Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 4/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Navorsing oor bloedsurrogate
  • Drankmisbruik
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Bloed
    Redenering uit die Skrif
  • Studievrae vir die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bloedoortappings—Hoe veilig?
    Hoe kan bloed jou lewe red?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 4/15 bl. 21

Insig in die nuus

Navorsing oor bloedsurrogate

● Fluosol-DA, ’n suurstofdraende bloedsurrogaat wat uit chemikalieë vervaardig word, is tydens mediese toetse in die Verenigde State ontoereikend bevind, en die vervaardiger het opgehou om die vloeistof op mense te toets. Bykans vyf jaar lank het Alpha Therapeutic Corporation, die Amerikaanse produsent van die „kunsbloed” Fluosol-DA 20%, saam met gekose hospitale in die Verenigde State en Kanada gewerk aan kliniese proefnemings met die gebruik daarvan. Meer as 120 pasiente is bestudeer. Verslae dui daarop dat Fluosol nie so ’n waardevolle plaasvervanger vir bloed is as wat gehoop is nie en dat ander maklik bekombare oplossings net so doeltreffend soos Fluosol is. Volgens die Chicago Tribune het een hospitaal wat gehelp het met die navorsing twee redes verstrek vir die mislukking van Fluosol. „Dit het nie genoeg suurstof na lewensorgane vervoer nie”, het die artikel gesê, „en dit het nie lank genoeg in ’n persoon se gestel gebly om hom aan die lewe te hou totdat rooi bloedselle op natuurlike wyse aangevul kon word nie.”

Die Fluosol-studie het egter aan die lig gebring dat chirurge te maklik bloed gebruik en, volgens die Tribune, „dat dit moontlik is om ’n taamlik anemiese pasiënt te opereer sonder om ’n bloedoortapping toe te dien”. Dr. Bruce Friedman, ’n direkteur by die hospitale van die Universiteit van Michigan, het gesê: „Ek raai/skat dat 25 persent tot 33 persent van die bloed wat in hierdie land gebruik word nie nodig is nie.” Hoewel proefnemings op mense gestaak is, sal verdere navorsing skynbaar gedoen word om „kunsbloed” van fluoorkoolstof te verbeter.

● ’n Soortgelyke bloedsurrogaat word deur Dr. Henry A. Sloviter van die Universiteit van Pennsilvanië se Mediese Fakulteit ontwikkel. Hierdie „kunsbloed” is ’n chemiese verbinding wat met klankgolwe van ultrahoë frekwensie behandel en dan met lesitien, uit eiers verkry, bedek word. Dit is tot dusver nog net op diere getoets, maar geen skadelike gevolge is bemerk selfs wanneer groot hoeveelhede van die melkwit vloeistof oorgetap is nie. Die Almanac, wat deur die universiteit uitgegee word, meld dat dit die volgende voordele bo natuurlike bloed het: „Dit is skynbaar veilig ongeag bloedtipe; hoef nie verkoel te word nie; en elimineer die risiko dat aansteeklike siektes soos VIGS, hepatitis en malaria tydens oortappings oorgedra word.” Dit sal minstens drie jaar wees voordat dit gereed is vir algemene gebruik.

● Navorsing duur op ’n ander vasteland voort. „Australiese wetenskaplikes het ’n bloedsurrogaat ontwikkel wat volgens hulle vir die meeste gebruike beter is as menslike heelbloed en plasma”, beweer The Bulletin, ’n Australiese finansiële blad. Die middel, bekend as CH (kaseïen-hidrolisaat), is ’n proteïen en kan van melk of sojabone gemaak word. Dr. Louis Hissink, een van die ontwikkelaars van CH, „glo dat dit gevaarlik is om bloed van een pasiënt na ’n ander oor te tap”, vervolg die artikel, „nie alleen weens die moontlikheid van siekteoordraging nie, maar ook weens immuunreaksies wat ontstaan”. Hissink sê: „Mense kom uiteindelik tot die besef dat bloed (van skenkers) tog nie so wonderlik is nie.” CH moet nog die goedkeuring van Australië se gesondheidsdepartement verkry.

Jehovah se Getuies het nog altyd in hierdie soort navorsing belanggestel. Hoewel die Getuies sal toelaat dat vloeistowwe wat nie bloed bevat nie vir oortappings gebruik word, sal hulle nie hulle godsdiensoortuigings prysgee deur ’n bloedoortapping toe te laat nie​—al verkeer hulle lewe ook in gevaar. Hierdie Christene hou te alle tye streng by die Bybel se gebod: ,Onthou julle van bloed.’​—Handelinge 15:29.

Drankmisbruik

● Drankmisbruik kom onder jonk sowel as oud voor. ’n Opname wat namens die Afdeling vir Alkoholisme en Drankmisbruik onder 27 414 leerlinge tussen die ouderdomme van 12 en 18 in die Staat New York gedoen is, het gevind dat 10 persent minstens een keer per week dronk word. Aan die ander kant van die ouderdomskaal, het die blad Medical Aspects of Human Sexuality gesê, is drankmisbruik „’n ernstige probleem onder ouer mense met ’n verwagte voorkomssyfer van 10% tot 15%​—met die hoogste syfer onder die wat in inrigtings woon”. Dit is interessant dat ’n gebrek aan selfbeheersing, of „bandeloosheid”, een bewys sou wees dat die mensdom „die laaste dae” betree het (2 Timotheüs 3:1-3). En drankmisbruik is maar net een aanduiding van ’n gebrek aan selfbeheersing.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel