Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 6/1 bl. 12-13
  • Wie alleen is lojaal?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie alleen is lojaal?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Lojaliteit waaraan?
  • “U alleen is lojaal”
    Kom nader aan Jehovah
  • Aanskou die lojales!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Bied die uitdaging van lojaliteit die hoof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Lojaliteit aan “die koninkryk van onse Heer en van sy Christus”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 6/1 bl. 12-13

Wie alleen is lojaal?

Die informasie in hierdie artikel en die twee daaropvolgende studieartikels is voorgelees op die eerste dag van die “Koninkrykslojaliteit”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies. Hierdie Christenbyeenkomste, wat gedurende die laaste helfte van 1981 en die eerste deel van 1982 dwarsdeur die noordelike en suidelike halfrond gehou is, is tot op hede deur 3 028 796 persone bygewoon, en 33 627 is gedoop. Dit is tydig om hierdie goeie geestelike voedsel te hersien terwyl voorbereidings getref word vir nog ’n ryk “feesmaal” by die komende “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste.

IN DIE ganse heelal is daar niemand wat meer lojaliteit openbaar as die Skepper self nie! Al sy intelligente skepsele kry die eienskap van hom af. Persone wat lojaliteit hoog op prys stel, kan hulle op Hom beroep om in tye van nood lojaliteit te betoon. Sonder om vermetel te wees het die dienaar van die aartsvader Abraham, die voorvader van konings, ’n beroep op Jehovah as die God van sy heer gedoen om sy lojale liefde te betoon (Genesis 24:14, NW). ’n Afstammeling van Abraham, naamlik Dawid, het uit eie ondervinding gespreek nog voordat hy koning oor Israel geword het en in ’n psalm aan Jehovah gesê: “Teenoor iemand wat lojaal is, sal u in lojaliteit handel” (2 Samuel 22:26, NW; Psalm 18:25, NW). Ook die profeet Moses, wat die hemelse Koning, Jehovah, in die nasie Israel verteenwoordig het, het lojaliteit by Jehovah God aangeprys toe hy die priesterlike stam van Levi soos volg geseën het:

“U Tummim en u Urim is vir die man [Levi], u [lojale dienaar], wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Meriba; wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle [die Leviete] het u woord bewaar en u verbond gehou.”—Deuteronomium 33:4, 5, 8, 9, vgl. NW.

Die profeet Moses sou sonder aarseling saamgesing het aan ’n lied wat meer as 1 600 jaar later geskryf is en die titel gehad het ‘Die lied van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam [Jesus Christus].’ Dit lui: “Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is [lojaal]; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.”—Openbaring 15:1-4, vgl. NW.

Die psalmis Dawid het dieselfde eienskappe aan Jehovah toegeskryf, want hy het geskryf: “Jehovah is regverdig in al sy weë en lojaal in al sy werke” (Psalm 145:17, NW). As die Opperregter sal Jehovah die saak verdedig van diegene wat hom aanbid en hom dien, net soos ’n engel aan hom gesê het: “U, wat is en wat was, die Lojale, is regverdig, omdat u hierdie vonnisse gevel het.”—Openbaring 16:4, 5, NW.

In die taal van die profeet Moses en die psalmis Dawid bevat die Hebreeuse woord vir “lojaliteit” wat ons hier bespreek die gedagte van goedheid, van goedertierenheid. Party Bybelvertalings verkies om die Hebreeuse woord (hhes’ed) as “goedertierenheid” te vertaal. Dit is ’n goeie manier om sake te beskou wanneer ons lojaliteit sien as ’n vriendelike daad, as iets wat dinge in ag neem wat nie oor die hoof gesien moet word nie, sodat lojaliteit nie iets ongevoeligs is wat net op wet of geregtigheid gebaseer is nie. Dit is ’n persoonlike eienskap wat deur liefde en waardering gemotiveer word.

Ons onthou hoedat ’n sekere heerser in die land Kanaän gesien het dat die ware God met Abraham was wat daar vertoef het, met die gevolg dat hy na Abraham gekom en gesê het: “Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde [lojale liefde] wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef (Genesis 21:22, 23, vgl. NW). Ons onthou ook hoedat Abraham later sy dienaar Eliëser gestuur het om ’n vrou vir sy geliefde seun Isak te kry. Hierdie dienaar het tot Jehovah God gebid en gesê: “Dan is sy dit [die vrou wat ek beskryf het] wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U [lojale liefde] aan my heer bewys het.”—Genesis 24:14, vgl. NW.

Lojaliteit waaraan?

Die aartsvader Abraham het gedoen wat hy gesweer het om vir daardie heerser in die land Kanaän te doen, en Jehovah God het gedoen wat Abraham se dienaar, Eliëser, hom in gebed versoek het om te doen, en hy het die regte vrou vir Isak voorsien. Maar veral waaraan is die allerhoogste God Jehovah lojaal? Dit is aan sy koninkryk, aan sy eie koningskap, want hy is tereg die Soewerein oor die ganse heelal wat hy geskep het. Hy kan nie sy eie posisie loën nie. Ter vervulling van sy onveranderlike verbond met Abraham het hy Koning oor Abraham se spesiale geslag afstammelinge, die nasie Israel, geword, veral toe God hulle uit slawerny in die land Egipte bevry het en hulle in 1467 v.G.J. in die Beloofde Land ingebring het. Driehonderd-en-vyftig jaar lank het Jehovah toe vir hulle sy sigbare verteenwoordigers in die vorm van rigters gegee tot in die dae van rigter Samuel. Toe sy moeder Hanna hom vir God se heilige diens by Sy heilige tabernakel in Silo aangebied het, het sy ’n profesie geuiter wat vooruitgewys het op ’n toekomstige sigbare koning oor die nasie Israel. Sy het gesê: “Die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.”—1 Samuel 2:10.

Gedurende die dae van rigter Samuel het die Israeliete om ’n ander vorm van regering gevra. Hulle het by rigter Samuel aangedring: “Gee ons ’n koning.” Nie alleen Samuel nie, maar ook Jehovah God was hieroor ontevrede. Hy het vir Samuel gesê: “Nie jou het hulle [as rigter] verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie” (1 Samuel 8:1-7). God het hulle toegelaat om ’n sigbare mensekoning, Saul die seun van Kis, te hê. God het egter nie van sy soewereiniteit oor hulle afstand gedoen nie. Ooreenkomstig die doel van sy verbond was God lojaal aan sy onsigbare, hemelse koningskap oor sy uitverkore volk. Hulle tweede mensekoning was die eertydse herder, Dawid, die seun van Isai van die Judese dorp Betlehem.

Hoe het lojaliteit gedurende Dawid se koningskap na vore gekom? Wat het dit afgebeeld? En hoe raak die geskil van lojaliteit ons vandag? Die volgende artikel sal hierdie vrae beantwoord.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel