Jy kan vir ewig lewe!
’n Waarderende leseres het die volgende geskryf aangaande die nuwe boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe wat vol “lewensonderhoudende waarhede” is.
As ’n voltydse Christenevangelis wat ’n aantal Bybelstudies met gesinne hou, het sy gesê: “Hierdie nuwe boek is die oplossing! Dit is eenvoudig genoeg sodat kinders die waarheid kan begryp en duidelik genoeg sodat ouers hulle besluit kan neem. Dit is raak en saaklik. Dit draai nie doekies om nie! Dit gee die ‘Waarheid’ weer soos dit werklik is. Dit bevat al die fynere punte wat nodig is om die harte van regskape individue te bereik. Dit is asof al die Genootskap se lektuur in een bundeltjie gesit is.”
Jy sal ook opgewonde wees wanneer jy hierdie maklike, nuwe boek wat vir Bybelstudie geskryf is, oopslaan. Die 256 bladsye, wat net so groot soos hierdie tydskrif se bladsye is, maar waarvan die druk groter is, bevat nagenoeg 150 pragtige prente, waarvan die meeste vierkleurig is. Dit is puik leerhulpe wat help om belangrike gedagtes by die leser tuis te bring. Bestel jou eksemplaar deur die koepon hieronder in te vul en te pos.
Stuur asseblief die gebonde boek met 256 bladsye, Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe, posvry aan my. Ek sluit R3,00 in.