Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 12/15 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou vas aan die “goeie nuus”!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Wanneer die dooies weer sal lewe!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Beoefen geloof wat tot die ewige lewe lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Daar sal ’n opstanding van die regverdiges wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 12/15 bl. 29

Vrae van lesers

♦ Is Jesus se belofte van die ewige lewe, soos vervat in Johannes 11:25, 26, slegs van toepassing op die gesalfdes, of sluit hierdie woorde ook die “groot menigte” in wat uitsien na lewe op die paradysaarde?

ln die verlede het Die Wagtoring soms te kenne gegee dat hierdie teks slegs van toepassing is op die Christene wat die hemelse lewe gaan verkry. Hierdie beskouing is klaarblyklik gehuldig omdat Jesus daar met persone gepraat het wat later daardie hoop sou kry. Maar ’n noukeurige ondersoek van hierdie tekste toon dat Jesus dit nie tot hulle beperk het nie. Soos die studie-artikels in hierdie nommer van Die Wagtoring bevestig, moet ons ’n breër beskouing van Johannes 11:25, 26 hê, naamlik dat dit die persone insluit wat hoop om vir ewig op die paradysaarde te lewe. Waarom sê ons so?

Let op wat Martha in Johannes 11:24 omtrent die gestorwe Lasarus sê: “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.” Watter opstanding het sy daar in gedagte gehad? Immers die opstanding waarna Abraham en ander getroue Jode in geloof uitgesien het—’n aardse opstanding! Hoe sou Martha dan Jesus se volgende woorde verstaan? Dit sou vir haar die situasie in verband met die aardse opstanding beskryf.

Jesus het homself vervolgens geïdentifiseer as die een wat die dode sou opwek. Maar hy het nie gesê dat hy net gepraat het van sommige van die dode wat in hom geglo het nie. Hy is “die opstanding en die lewe” vir almal wat die ewige lewe kry, hetsy in die hemel of op aarde. Al Jesus se woorde in vers 25 en 26 kan op albei groepe toegepas word, hoewel op verskillende maniere. Gesalfde Christene “sal lewe” aangesien hulle tot onsterflike hemelse lewe opgewek gaan word. Die dode wat vir ewig op die aarde gaan lewe, sal opgewek word en dan geleidelik tot volmaaktheid gebring word.—Vergelyk Openbaring 20:4.

Dit is beslis waar dat die gesalfdes “nooit [sal] sterwe tot in ewigheid nie” nadat hulle opgewek is, soos vers 26 sê. Dan sal hulle ‘God sien soos Hy is’ sodat hulle nie langer ‘deur aanskouing sal wandel’ nie (1 Johannes 3:2; 2 Korinthiërs 5:7). Wanneer Jesus dus sê: “Elkeen wat lewe en in My glo””, meld hy ’n faktor wat veral betekenisvol is vir diegene wat vandag lewe en hoop om die ewige lewe op aarde te verkry. Geregtigheid is reeds aan die “groot menigte” toegeskryf omdat hulle “hul klere gewas en hul klere wit gemaak [het] in die bloed van die Lam”. Hulle lewe reeds in die vlees met die hoop om die groot verdrukking te oorlewe en hulle lewens word beskou as regverdige lewens, soos die van Abraham van die ou tyd. Saam met die verrese mensdom moet hulle voortgaan om gedurende Christus se duisendjarige heerskappy geloof te beoefen ten einde die ewige lewe in menslike, volmaaktheid te verkry.—Openbaring 7:9, 10, 14, 15; 21:3, 4.

Dit is in werklikheid nie ’n heeltemal nuwe beskouing nie. Van tyd tot tyd het die Wagtoringgenootskap se publikasies deur die jare te kenne gegee dat Johannes 11:24-26 ’n breër toepassing kan hê. Die Wagtoring van 15 Augustus 1959, bladsy 256, het byvoorbeeld die volgende gesê van die getuies van Jehovah wat uit al die nasies versamel is: “Die wat verwag om op hierdie aarde te lewe hoop ook om die einde van hierdie wêreld te oorlewe, en in die nuwe wêreld in aan te lewe sonder om ooit te sterwe.” Dit het Hebreërs 11:1, 6 en Johannes 11:26 ter stawing aangegee. En Die Wagtoring van 15 April 1976, bladsy 186, het eweneens die verrese mensdom en die “groot menigte” Armageddon-oorlewendes by daardie woorde van Jesus ingesluit: “Elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”

Glo jy dit?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel