Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 8/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Engele—Beïnvloed hulle jou lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Die engele—“Geeste vir openbare diens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Geesskepsele—Hoe hulle ons lewe raak
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Hoe engele jou kan help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 8/15 bl. 31

Vrae van lesers

♦ Waarom haal “Die Wagtoring” in die laaste jare nie meer uit die vertaling van die voormalige Katolieke priester, Johannes Greber, aan nie?

Hierdie vertaling is nou en dan gebruik om die weergawes van Mattheüs 27:52, 53 en Johannes 1:1 in die “New World Translation” en ander gesaghebbende Bybelvertalings te steun. Maar soos getoon word in die voorwoord van die 1980-uitgawe van “The New Testament” deur Johannes Greber, het hierdie vertaler op “God se geesteryk” staatgemaak om vir hom te toon hoe hy moeilike gedeeltes moet vertaal. Dit sê: “Sy vrou, ’n medium van God se geesteryk, was dikwels behulpsaam om die regte antwoorde van God se boodskappers na pastoor Greber oor te dra.” “Die Wagtoring” beskou dit as onvanpas om ’n vertaling te gebruik wat sulke noue bande met spiritisme het (Deuteronomium 18:10-12). Die geleerdheid wat die grondslag vorm vir die weergawe van die gemelde tekste in die “New World Translation” is gesond en daarom is dit glad nie van Greber se vertaling afhanklik vir gesag nie. Ons verloor dus niks deur nie meer sy “New Testament” te gebruik nie.

♦ Wat bedoel Hebreërs 1:7 (NW) wanneer dit sê: “[God] maak sy engele geeste en sy openbare dienaars ’n vuurvlam”?

Die apostel Paulus het hierdie verklaring in Hebreërs 1:7 gedoen toe hy ’n teenstelling getref het tussen die engele en God se Seun. Hy het Psalm 104:4 (vgl. NW) aangehaal.

Aangesien alle engele geesskepsele sonder vleeslike liggame is, blyk dit dat dit nie na engele se organisme verwys wanneer dit sê God “maak sy engele geeste” nie. Om dit te verstaan, moet ’n mens eerder die fundamentele betekenis van “gees” ken. Die oorspronklike woorde wat as “gees” vertaal word (Hebreeus, ruahh; Grieks, pneuma) het die basiese betekenis van “om asem te haal of te blaas”. Dit kan weergegee word met “wind” of “werkende krag”, afhangende van die verband. Die gedagte van Hebreërs 1:7 en Psalm 104:4 is klaarblyklik dat God sy onsigbare engele geesmagte of sterk kragte in sy diens maak. Hy kan hulle ook as “’n vuurvlam” of “’n verterende vuur” gebruik wanneer hy hulle gebruik om sy vurige oordele te voltrek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel