Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 10/15 bl. 6-8
  • Hoop vir die wat wanhoop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoop vir die wat wanhoop
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Skuldgevoelens
  • ‘Kry hulp’
  • Waarom soveel selfmoorde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Jy kan hulp vind
    Ontwaak!—2001
  • Ek voel skuldig – Kan die Bybel my help om beter te voel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Vertroos dié wat treur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 10/15 bl. 6-8

Hoop vir die wat wanhoop

“Alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê”. (Romeine 15:4). Hierdie woorde van die apostel Paulus kom by ons op wanner ons verneem dat vertwyfeling, wanhoop, ’n groot probleem van mense met selfmoordneigings is. Verdryf die “bemoediging van die Skrifte” dan nie daardie wanhoop nie? In tallose gevalle, ja. Beskou byvoorbeeld die volgende:

Een jong vrou het al die gas oopgedraai om haarself om die lewe te bring toe een van Jehovah se Getuies aan haar deur geklop en haar ’n nuwe hoop uit die Bybel gegee het.

’n Ander meisie, wie se toekomsverwagtinge verpletter is toe sy deur ’n motorongeluk verlam is, het verskeie kere probeer om selfmoord te pleeg. Toe het Jehovah se Getuies haar gehelp om “bemoediging van die Skrifte” te vind en kon sy weer hoop koester.

Dan is daar die geval van ’n bejaarde man wie se vrou kort voor hulle 50ste huweliksherdenking gesterf het. Die man was baie terneergedruk en het in werklikheid die gif aangemaak wat hy wou drink. Maar toe het Jehovah se Getuies na sy deur gekom en vir hom gewys hoe die Bybelboodskap hom ’n nuwe doel in die lewe kan gee.

Hierdie persone het geleer om ‘op Jehovah te wag en sterk te wees’ (Psalm 27:14). Hulle het geleer om op hom staat te maak vir krag, om ‘hul sorg op Jehovah te werp, die Een wat hulle sal onderhou’ (Psalm 55:23). Hulle het ook van Jehovah se voornemens vir die toekoms geleer, en toe daardie wonderlike panorama voor hulle ontvou het, het hulle teenswoordige situasie minder belangrik, minder oorweldigend, gelyk. Ja, vir hulle was die “bemoediging van die Skrifte” ’n ware lewensredder.

Maar gestel nou iemand ly aan sterk skuldgevoelens, of is nie blymoedig nie, en kom tot die gevolgtrekking dat “die God, wat hoop gee” hom versaak het? (Romeine 15:13, NW). Is daar enige “bemoediging van die Skrifte” vir so ’n persoon? Ja. “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees” (Psalm 34:19). Hy versaak hulle inderdaad nie.

Skuldgevoelens

Dit is byvoorbeeld te begrype dat iemand wat ’n ernstige sonde gedoen het ’n ruk lank sal twyfel of God hom sal vergewe. Wanneer die skok van die besef wat hy gedoen het hom tref, sal hy dalk soos die laagste en onwaardigste persoon in die wêreld voel. Maar hoewel Jehovah sonde haat, is hy barmhartig teenoor sondaars wat waarlik spyt is en hulle verkeerde weg staak. Hy vergewe sulke persone “menigvuldiglik”.—Jesaja 55:7.

Koning Dawid van die ou tyd het dit geweet. Hy het geskryf: “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep” (Psalm 86:5). Dawid het ’n lang lewe van getrouheid gelei, maar in sy lewe het hy hom aan enkele baie ernstige sondes skuldig gemaak. Hy het nietemin elke keer, wanneer hy tot besinning gekom en besef het wat hy gedoen het, opreg berou gehad en God in gebed genader met die vertroue dat God hom sou vergewe.—Psalm 51:11-14.

Hoewel ons nie koning Dawid se sondes wil navolg nie, kan ons, wanneer ons sondig, sy, innige, hartgrondige, berou navolg, vryelik erken dat ons dade verkeerd was, en glo in Jehovah se bereidwilligheid om ons te vergewe.—1 Johannes 2:1, 2.

Maar is dit dan nie ’n bewys dat God sy gees onttrek het as ’n Christen om die een of ander rede nie blymoedig is of geen gemoedsrus geniet nie? Nie noodwendig nie. Hoewel Christene ’n blymoedige volk is, ervaar hulle nietemin soms angs. Dit was selfs met Jesus die geval, soos in die tuin van Getsemane net voordat hy gesterf het. Die Bybelverhaal sê: “Toe Hy in ’n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val” (Lukas 22:44). Voel jy ooit skuldig omdat jy soms foltering verduur as gevolg van die beproewinge waarmee jy te kampe het? Dan moet jy jou tot Jehovah wend vir vertroosting, net soos Jesus gedoen het.

Maar is dit nie goddeloos van ’n Christen om te wil sterf nie? Wel, onthou jy hoe Job gevoel het toe hy terneergedruk was? Hy het aan ’n smartlike siekte gely, is deur valse vriende gefolter en het geglo dat Jehovah hom verlaat het. Hy het gevolglik gekerm: “Ek walg van my lewe” (Job 10:1; 14:13). Vir Job het die dood na ’n rustige bevryding van sy foltering gelyk, en nie na die vyand wat dit in werklikheid is nie.—1 Korinthiërs 15:26.

Indien Job, in sy foltering, probeer het om ’n einde aan sy lewe te maak, sou dit ’n ernstige sonde gewees het. Maar wanneer ’n persoon bitterlik ongelukkig of emosioneel versteurd is kan hy nie altyd die gedagtes beheer wat by hom opkom nie. As ons nietemin vind dat ons voortdurend oor die dood dink of gedurig wens dat ons dood was, moet ons dit as ’n waarskuwing beskou. Dit is tyd om dadelik iets te doen. Wat?

‘Kry hulp’

’n Jong vrou het ernstige finansiële en huweliksprobleme ondervind. Tydens een krisis het sy ’n oordosis pille gedrink, wat sy gelukkig oorleef het. Sy sê nou oor die rede vir haar optrede: “Ek dink die probleem was dat ek vir niemand gesê het hoe ek voel nie. Ek het nie die poging beplan nie. Die druk het net in my opgebou totdat ek dit impulsief gedoen het.” Haar raad? “Nader ander om hulp voordat jy daardie punt bereik.”

Dit is goeie raad. Wanneer ons emosionele spanning verduur, lyk dit soms of ons laste ondraaglik is. Ons skuldgevoelens, smart of vertwyfeling kan oorweldigend wees. Maar ons hoef nie ons laste alleen te dra nie. Deur die apostel Paulus het Jehovah God beveel: “Dra mekaar se laste” (Galasiërs 6:2). Ander wil help. Hulle staan dalk onder verpligting om te help. Maar dikwels sal hulle nie weet hoe nodig jy hulp het tensy jy vir hulle vertel nie.

Nadat drie van haar vriendinne selfmoord gepleeg het, het ’n jong meisie beangs gevra: “Hoe kon ons geweet het? . . . Hoe kon ons daar gewees het wanneer hulle ons nodig gehad het as ons nooit geweet het hoe hulle gevoel het nie?” Dit is miskien pynlik om jou probleme met ander te bespreek. Maar jy sal verbaas wees hoe maklik die woorde kom as jy eers begin het. En jy kan daarvan seker wees dat ander wil help. Kom ons kyk wie sommige van hierdie ander is.

[Venster op bladsy 7]

Neem ander in ag

’n Jong meisie wat selfmoord oorweeg het, het verduidelik wat haar daarvan weerhou het: “Selfmoordenaars veroorsaak pyn, verdriet en skuldgevoelens—wat baie verwoestender en blywender is as die probleme wat vir hulle ondraaglik gelyk het.”—Mattheüs 7:12.

[Venster op bladsy 7]

Sake sal verbeter

“Niks in hierdie wêreld duur vir ewig nie. . . . Ons weet dat verligting ophande is.” Hierdie gedagte het een individu die idee van selfmoord laat verwerp.

[Venster op bladsy 8]

’n Verandering van gedagte

Dr. Herbert Hendin sê dat hy oor die jare heen vier mense leer ken het wat van hoë geboue afgespring en dit oorleef het. Twee van hulle het gesê dat hulle van gedagte verander het die oomblik nadat hulle gespring het.—“Suicide in America”, deur Herbert Hendin, M.D.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel