Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 4/1 bl. 3-4
  • Watter soort musiek verkies jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter soort musiek verkies jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer het musiekinstrumente ontwikkel?
  • Hedendaagse musiek
  • Hoe kan ek musiek op sy plek hou?
    Ontwaak!—1993
  • Koning Dawid en musiek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Musiek—Jehovah se genotvolle gawe aan ons
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Musiek—Kan dit gevaar inhou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 4/1 bl. 3-4

Watter soort musiek verkies jy?

’N OU Spaanse spreekwoord sê: ‘Almal weet iets van musiek en medisyne af.’ Ja, feitlik almal kan ’n deuntjie neurie, sing of fluit. Musiek en waardering daarvoor tel inderdaad onder die mensdom se natuurlike gawes. Die digter Longfellow het selfs gesê: “Musiek is die universele taal van die mensdom.”

Die mens is immers van sy skepping af omring deur musiek! Wie het nog nie die pragtige lied van ’n voël gehoor nie? Ons kan ons tereg verwonder oor die stroom verskillende note wat uit die keeltjie van ’n kanarie borrel. Of ons kan aangegryp word deur die veelsydigheid van die spotvoël, die eenvoudige roep van die koekoek of die gekweel van ander pragtige, geveerde sangvoëls.

Selfs babas reageer met waardering op hulle gunstelingwiegelied. Trouens, daar is onlangs getoon dat menslike fetusse op musiek reageer. Hulle toon hulle gemak of ongerief as gevolg van die klanke wat hulle hoor deur hulle bewegings.

Wanneer het musiekinstrumente ontwikkel?

Dit is nie vir wêreldlike deskundiges maklik om daardie vraag te beantwoord nie. Die Encyclopœdia Britannica sê: “Die grootste ontwikkeling van musiekinstrumente onder antieke, gevorderde beskawings het skynbaar in Asië en Noord-Afrika plaasgevind . . . “Die harp word van die vroegste tye af in Mesopotamië [en] Egipte gebruik.”

Die Bybel is egter spesifiek wanneer dit sê dat Jubal, ’n vroeë afstammeling van die eerste man. Adam, “die vader [was] van almal wat op siters en fluite speel” (Genesis 4:21). Hy het òf self die eerste stryk- en blaasinstrument uitgevind òf hy was die stigter van ’n professie wat ’n stoot gegee het aan die vordering van musiek—en dit nogal nagenoeg 5 000 jaar gelede!

Na die Vloed van Noag se dag was musiek ’n aanvaarde deel van patriargale lewe. Laban het byvoorbeeld vir sy skoonseun Jakob gevra: “Waarom het jy stilletjies gevlug en . . . my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?”—Genesis 31:27.

By God se tempel was daar eeue later “vierduisend [Levitiese] lofsangers tot eer van die Here met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing” (1 Kronieke 23:5). Israel se koning Dawid was self ’n begaafde musikus wat die tiensnarige harp bespeel het, en hy het moontlik nuwe musiekinstrumente ontwerp.—Psalm 144:9; 2 Kronieke 7:6; 29:26, 27; Amos 6:5.

Hedendaagse musiek

Daar is vandag moontlik meer musiek as ooit tevore. En daar is ’n oorvloed daarvan oor die radio en die televisie, asook op plate en kassette. En watter geweldige verskeidenheid bestaan daar tog! Daar is volks-, koor-, klassieke en operamusiek, jazz, “country and western”, “rythm and blues”, diskomusiek, vorme van “rock”-musiek—dit lyk of die lys eindeloos is en voortdurend verander. Sodra een gewilde soort wegsterf, neem ’n ander soort die plek daarvan in.

Watter soort musiek verkies jy? Maak dit werklik saak wat jy verkies? Kan dit jou lewensbeskouing beïnvloed en jou toekoms raak?

[Prent op bladsy 3]

Musiekinstrumente—soos hulle ontwikkel het

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel