Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 8/15 bl. 3-4
  • Wat word van ons jongmense?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat word van ons jongmense?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jongmense se reaksie
  • Kan iets daaromtrent gedoen word?
  • Wat gebeur met jongmense?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Hoe jou jeug suksesvol kan wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Selfmoord—’n plaag onder jongmense
    Ontwaak!—1998
  • Hedendaagse jongmense—’n wêreldbeeld
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 8/15 bl. 3-4

Wat word van ons jongmense?

Hulle is al die “verlore geslag” die “beroofde geslag” die “besitlike geslag” die “geslag wat uitstel” en die “toekomslose kinders” genoem. Wie is dit? Vandag se tienderjariges. Wat doen hulle om sulke name te verdien, en waarom?

DIT is nie buitengewoon dat jongmense optree op ’n wyse wat ouer persone nie verstaan nie. Dwarsdeur die geskiedenis was dit dikwels die geval. Maar vandag se jongmense is skynbaar anders as die jeug van die verlede. Volwassenes kla dat idealisme, verhewe beginsels, optimisme en hoop—eienskappe wat gewoonlik met jongmense geassosieer is—by baie van die tienderjariges gesterf het. Dit lyk of hulle hulle geloof in die toekoms verloor het.

Maar behoort dit ons te verbaas? Hoeveel volwassenes het geloof in die toekoms? Wie kan vol vertroue wees in die lig van die onsekerheid wat veroorsaak word deur inflasie, die kernwapenwedloop, die toename in besoedeling, die toenemende dweepsug in wêreldpolitiek en die ongelooflike toename in hongersnood, misdadigheid en algemene amoraliteit dwarsoor die wêreld? Die meeste van ons het waarskynlik ons vertroue in hierdie stelsel verloor. Kan ons dan die jongmense blameer?

Sir Mark Oliphant, ’n kernfisikus, het gesê: “Die jongmense is nie gekke nie. Hulle neem die boosheid in die lug waar selfs al begryp hulle dit nie. Hulle voel gegrief oor hulle onsekere ekonomiese toekoms en die probleme wat die huidige geslag aan hulle nalaat. Hulle meen dat hulle opleiding nie met hulle behoeftes verband hou nie, want dit waarborg hulle niks—nie ’n betrekking of ’n bevredigende kultuur nie.” Daarop het hy sy eie gebrek aan geloof in die toekoms verraai toe hy gewaarsku het: “Dit word duidelik dat tensy menslike waardes dié van die markplein vervang, die beskawing soos ons dit ken ineen kan stort onder die las van dieselfde kennis waardeur dit in aansyn gekom het.”

Ja, as vandag se tienderjariges moet lewe met die toekoms wat volwassenes vir hulle skep, is hulle in ’n onbenydenswaardige situasie. Hoe reageer hulle daarop?

Jongmense se reaksie

Party gaan tot uiterstes en sak uit die stelsel uit. Hulle raak deurmekaar met eksentrieke godsdienssektes, of word hippies. Of hulle raak verslaaf aan dwelmmiddels en alkohol. Onlangse vernietigende oproere deur jongmense in Duitsland, Nederland, Switserland en Engeland het verdere blyke van hulle ontevredenheid gegee. Die tragiesste is diegene wat selfmoord pleeg om aan die druk van die hede of die onsekerheid van die toekoms te ontkom. In die Verenigde State het verslae getoon dat selfmoord die tweede algemeenste doodsoorsaak onder tienderjariges is.

Ander ontwikkel ’n “kry-dit-nou”-filosofie. ’n Vyftienjarige in Australië het gesê: “Die jongmense in ons skool kan nie sien hoe die stelsel langer as 10 jaar kan duur nie . . . As jy iets in die lewe wil doen, moet jy dit gou doen.” Dit bring mee dat party verpligtinge uitstel, weier om kinders te hê of selfs te trou om nie ekonomies “verstrik” te raak en “hulle vryheid te verloor” nie. Hulle eis tyd vir ‘persoonlike ontwikkeling’ en meer ontspanning, en vermy enige lewenswyse wat vereis dat hulle langtermyndoelwitte moet stel en bereik.

Dan is daar die benadering van die studente aan Oxford-Universiteit in Engeland met wie daar onderhoude gevoer is. Hulle het erken dat hulle geen sterk idealisme het nie. Hulle sien korrupsie in alle stelsels—hetsy kapitalisties, Kommunisties of sosialisties. Omdat hulle geen alternatief het nie, besluit hulle sinies om die stelsel waarin hulle lewe ten beste te benut. ‘Aangesien jy nie die wêreld kan verander nie, kan jy dit net sowel gebruik’, is hulle gesindheid.

Rubriekskrywer Graham Turner het gesê: “Toe ek in 1950 na Oxford gegaan het, was daar baie Geloof . . . nou . . . is Oxford ’n begraafplaas van verpletterde drome en gevalle gode. Waar enigiets vyf jaar gelede moontlik gelyk het, verwag selfs die optimiste nou agteruitgang.”

Kan iets daaromtrent gedoen word?

Kan jy begryp waarom soveel jongmense soos ’n “verlore geslag” optree? Is jy ’n ouer met tienderjarige kinders? Weet jy hoe om hulle in hierdie moeilike tye te help? Jy is miskien self ’n tiener. Het jy dan ’n lewenswyse in ’n verbrokkelende stelsel gevind sonder om sinies of ontnugter te raak? Is daar nog plek vir idealisme en hoop? Die volgende artikel sal jou help om hierdie vrae te beantwoord.

[Venster op bladsy 4]

Algemene hedendaagse gesindhede en waardes

Rubriekskrywer William Shannon het geskryf oor die gesindhede en waardes wat die wêreld jongmense aanspoor om te huldig, en die gevolge daarvan:

“Die Nuwe Gekunsteldheid het vereis dat kinders al hoe vroeër met dagga, strawwe dwelmmiddels, sterk drank en seks kennis maak. . . . Meisies van 13 en 14 wat weier om geslagsomgang te hê, word daarvan beskuldig dat hulle ‘kil’ is. Seuns van dieselfde ouderdom wat weier om dagga te rook of sterk drank te drink, word as lafaards uitgekryt. . . .

“Die bose gevolge daarvan kan vandag gesien word in die aaklige selfmoordstatistiek, wat toon dat selfmoord nou die tweede grootste doodsoorsaak onder persone tussen die ouderdom van 13 en 24 is en twee keer meer voorkom as ’n dekade gelede. Dit kan ook gesien word in gevalle van veneriese siekte, dwelmverslawing en alkoholisme onder jongmense wat die hoogte inskiet.”—Detroit se Free Press.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel