van die swaar oordeel wat aan die goddeloses voltrek sal word (2 Thessalonicense 1:6-9; Openbaring, hoofstukke 18 en 19). Die Bybel hou van begin tot einde ’n wonderlike hoop aan die regverdiges voor (Genesis 22:17, 18; Psalm 37:10, 11, 29; Openbaring 21:3, 4). Die Bybel vorm dus van voor tot agter ’n harmoniese geheel.

’n “Protestantse boek”?

’n Algemene misvatting onder die wêreld se honderdmiljoene Katolieke is dat die Bybel ’n “Protestantse boek” is. Opregte Katolieke kan nie vir hierdie beskouing aanspreeklik gehou word nie. Eeue lank het die Rooms-Katolieke Kerk sy lidmate verbied om die Bybel in enige taal behalwe Latyn te lees. Dit het die Skrif buite die bereik van die meeste Katolieke leke geplaas. Sedert 1897, en veral sedert die tweede Vatikaanse Konsilie (1962-1965), het Katolieke weliswaar die reg om Bybelvertalings wat deur Rome goedgekeur is te lees. Maar tradisie sterf nie maklik nie. Gevolglik word Bybellesing in oorwegend Katolieke lande nog steeds met Protestantisme geassosieer.

Baie van die aktiewe Katolieke wat in die laaste jare ’n Bybel aangeskaf het, is nog steeds lugtig wanneer hulle dit lees. Waarom? Omdat hulle kerk steeds leer dat dit gevaarlik kan wees om die Bybel te lees. Hoe so? Omdat die Rooms-Katolieke Kerk sê dat die Bybel nie die volledige openbaring van Christelike waarheid bevat nie; dit moet deur “tradisie” aangevul word. In sy boek La Parole de Dieu (Die Woord van God) het Georges Auzou, Katolieke hoogleraar in die Heilige Skrif, geskryf: “Tradisie gaan vóór, omvat, vergesel en gaan verder as die Skrif. . . . [Dit] help ons om te verstaan waarom die Kerk nooit Bybellesing of Bybelstudie ’n streng of ’n absolute vereiste gemaak het nie.”

Waarom die Bybel lees?

Talle opregte Katolieke rondom die wêreld skaf nietemin vir hulle ’n Bybel aan en soek hulp om dit te verstaan. Dit geld ook vir talle teleurgestelde Protestante en selfs vir sommige wat hulle hoop in die kommunisme, die sosialisme of die wetenskap gestel het.

Waar hy die redes vir die hernieude belangstelling in geestelike sake ontleed, het godsdienskorrespondent Alain Woodrow in die Paryse dagblad Le Monde geskryf: “Dit is in die eerste plek ’n natuurlike reaksie op die ontnugtering veroorsaak deur die mislukking van die groot denk-, ideologiese, politieke en wetenskaplike stelsels.” Hy meld as verdere redes “teleurstelling in die georganiseerde kerke weens hulle kompromie met die politieke en finansiële magte van hierdie wêreld”, en, laastelik, “apokaliptiese vrees”, soos hy dit gestel het.

Jy is miskien een van die wat begin het om die Bybel te lees. In daardie geval wil jy ongetwyfeld weet hoe jy die Bybel met vrug kan lees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel