Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 10/1 bl. 26
  • Werp jy ‘jou brood uit op die water’?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Werp jy ‘jou brood uit op die water’?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Bemoedigende resultate
  • Daaglikse geestelike voedsel—noodsaaklik vir ’n Christengesin
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Die uitdaging en vreugde om agt kinders in Jehovah se weë groot te maak
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Dink aan diegene in die voltydse diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • “Soek eers die koninkryk”
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 10/1 bl. 26

Werp jy ‘jou brood uit op die water’?

SOOS talle tipiese gesinne het ’n Getuie-egpaar in suidelike Brasilië hard gewerk net om ’n bestaan te maak. Hulle het drie kinders, almal onder die ouderdom van ses, gehad om te versorg en moes ook die gesin se kruidenierswinkel behartig. Maar as toegewyde Christene het hulle die geestelike welsyn van hulle kinders en die twee tienderjarige huurlinge wat by hulle ingewoon het op die hart gedra. Dit was in 1946, en dit was ’n groot uitdaging. Destyds het hulle nie die puik publikasies vir jongmense gehad wat nou beskikbaar is nie, en daar was slegs agt Getuies in die hele staat Santa Catarina, en slegs drie in die stad waar hulle gewoon het. Wat kon hulle doen?

In ooreenstemming met wyse koning Salomo se raad om jou brood op die water uit te werp’ (Prediker 11:1), het hulle besluit om geestelike brood mildelik uit te deel deur die daaglikse Bybelteks wat in Die Wagtoring voorsien is goed te benut. (Dit was voordat die Yearbook in hulle taal gedruk is.) Die hele gesin, die huurlinge inkluis, het bymekaar gekom vir die middagete, en dan het hulle die Bybelteks vir die dag bespreek. Een lid van die gesin moes die tydskrif met die kommentaar oor die teks vind, dan is dit voorgelees en daarna het dit almal vrygestaan om kommentaar te lewer. Die jong helpers het die gebruik aanvanklik vreemd gevind, maar hulle het gou daaraan gewoond geraak en begin om aan die daaglikse besprekings deel te neem.

Bemoedigende resultate

Die egpaar se getroue pogings oor die jare is ryklik beloon. Die oudste kind het saam met haar man as ’n spesiale pionier (voltydse prediker) gedien tot die koms van hul baba, wat nou 20 jaar oud is en ook die voltydse bediening betree het. Die tweede kind, ’n seun, dien Jehovah al amper 20 jaar lank voltyds. Hy en sy vrou dien op die oomblik in die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Brasilië. Die jongste seun is ’n gemeentelike ouere man en lei nou sy seun in die weg van geregtigheid op.

Maar wat van die huurlinge? Oor die jare heen het ’n dosyn jong seuns en meisies vir die gesin gewerk. Onder die meisies het Ester gou die waarheid aangeneem, en sy verkondig die goeie nuus vandag nog getrou saam met haar man en kinders. Haar oudste dogter was meer as tien jaar lank ’n spesiale pionier. Vitalina was ’n ywerige Katoliek toe sy vir die gesin begin werk het. Later het sy erken: “Hulle het baie hard aan my gearbei, maar nou is ek baie gelukkig in Jehovah se diens. Ek is al meer as tien jaar lank ’n spesiale pionier.” Marta het ’n ruk lank in die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Rio de Janeiro gedien. Nou is sy en haar man besig om hulle eie kinders op te lei om Jehovah te dien. Twee ander meisies, Nelci en Sueli, het ook die waarheid aangeneem en dien Jehovah nog steeds getrou.

En die seuns? Rudibert en Pedro dien vandag albei as ouere manne in hulle onderskeie gemeentes. Abrilino en sy gesin is ook getroue knegte van Jehovah.

As al die lede van die gesinne bymekaar getel word, is daar vandag ’n groep van 40 gelukkige lowers van Jehovah, waarvan baie in die voltydse bediening is. Watter puik reputasie van Christelike geloof en standvastigheid! En alles die gevolg van ’n hartlike, gelukkige gesinsverhouding en die getroue benutting van die dagteks en kommentaar. Hierdie gesin het inderdaad gevind dat geestelike brood wat mildelik op die water uitgewerp word, weer “ná verloop van baie dae” gevind word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel