Pioniers van die 20ste eeu
DIE woord “pionier” is rondom die wêreld bekend. Dit slaan dikwels op ’n persoon wat eerste is om hom in ’n sekere gebied te vestig en wat die weg vir ander baan. Die baanbrekerswerk van pioniers van die verlede het ’n groot diens aan latere geslagte gelewer.
Is daar steeds nuwe gebiede wat verken moet word? Ja. Nie in die buitenste ruimte nie, maar reg hier op aarde. Ons het pioniers nodig wat ’n weg kan baan uit die teenswoordige morele, ekonomiese en politieke moeras waarin die mens deur sy eie toedoen beland het. ’n Klein groepie toegewyde mense wys die weg al meer as ’n honderd jaar aan. Hulle is die ware pioniers van die 20ste eeu.
Jehovah se Getuies gebruik die Bybel as hulle padvinder (Psalm 119:105). God se geskrewe Woord lei hulle na sy Koninkryk as die enigste middel om die netelige probleme op te los waarin menseheersers vasgeval het. Daar sal nie alleen van die teenswoordige benoudheid ontslae geraak word nie, maar Jehovah se goeie beloftes gaan verder. Dit vertel van ’n paradysaarde (Openbaring 21:1-4). Dit is deur middel van God se hemelse regering, met Christus Jesus as Koning, dat hierdie beloftes vervul sal word. Jesaja 9:6 sê: “Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.”
Soos die vroeë pioniers, wat bestaan het uit manne, vroue en kinders wat hulle in ’n nuwe land gaan vestig het, neem Jehovah se Getuies van alle ouderdomme en albei geslagte deel aan die verkondiging van die goeie nuus in die Bybel. Onder hulle is daar egter diegene wat vrywillig die leiding gee deur van 60 tot 140 uur per maand aan die evangelisasiewerk te wy. Hierdie voltydse predikers word gepas pioniers genoem.a
Is hierdie soort pionierdiens vir jou die beste? Of verkies jy ’n ander soort 20ste-eeuse pioniersarbeid?
Nie alle pioniersarbeid verskaf voldoening nie
Persone wat die weg baan vir ’n nuwe tegnologiese metode of ’n vars denkrigting is ook pioniers. Maar pioniersarbeid op sekulêre gebied kan dikwels tot frustrasie en bitterheid lei. Hier is ’n paar van die bekender voorbeelde.
’n Pionier in die staalnywerheid, Andrew Carnegie, word al lank deur baie bewonder. Hy was een van die rykste manne van sy dag. As ’n filantroop het hy miljoene weggegee. Was hy gelukkig? Toe ’n verslaggewer eenkeer vir mnr. Carnegie gesê het hoe hy hom beny, was die verslaggewer verbaas oor sy antwoord: “Ek moet nie beny word nie. Hoe kan my rykdom my help? Ek is sestig jaar oud en kan nie my voedsel verteer nie. Ek sal al my miljoene gee as ek jeug en gesondheid kon hê.” Toe het hy bitter bygevoeg: “Ek sal met graagte enigiets verkoop om my lewe weer oor te hê.”
Nog ’n multimiljoenêr, J. Paul Getty, ’n oliemagnaat, het hierdie gedagte herhaal toe hy gesê het: “Geld hou nie noodwendig verband met geluk nie. Miskien met ongelukkigheid.”
Wat van ’n pionierloopbaan op die gebied van die wetenskap? Luister na wat een van die mees gerespekteerde wetenskaplikes en pioniers op die gebied van kernfisika, Albert Einstein, eenkeer oor die hedendaagse wetenskap gesê het: “In oorlogstyd help dit ons om mekaar te vergif en te vermink. In vredestyd het dit ons lewens gejaagd en onseker gemaak. . . . Dit het mense die slawe van masjinerie gemaak wat oor die algemeen hulle vervelige, lang dag se werk met misnoeë voltooi.” En in ’n brief aan ’n vriend het Einstein sy bitterheid uitgespreek omdat sy kennis van die atoom gebruik is om die atoombom te maak.
Sou ’n politieke loopbaan lonender wees? Al het ons vroeër gelewe toe die samelewing minder ingewikkeld was, sou pioniersarbeid in die politieke arena nie genoegdoening verseker nie. Abraham Lincoln is byvoorbeeld een van die beroemdste politici. Hy het as president in die nasie se hoofstad gedien. Maar nadat hy deur ’n sluipmoordenaar om die lewe gebring is, het sy seun Tad van hom gesê: “Hy was nooit gelukkig nadat hy hiernatoe gekom het nie. Dit was nie ’n goeie plek vir hom nie.”
Nie ’rykdom, wêreldlike kennis of roem kan genoegdoening verseker nie. Baie droom daarvan om ’n nuwe weg op die terrein van sake, sport, vermaak, die politiek of die wetenskap te baan. Hulle jaag hulle droom na, en as en wanneer dit verwesenlik word, sê hulle teleurgesteld: ‘Is dit al wat daar is?’
Pionierdiens wat voldoening verskaf
Ander het op ’n ander loopbaan besluit—die voltydse predikingswerk. Dit is ’n ware aansporing om te sien wat hierdie pioniers uitgerig het en hoe hulle omtrent hulle werk voel.
In 1923 is ’n man, sy vrou en hulle kind versoek om van Trinidad na Sierra Leone te verhuis. Waarom? Om die predikingswerk in Wes-Afrika aan te voor. W. R. Brown en sy gesin het ingestem. Kort na hulle aankoms is ’n saal vir ’n Bybeltoespraak gehuur. Dit was stampvol; honderde moes weggewys word. Die volgende Sondag is nog ’n toespraak gehou: “Hel toe en terug—Wie is daar?” Weer eens ’n stampvol saal—die mense het na Bybelwaarhede gehonger. En die Browns was daar om hulle geestelik te voed en die weg te baan vir ander Bybelonderrigters.
In 1930 het die Browns na Nigerië gegaan om die predikingswerk in daardie land te organiseer. In die volgende 17 jaar het hulle gesien hoedat die getal gemeentes in Nigerië van nul tot 165 toegeneem het. Hulle het ook ander lande soos Ghana, Liberië en Gambia besoek en Bybellesings daar gehou. Hy was later deur die hele Wes-Afrika bekend as Bible Brown. Vandag is daar meer as 131 000 Getuies in hierdie deel van Afrika.
Iets wat egter belangriker as syfers is, is die uitwerking wat hierdie Bybelonderrigtingswerk, wat deur W. R. Brown en sy vrou aangevoor is, op mense se lewens gehad het. Dr. Azikiwe, die goewerneur-generaal van Nigerië in 1960, het gesê: “Ek ken mnr. en mev. Brown al omtrent dertig jaar lank, en hulle het ’n groot bydrae gelewer tot die geestelike opbouing van ons volk in Nigerië . . . As al die kerkgenootskappe soos Jehovah se Getuies was, sou ons geen moorde, inbrake, misdade, gevangenes en atoombomme hê nie. Deure sou dag na dag nie gesluit word nie.”
Hoe het W. R. “Bible” Brown na 53 jaar as ’n pionierprediker gevoel? Hy het gesê: “Hoe verblydend is dit tog om te sien dat manne en vroue gehoorsaam word aan die goeie nuus van God se Koninkryk! . . . Ek het die pionierdiens lief. Dit is een van die grootste voorregte wat ’n menseskepsel kan geniet, naamlik om ’n ambassadeur van Jehovah te wees!” Het jy ook die pionierdiens lief?
Kathe B. Palm het in 1931 met haar loopbaan in die voltydse predikingswerk begin. Sy het 46 van daardie jare in Chili, Suid-Amerika, deurgebring waar sy van een kant van die land tot die ander getuig het. Sy sê van haar loopbaan as pionier: “Geen ander werk kon my soveel voldoening verskaf of so geestelik lonend wees nie . . . Ek ervaar ’n gevoel van innige tevredenheid wanneer ek sien dat so baie mense saam met wie ek Bybelstudies gehou het die goeie nuus verkondig en ander help om na die water van die lewe te kom. Ek het hulle genooi om die waters van die waarheid te drink, en nou nooi hulle ander.” Toe sy in 1936 begin het, was daar slegs 50 bedrywige Getuies in die hele Chili. Nou is daar meer as 18 000. Het jy al die voldoening en geestelike beloning van die pionierdiens gesmaak?
In 1967 het Malinda Z. Keefer gesê: “My geluk spruit hoofsaaklik voort uit die feit dat ek my meer as 50 jaar gelede as ’n vrywilliger in die voltydse diens aangebied het.” Vandag is sy al meer as 75 jaar lank ’n pionier! Omdat sy nie tevrede was om net op Sondagoggende van huis tot huis te getuig nie, het sy in Junie 1907 vir broer Russel, die Wagtoringgenootskap se president, vertel van haar begeerte om die voltydse diens te betree. Sy het egter getwyfel of sy genoeg kennis het. Broer Russel het vir haar gesê: “As jy wil wag totdat jy alles weet, sal jy nooit begin nie, maar jy sal algaande leer.” Die volgende maand het sy met haar pionierloopbaan begin wat haar na 15 state in die Verenigde State geneem het. Malinda, nou in haar 100ste lewensjaar, is nog ’n bedrywige pionier.
Die hulppionierdiens is ’n goeie trapklip om van die pionierdiens ’n loopbaan te maak. Dit kan ’n aangename ondervinding wees om slegs 60 uur per maand te preek. Jehovah nooi ons om te “smaak en sien” dat dit goed is om hom te aanbid (Psalm 34:9). Hierdie vorm van pionierdiens sal jou ’n “voorsmakie” gee van die voltydse predikings- en onderrigtingswerk. As jy die pionierdiens nog nooit op hierdie wyse gesmaak het nie, het jy nog nie ontdek hoe aangenaam en bevredigend voltydse evangelisasiewerk kan wees nie.
Het jy jou loopbaan ernstig oorweeg? Kan jy ook hierdie wonderlike erfenis, die pionierdiens, aanvaar? Gaan jy by die toenemende geledere van die voltydse predikers aansluit en ’n pionier
[Voetnoot]
a Kyk Webster’s Third New International Dictionary, bladsy 1721.