Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 3/15 bl. 8-9
  • Waar staan jy ten opsigte van die Koninkryksgeskil?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar staan jy ten opsigte van die Koninkryksgeskil?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die verwydering van menslike koninkryke
  • Heerskappy deur die mens of deur God?
  • Na vore met die Koninkryksgeskil!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Wanneer sal die voorspelde wêreldvernietiging kom?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Wat 1914 vir jou kan beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • God se koninkryk heers
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 3/15 bl. 8-9

Waar staan jy ten opsigte van die Koninkryksgeskil?

WAT beteken die woord “geskil” hier? Dit is ’n omstrede punt tussen twee of drie persone of groepe wat besleg moet word deur ’n gesaghebbende beslissing of deur ’n oortuigende vertoning. Die huidige geskil raak die hele wêreld. Dit staan in verband met die koninkryk van God in die hande van sy aangestelde heerser, Jesus Christus. Die profesie van daardie aangestelde heerser word die afgelope 64 jaar, sedert die naoorlogse jaar 1919, in 205 lande deur Jehovah se Getuies vervul: “Hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”—Mattheüs 24:14.

Wat was die gevolg? Dit: Al die heerskappye op aarde was verplig om die geskil onder die oë te sien, of hulle nou daarvan gehou het of nie. Teen hierdie tyd is dit baie duidelik dat hulle nie daarvan gehou het nie. Ons lewe nou as ’t ware in die skemer van die koninkryke van die aarde. As gevolg van twee wêreldoorloë is talle aardse koninkryke omvergewerp en vervang deur ander regeringsvorms—deur republieke of deur sosialistiese diktatorskappe of ander soorte outoritêre regerings. Daar bestaan vandag nog ten minste 15 koninkryke, onder meer die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland, die koninkryk van Jordanië, die koninkryk van Nepal in Asië, die koninkryk van Tonga in die Stille Suidsee en die koninkryk van Swaziland in Afrika.

Die verwydering van menslike koninkryke

Alle menslike koninkryke staar algehele uitwissing in die gesig, nie net omdat koninkryke ’n regeringsvorm is wat in die minderheid is nie, maar omdat alle vorms van menseregering verwyder gaan word om plek te maak vir ’n wêreldregering wat nie deur mense opgerig is nie. Die profesie in Daniël 2:44 van meer as 2 580 jaar gelede sê: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.” Die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het, het nie uitgeloop op die vervulling van daardie bemoedigende profesie van Daniël nie, maar dit het aangedui dat die God van die hemel sy gekose Koning op ’n hemelse troon geplaas het met die mag om daardie profesie gou te vervul.

Alle aardse regerings staar vandag ook selfvernietiging in die gesig, vernietiging deur hoogs ontwikkelde wetenskaplike wapens. Goed ingeligte kommentators oor wêreldaangeleenthede waarsku ons almal dat dit ’n groot moontlikheid is. Hulle besef dat ons lewe in wat die Bybel “die tyd van die einde” of “die laaste dae” noem (Daniël 12:4; 2 Timotheüs 3:1, 2). Die nasies huiwer om met ’n derde wêreldoorlog te begin omdat hulle weet wat dit vir hulle almal sal beteken—wedersydse uitwissing. Hulle wil graag ’n toedrag van sake skep waar hulle met vertroue kan uitroep: “Vrede en veiligheid” (1 Thessalonicense 5:3). Wanneer hulle binnekort daardie aankondiging maak, sal dit nie vrede met die God van die hemel beteken nie. Nee, want sedert 1914 voer die nasies oorlog teen hom. Hulle tree strydig op met sy goeie voornemes met die mensdom. Met God se toelating het hulle deur die mensegeskiedenis heen getoon dat hulle nie oor die aarde kan heers met blywende voordele vir die mensdom nie, laat staan nog tot eer van God.

Die almagtige God het sy bestemde tyd wanneer hy eens en vir altyd ’n einde aan die onbevredigende stelsel gaan maak. Presies op Sy tyd sal hy hierdie stelsel wegdoen. Jehovah se Getuies het die nasies hiervan verwittig. Hulle het dus geen verskoning nie.

Heerskappy deur die mens of deur God?

Die nasies, dit wil sê, hulle regering het duidelik getoon waar hulle staan ten opsigte van die geskil oor God se koninkryk in die hande van Christus. Hulle het vir heerskappy deur die mens en téén heerskappy deur God gestem. Die posisie waarin hulle volhard, is ’n standpunt teen die regering van Jehovah God en sy Christus. Dit is ten gunste van Satan die Duiwel, die onsigbare “owerste van hierdie wêreld”, volgens wat Jesus vir apostels gesê het: “Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.”—Johannes 14:30; kyk ook Mattheüs 4:8-11; 2 Korinthiërs 4:4

Aangesien die nasies hulle keuse gedoen het en daarby bly, moet elke individu self die beslissende vraag beantwoord: Waar staan ek ten opsigte van die Koninkryksgeskil? Ons kan nie ’n besluit oor hierdie kardinale wêreldgeskil ontduik nie. As ons dit ignoreer, sal dit ons nie van die gevolge vrywaar nie. ’n Persoon kan nie neutraal wees nie. Ons word verplig om ons standpunt òf vir die koninkryk van God òf daarteen in te neem.

Die oorgrote meerderheid mense wat vandag lewe, het nie in daardie veelbewoë jaar 1914 gelewe nie. Hulle kan dus nie al die merkwaardige gebeurtenisse wat sedertdien plaasgevind het, herroep omdat hulle dit self ervaar en gesien het nie. Die “teken” van die “voleinding van die wêreld” wat Jesus Christus voorspel het, het nietemin sigbaar geword en bly vir al die nasies en volke sigbaar. Hulle ondervind almal die gevolge van daardie “teken”. Ons hoef maar net te lees wat Jesus Christus volgens die verslag in Mattheüs hoofstuk 24 en 25, Markus hoofstuk 13 Lukas hoofstuk 21 voorspel het om te sien dat oorloë, hongersnode, pessiektes, aardbewings, die vervolging van sy volgelinge, volgehoue benoudheid van nasies in hulle radeloosheid en die moedige verkondiging van die “evangelie” van die Koninkryk “in die hele wêreld tot ’n getuienis die nasies” reg tot aan die einde van hierdie smartlike stelsel voorspel het.

Gedurende die eerste eeu van ons Gewone Jaartelling het die ware Christene natuurlik die evangelie van die komende Koninkryk in ’n groot mate in Asië, Afrika en Europa verkondig. Dit was lank voor die Europeërs die vastelande van Noord- en Suid-Amerika en Australië en talle eilande in die Atlantiese en Stille Oseaan van die 15de eeu af aan ontdek het. Sendelinge is na die pasontdekte gebiede gestuur. Meer onlangs is Bybelgenootskappe gestig wat die Bybel wyd en syd in baie tale versprei het. Maar die sendelinge en geestelikes van die Christendom het nie die boodskap van die Koninkryk verkondig nie, ten minste nie in so ’n vorm dat die koninkryk van Jehovah God in die hande van Jesus Christus ’n wêreldwye geskil gemaak is nie. Dit was nie die soort predikingswerk wat die Koninkryksverkondiging ’n deel van “die teken” van die “voleinding van die wêreld” sou maak nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel