Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 12/1 bl. 10-15
  • “Hulle sal heimlik verderflike sektes invoer”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hulle sal heimlik verderflike sektes invoer”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vroeë neiging om sektes te vorm
  • Vroeë sektes
  • “Die mens van sonde” raak georganiseerd
  • “Verderflike sektes” in die tyd van die einde
  • ’n Waarskuwing aan ware Christene
  • “Een Here, een geloof, een doop”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Waarom soveel nuwe sektes?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Waarom is daar soveel gelowe wat almal sê dat hulle Christelik is?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • “Die wettelose mens” word geïdentifiseer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 12/1 bl. 10-15

“Hulle sal heimlik verderflike sektes invoer”

“Daar sal valse leraars onder julle wees. Hulle sal heimlik verderflike sektes invoer.”—2 PETRUS 2:1, NW.

1, 2, (a) Wat was al die Christendom se kerke oorspronklik? (b) Watter vrae verdien dus ons aandag?

AL DIE kerke van die Christendom was oorspronklik sektes. Sommige van hulle—veral die Kerk van Rome en die volkskerke van die Ortodoksie en die Protestantisme—maak aanspraak op voorrang bo die ander sogenaamde Christendenominasies, wat hulle smalend sektes noem. Hierdie geskiedkundige feite is in die voorgaande twee artikels aangebied.

2 Maar sommige vra dalk: ‘Het Jesus Christus en sy getroue apostels werklik ’n afval van die ware Christelike godsdiens voorspel? Het hulle waarskuwings gerig teen die navolging van manne wat sektes sou skep? Was dit werklik 19 eeue gelede vir Jesus se ware volgelinge nodig om te waak teen sulke verdelende tendense? En is dieselfde waaksaamheid vandag nodig?

Vroeë neiging om sektes te vorm

3, 4, (a) Watter waarskuwing het Jesus gerig, en wat sê dit vir ons oor die ware Christelike godsdiens? (b) Watter soortgelyke waarskuwing het Petrus gerig?

3 ln sy Bergpredikasie het Jesus gesê: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken” (Mattheüs 7:13-16). Nee, Jesus Christus het nie gesê dat die ware Christelike godsdiens ’n breë, maklike, universele of “katolieke” godsdiens sou, wees wat “baie” sou pas nie. Dit sou ’n moeilike, smal weg wees wat slegs “min” sou vind. Hierdie “min” is gewaarsku dat oënskynlik onskadelike “valse profete” sou probeer om hulle weg te lei na die maklike weg “wat, na die verderf lei”.

4 Meer as 30 jaar later het die apostel Petrus geskryf: “Daar was ook valse profete onder die volk [Israel], net soos daar onder julle [Christene] valse leraars sal wees wat verderflike [sektes] heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek.”—2 Petrus 2:1-3, vgl. NW.

5. Wanneer het afvallige “wolwe” begin verskyn, en hoe het hulle ‘heimlik verderflike sektes ingevoer’?

5 “Die weg van die waarheid”, die weg “wat na die lewe lei”, is die weg van die ware Christelike godsdiens. Die “valse profete” of “valse leraars”, is die afvallige ‘wolwe in skaapsklere’ wat begin het om hulle teenwoordigheid onder die vroeë Christene te laat geld selfs voor die dood van Jesus se apostels (1 Johannes 2:18, 19; 4:1-3). Die apostel Paulus het ook ’n waarskuwing gerig teen sulke “wrede wolwe”. Hy het hulle geïdentifiseer as manne wat sou opstaan en “verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Handelinge 20:29, 30). Sedert die tweede helfte van die eerste eeu het hierdie valse leraars ‘heimlik verderflike sektes ingevoer’ en die vroeë Christene “met verdigte woorde” uitgebuit. As gevolg van hierdie afvalliges is “die weg van die waarheid”, die ware Christelike godsdiens, “gelaster”.

Vroeë sektes

6. Hoe toon die boek Openbaring dat afvallige sektes reeds teen die einde van die eerste eeu hul verskyning gemaak het, en waarom het Christus hulle gehaat?

6 In die Openbaring wat die apostel Johannes omstreeks 96 G.J. ontvang het, teken hy ’n reeks goddelik geïnspireerde boodskappe op wat die geestelike toestande weerspieël wat destyds in die Christengemeentes bestaan het en wat dwarsdeur die geskiedenis weer kon voorkom. Twee van hierdie boodskappe toon die bestaan van afvallige sektes wat deur Christus, die hoof van die ware Christengemeente, gehaat is. Ten minste een van hierdie sektes het klaarblyklik afgodediens en hoerery geduld.—Openbaring 2:6, 14, 15.

7. Hoe toon Paulus se briewe, dat die stryd teen die sektegees reeds in sy dag gevoer is?

7 Verskeie van die apostel Paulus se briewe, wat veel vroeër geskryf is, toon dat hy reeds in sy tyd die neiging om sektes te vorm moes beveg. In sy eerste brief aan die Christene in Korinthe het Paulus hulle neiging om mense te volg betreur, want dit het gelei tot “skeuringe” en “twiste” (1 Korinthiërs 1:10-13; 3:1-4). Hy het soortgelyke besorgdheid in sy briewe aan die Galasiërs (1:6-9; 5:19-21), aan Titus (3:9, 10) en aan Timotheüs uitgespreek.—1 Timotheüs 1:3-7; 4:1-3; 6:20, 21; 2 Timotheüs 4:3, 4.

8. Wat het die Gnostici geglo, en waarom het hulle veroorsaak dat “die weg van die waarheid gelaster word”?

8 Sommige Bybelgeleerdes is die mening toegedaan dat Paulus doelbewus sekere Griekse woorde (soos gno’sis, kennis, en ple’roma, volheid) in sy eerste brief aan die Korinthiërs en, in die besonder, in sy brief aan die Efesiërs en aan die Kolossense gebruik het om gnostisisme te weerlê. Hoe dit ook al sy, Paulus het beslis afvallige gedagtes wat later deur die Gnostiese sektes ontwikkel is, bestry. Die Gnostici, wat gedurende die tweede eeu G.J. gedy het, was dualiste wat geglo het dat alle materie boos is en dat gees goed is. Hulle het aangevoer dat redding die mistieke “kennis” (gno’sis) verkry word. Hulle opvatting dat die vleeslike liggaam boos is, het hulle tot een van twee uiterstes laat oorhel: asketisme of vleeslike bevrediging. Sogenaamde Christelike gnostisisme het baie daartoe bygedra dat “die weg van die waarheid gelaster word”.

9. Noem en beskryf ander vroeë sektes van die afvallige Christendom.

9 Onder die vroeë sektes was daar ook die Marcioniete, die volgelinge van Marcion, die seun van ’n afvallige Christen-“biskop” in Klein-Asië. Marcion het aan twee gode geglo, ’n onvolmaakte “Ou Testamentiese” God en ’n God van liefde soos geopenbaar in die “Nuwe Testament”, of, liewer, in die dele daarvan wat hy aangeneem het (party van die geskrifte van Paulus en Lukas). Nog ’n tweede-eeuse sekte was Montanisme. Montanus was ’n “profeet” uit Klein-Asië wat verkondig het dat die tweede koms van Christus ophande was en dat die Nuwe Jerusalem in Pepuza, naby die hedendaagse stad Ankara, Turkye, opgerig sou word. Hy het ook die toenemende mag en die sedelike laksheid van die geestelikes van die afvallige Christendom gekritiseer. Tertullianus het in Montanis geword. Die derde-eeuse Novatiane en die vierde-eeuse Donatiste was nog twee protesbewegings teen sedelike laksheid onder sogenaamde Christene en teen toegeeflikheid teenoor afvalliges. Albei hierdie skeurgroepe het egter die vernaamste dwaalleerstellinge van die ouer, gevestigde kerke aangeneem.

“Die mens van sonde” raak georganiseerd

10. Wie moet ingesluit word onder die “valse leraars” wat ‘heimlik verderflike sektes ingevoer het’?

10 Al hierdie sektes, en ander wat nie gemeld is nie, was variasies van die afvallige Christendom. Maar die manne wat dit geskep het, was nie die enigste “valse leraars” wat ‘heimlik verderflike sektes ingevoer het’ nie (2 Petrus 2:1-3). Petrus het ook voorspel dat ‘baie hulle verderflikhede sou navolg’. Ons het so pas gesien dat sommige van hierdie vroeë sektes gevorm is om te protesteer teen die losbandigheid van die oorheersende geestelikeklas. Hierdie geestelikes tel dus ook onder die “valse leraars” en hulle kerke moet ook beskou word as “verderflike sektes”.

11. Watter nuwe klas het begin om homself te verhef, en hoe het Paulus dit voorspel?

11 Soos reeds gemeld is, het al hierdie afvallige sektes om oppergesag geworstel. Elkeen het probeer om die groep te word wat as die een en enigste “ortodokse”, “apostoliese” en “katolieke (universele)” kerk beskou word, en dit het op sy beurt die ander as bloot ketteragtige sektes bejeën. Terselfdertyd het ’n geestelikeklas in die groter, invloedryker kerke probeer om hom bo die res van die kudde te verhef. Waar die apostel Paulus van hierdie afval en die verskyning van ’n oorheersende geestelikeklas gepraat het, het hy geskryf: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.”—2 Thessalonicense 2:2-4.a

12. (a) Wat is “die mens van sonde”, en wanneer is hierdie “mens” ten volle geopenbaar? (b) Watter stappe het gelei tot die volle ontwikkeling van die geestelikeklas? (c) Beskryf die hiërargiestelsel.

12 Hierdie afval was reeds in Paulus se dag “al aan die werk”. Maar dit is eers na die dood van Jesus se ware apostels ten volle geopenbaar toe hulle teenwoordigheid nie meer die afval ‘teëgehou’ het nie (2 Thessalonicense 2:6, 7). Geleidelik het ’n geestelikeklas begin verskyn. In die vroeë tweede eeu G.J. het Ignatius, “biskop” van Antiochië, geskryf oor ’n hiërargie met drie ordes, naamlik biskoppe, priesters en diakens. “Die mens van sonde” het begin om vorm aan te neem. Maar die “kerkvader” wat die geestelikeklas behoorlik tot ’n hiërargie georganiseer het, was Cyprianus, “biskop” van Carthago, Noord-Afrika, wat in 258 G.J. oorlede is. Die gesaghebbende Dictionnaire de Théologie Catholique sê dat Cyprianus ’n vorstelike hiërargie met sewe ordes uiteengesit het, en waar die biskop die hoogste posisie beklee het. Onder hom was priesters, diakens, subdiakens, akoliete (dienaars), lektors (voorlesers) en eksorsiste. ’n Agtste orde—portuur of deurwagter—is later in die Westerse, Latynse, of Roomse Kerk bygevoeg, terwyl die Oosterse of Griekse Kerk tevrede was met ’n hiërargie met vyf ordes. Teen die derde eeu G.J. was die samegestelde “mens van sonde”, die geestelikeklas van die afvallige Christendom, dus ten volle “geopenbaar”. Dit het deur die eeue heen voortbestaan in al die kerke en sektes van die Christendom wat ’n spesiale bediening of kerklike klas het.

“Verderflike sektes” in die tyd van die einde

13. In watter twee opsigte is die sekses van die Christendom ‘verderflik’?

13 In die oorspronklike Grieks beteken Petrus se uitdrukking “verderflike sektes” letterlik “sektes van verderf”. Hierdie uitdrukking hou dubbele betekenis in. Die sektes en kerke van die Christendom het die suiwer Christelike godsdiens, “die weg van die waarheid”, verderf. Hulle is ook “sektes van verderf” in die sin dat hulle valse leraars “vinnige verderf oor hulleself bring” en oor diegene, wat “hulle verderflikhede navolg”. Petrus, voeg by: “Oor hulle [die valse leraars] is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en bulle verderf sluimer nie” (2 Petrus 2:1-3). So ’n “vinnige verderf” sal hulle met die vinnig naderende “groot verdrukking” oorval.—Mattheüs 24:21.

14. Wanneer sal “die mens van sonde” vernietig word, en waarvan sal sulke vernietiging ’n bewys wees?

14 Die apostel Paulus het getoon dat die samegestelde “mens van sonde” eers ten tye van Christus se “teenwoordigheid” vernietig sou word. Hy het geskryf: “Dan sal die wettelose geopenbaar word, wat deur die Here Jesus weggedoen sal word deur die gees van sy mond en tot niet gemaak sal word deur die manifestasie van sy teenwoordigheid [pa·rou·sías]” (2 Thessalonicense 2:8, NW). Ja, die vernietiging van die kerklike “mens van sonde”-klas, tesame met die res van Satan se Babiloniese godsdiensryk, sal ’n merkwaardige “manifestasie” van Christus se “teenwoordigheid” of parousia wees wat aan beide vriend en vyand sal toon dat die Here Jesus onsigbaar teenwoordig is en dat die voorspelde “groot verdrukking” begin het.

’n Waarskuwing aan ware Christene

15. Watter waarskuwing bevat Jesus se gelykenis oor die koring en die onkruid vir Christene?

15 Jesus se gelykenis van die koring en die onkruid het getoon dat die kerke en sektes van die “onkruid” of afvallige Christene, toegelaat sou word om deur die eeue heen te groei. Slegs aan “die voleinding van die wêreld” sou daar ’n duidelike onderskeid getref word tussen hierdie naamchristene en die ware “kinders van die koninkryk”, die “koring” (Mattheüs 13:24-30, 37-40). Maar Jesus se gelykenis bevat ook ’n waarskuwing vir ware Christene, hetsy hulle gesalfde “kinders van die koninkryk” of dié se metgeselle is. Jesus het gesê: “Die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”—Mattheüs 13:41, 42

16. (a) Watter skeidingswerk word sedert 1919 gedoen? (b) Watter verdere waarskuwing het die apostels gerig, en watter kommentaar het Judas bygevoeg?

16 Die “koring” word reeds sedert 1919 in die godsdienssaailand van die “onkruid” geskei. Dit beteken egter nie dat die engele van die Seun van die mens sedertdien opgehou het om “al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen” ‘uit sy koninkryk bymekaar te maak’ nie. Judas herinner ons daaraan dat “die apostels van onse Here Jesus Christus” die volgende waarskuwing gerig het: “In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.” En Judas het bygevoeg: “Dit is hulle wat skeuring maak, [verdeeldheid bring, Die Lewende Bybel].”—Judas 17-19.

17. Wat het Jesus oor die “slegte dienskneg” gesê?

17 Jesus se woorde oor die lot van die ongeregtiges wat “struikelblokke” is, herinner ons aan wat hy later gesê het oor diegene wat sou weier om “die getroue en verstandige dienskneg”, die “koring”-klas gesalfde Christene wat Christus “oor al sy besittings aanstel”, te erken. Jesus het gewaarsku: “Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van die dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”—Mattheüs 24:45-51.

18. (a) Hoe openbaar sommige vandag die karaktertrekke van die “slegte dienskneg”? (b) Wat sal met hulle gebeur as hulle voortgaan om ‘verdeeldheid te bring’?

18 Sommige ontroue persone openbaar vandag die karaktertrekke van “daardie slegte dienskneg” deur in hulle hart te sê: “My heer talm om te kom.” Hulle identifiseer hulself met die “spotters” wat sê: “Waar is die belofte van sy wederkoms? (2 Petrus 3:1-7). Hulle probeer om ‘verdeeldheid te bring’, soos Judas gewaarsku het (Judas 19, Die Lewende Bybel). Deur “die getroue en verstandige dienskneg”-klas, by wie hulle aanvanklik hulle kennis van “die weg van die waarheid” verkry het, te kritiseer, begin hulle om ‘hulle medediensknegte te slaan’. Maar as hulle volhou met hulle verdelende gesindheid, sal hulle mettertyd deur die engele ‘bymekaargemaak’ word en ‘deelgenote van die geveinsdes’ van die valse Christendom gemaak word. Dit is waar hulle ‘ween en die tande kners’, soms deur hulle vermeende griewe in die openbare media te lug.

19. (a) Wat het Paulus oor “sektes” onder God se volk gesê? (b) Hoe kan ons toon dat ons “goedgekeurde” persone is?

19 Dit herinner ons aan wat Paulus aan die Korinthiërs geskryf het: “Daar moet ook partyskappe [sektes] onder julle wees, sodat die beproefdes [goedgekeurdes] onder julle openbaar kan word” (1 Korinthiërs 11:19, vgl. NW). Wanneer persone vandag heimlik probeer om “verderflike sektes” onder Jehovah se Getuies in te voer, bied dit lojale Christene ’n goeie geleentheid om te toon dat hulle persone is wat deur God en Christus ‘goedgekeur’ is. Hulle kan en moet toon dat hulle ware Christelike eenheid waardeer. Hierdie eenheid sal in die volgende artikel bespreek word.

[Voetnoot]

a Kyk hoofstuk 18 van die boek God’s Kingdom of a Thousand Years Has Approached, uitgegee deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap, vir ’n volledige bespreking van “die mens van sonde”.

Onthou jy?

◻ Wanneer en hoe het die Christendom se afval begin?

◻ Wie of wat is “die mens van sonde”?

◻ Op watter maniere is die kerke van die Christendom ‘verderflik’?

◻ Watter waarskuwing rig Jesus oor die “slegte dienskneg”?

[Prent op bladsy 11]

Jesus het gewaarsku dat valse profete soos wolwe in skaapsklere is

[Prent op bladsy 13]

Valse Christene is soos “onkruid” wat slegs geskik is vir vernietiging

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel