Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 6/15 bl. 13
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “’n Natuurlike mediese hulpbron”
  • “Oorverdowende stilswye” oor oorlog
  • Die kobra se “oor”
  • Wat sê die Bybel oor kernoorlog?
    Nog onderwerpe
  • Wie kan blywende vrede bring?
    Ontwaak!—1996
  • Uiteindelik ’n veilige toekoms!
    Ontwaak!—1999
  • Sal die goeie ooit boosheid oorwin?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 6/15 bl. 13

Insig in die nuus

“’n Natuurlike mediese hulpbron”

ln ’n onlangse artikel oor ‘kunsbloed’ verwys New York se Times na ’n vloeistof wat “die belofte van ’n belangrike bydrae tot terapie en navorsing inhou”. Die verslag sê dat Fluosol-DA, wat in Japan ontwikkel is, moontlik eerlank daar vir menslike gebruik goedgekeur sal word, “sodat daardie land die eerste in die wêreld sal wees wat dit doen”. Volgens die V.S.A. se Voedsel-en-Drogeryadministrasie (FDA), word kliniese eksperimente nou vir ’n aantal Amerikaanse hospitale beplan.

Dit is interessant dat die artikel ook meld dat die bloedsurrogaat “party dinge moontlik beter as bloed kan doen en uiteindelik ’n onmisbare rol kan vervul in aspekte van die geneeskunde soos noodhulp na ongelukke, kankerdiagnose en -terapie, en die behandeling van koolmonoksied- en ander soorte vergiftiging”.

“Die uitbreiding van die Amerikaanse eksperimente plaas die 590 000 Jehovahsgetuies in hierdie land in die unieke posisie om as ’n natuurlike mediese hulpbron te dien” het die Times gesê. “Omdat die F.D.A. sulke eksperimente beperk het tot pasiënte wat aan akute bloedarmoede ly en wat ’n opsionele operasie moet ondergaan, maar wat weier om bloedoortappings te aanvaar, sal die meeste pasiënte in die nuwe studies waarskynlik Jehovahsgetuies wees.”

Die Bybelse standpunt van Jehovah se Getuies oor bloed het al dikwels vir hulle gesondheidsvoordele meegebring. Nou lyk dit asof dit ook voordele vir baie ander gaan meebring.—Handelinge 15:28, 29.

“Oorverdowende stilswye” oor oorlog

“Die afgelope weke is daar melding gemaak van die oorverdowende stilswye van die kerke te midde van ernstige wêreldkrisisse, veral die wapenwedloop en die bedreiging van kernoorlog” het die Verenigde Kerk van Kanada se tydskrif The Observer gesê. Die skrywer het erken: “Die Verenigde Kerk van Kanada, my kerk, is ook skuldig hieraan.” Die redes wat hy hiervoor aangevoer het, het die volgende ingesluit:

“Die kerke is die gevangene van die oorlogstelsel. . . . Hulle aanvaar oorlogvoering omdat hulle, en baie van hulle lidmate, daardeur bevoordeel word as gevolg van hulle beleggings, en huiwer om hulle van die ekonomiese voorreg en mag te disassosieer. Die kerke dien Mammon in plaas van God. Daar is min verskil tussen kerkgangers en nie-kerkgangers se gesindhede teenoor oorlog. Die meeste kerkgangers is deel van die hoofstroom van die samelewing en aanvaar oorlog as ’n normale instrument van openbare beleid, iets wat nie bevraagteken moet word nie. . . .

“Ek is bevrees dat die kerk die swye oor die bedreiging van kernoorlog sal bewaar totdat lidmate hulle betrokkenheid in individuele en korporatiewe sonde teen die mensdom vierkant onder die oë sien, alle oorlogvoering verwerp, hulle losmaak van ’n ekonomiese stelsel wat oorlog en ongeregtigheid baar, en bereid is om die persoonlike en institusionele koste daarvan te dra.” Dit wat hierdie lidmate nie kon doen nie, het Jehovah se Getuies reeds hul lewenswyse gemaak omdat hulle ‘van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse, en nie meer leer om oorlog te voer nie’.—Jesaja 2:4.

Die kobra se “oor”

’n Bybelse uitdrukking wat poëties praat van ’n adder se “oor” is al dikwels in twyfel getrek (Psalm 58:5, 6, vgl. NTP). Maar die Duitse dierkundetydskrif Grzimeks Tier, Sielmanns Tierwelt (Grzimek se dier, Sielmann se dierewêreld) het ’n artikel gepubliseer wat hulle self erken “heeltemal teenstrydig” is met die mening “dat kobras doof is” en vra dan: “Wie het gelyk—die wetenskaplik aanvaarde mening of ons skrywer?”

Die skrywer vertel van ’n kobra wat op sy landgoed in Sri Lanka in ’n miershoop gewoon het. Hy het ’n slangbesweerder gevra om die wilde slang te vang en dit te laat dans. Die skrywer berig: “Nadat ek my gas daarvan verseker het dat daar ’n kobra in die miershoop is, het hy voor die miershoop gaan sit en op sy fluit begin speel. Na ’n lang ruk—ek het nie meer gedink dat iets sou gebeur nie—het die kobra sy kop etlike sentimeter uit die gat opgelig. Voordat die slang sy bek kon oopmaak, het die slangbesweerder oorgeleun en sy kop tussen sy duim en twee vingers vasgegryp.” Daarna het die Indiër die slang inderdaad laat dans. Ten minste in hierdie geval het die kobra werklik ‘na die stem van die besweerder geluister’.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel