Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 4/15 bl. 16-17
  • Goeie nuus oor ons vervolgde broers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goeie nuus oor ons vervolgde broers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gunstige verandering van gesindheid
  • Gemeenskapsprojekte en onderstandswerk
  • Getuies skep gunstige indruk
  • Deel 4—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Deel 5—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Liefde lei tot ’n hegter band van eenheid
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • ‘Die verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus’
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 4/15 bl. 16-17

Goeie nuus oor ons vervolgde broers

DIE Wagtoringgenootskap ontvang dikwels briewe van broers wat verneem na die welsyn van hulle mede-Christene in lande waar daar kwaai vervolging is. Hoe vaar hulle? Hou hulle lojaal aan om Jehovah te dien? Het hulle die nodige voedsel en klere?

Hierop antwoord ons: Verreweg die meerderheid van Jehovah se Getuies in hierdie lande staan vas in die geloof. Hulle maak lojaal van elke geleentheid gebruik om met ander oor die heerlikheid van Jehovah se koningskap te praat. En getrou aan sy belofte seën Jehovah hulle in hulle pogings om die lewensbenodigdhede te verkry.—Lukas 12:22-31.

Ongeag die mishandeling wat Jehovah se Getuies onder die heersers verduur, hou hulle altyd in gedagte wat die apostel Paulus vir sy metgesel Timotheüs geskryf het: “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid” (1 Timotheüs 2:1, 2). In ooreenstemming met sulke gebede probeer die Getuies gewetensgetrou om gehoorsaam te wees aan alle wette wat nie met God se gebooie bots nie. Hulle is veral ywerig vir die werk van God, naamlik, om vir ander te vertel van die goeie nuus oor sy koninkryk.

Gunstige verandering van gesindheid

Dit is goed om te sien dat sommige regerings in onlangse jare ’n verandering van gesindheid teenoor Jehovah se Getuies gehad het en na jare van owerheidsonderdrukking aan hulle wetlike erkenning en vryheid verleen het. Twee opmerklike voorbeelde is Spanje en Portugal, waar diktators die Getuies vroeër in die ban gedoen het. Toe die verbod in Spanje in 1970 opgehef is, was daar 11 000 Getuies in die land bedrywig. Nou, 11 jaar later, het daardie getal tot 48 000 aangegroei!

Hoe beskou die Spaanse owerheid nou die Getuies? ’n Onlangse ondervinding uit die stad Barcelona lig hulle houding toe. In ’n amptelike publikasie het die munisipaliteit die Getuies ingesluit in ’n onvoorwaardelike veroordeling van sekere beginsellose sektes wat tans daar werksaam is. Toe daar egter by die stadsowerheid appl aangeteken is, het hulle onmiddellik om verskoning gevra en op die voorblad van die volgende nommer ’n korreksie gepubliseer wat gelui het: “Ons wil dit duidelik stel dat die Stadsraad van Barcelona sowel as sy munisipale liggame die hoogste agting het vir hierdie Vereniging [Jehovah se Getuies].”

Die situasie in Portugal is ook merkwaardig. In 1962, toe ses Wagtoringsendelinge uit die land gesit is, was daar slegs 1 285 Getuies daar bedrywig. En nou is daar meer as 21 000 vir ’n bevolking van minder as 9 500 000, ’n verhouding van een Getuie tot elke 438 inwoners.

Ten spyte van die vryheid wat hulle in 1974 gekry het, kon die Getuies in Portugal nog nooit ’n kringbyeenkoms in ’n sekere suidelike stad hou nie. Danksy die tussenkoms van ’n liberaalgesinde burgemeester is toestemming verleen vir die gebruik van die deftige Munisipale Skouburg. Tydens die eerste raadsvergadering na die byeenkoms het die burgemeester en sy raadslede die Getuies geluk gewens met hulle uitmuntende organisasie en die skoonmaakwerk na die byeenkoms.

In ’n ander Portugese dorp het die Getuies aangebied om ’n sementvloer by die landboupaviljoen te giet, waar hulle beplan het om ’n byeenkoms te hou. Sewentig het opgedaag en die werk in een dag afgehandel. Die burgemeester was baie beïndruk en het gesê: “Ek sou nooit gedink het dit is moontlik nie. Julle kan vir die volgende drie jaar soveel byeenkomste in hierdie paviljoen hou as wat julle wil—gratis!”

Gemeenskapsprojekte en onderstandswerk

Selfs waar vervolging voortduur, hou Jehovah se Getuies aan om te bid dat die regeerders ’n meer gebalanseerde en verdraagsame houding teenoor die Getuies se werk sal aanneem. Die Getuies is nie haatdraend nie. Trouens, hulle gee in sulke lande hulle volle samewerking waar dit kom by gemeenskapsprojekte.

In een Afrikagemeenskap is daar byvoorbeeld twee eiehulpprojekte beplan, naamlik die bou van ’n pad en ’n skool. Daar sou om sesuur in die oggend met die werk begin word. Die Getuies het vroeër gekom en een stryk deur gewerk. Ander dorpsbewoners het laat opgedaag en het swak werk gelewer. Toe het hulle onder mekaar begin rusie maak. Die broers het aangehou werk om die projek te voltooi. Sedertdien het die mense in daardie omgewing ’n hoë dunk van die pligsgetroue Getuies.

Uit ’n ander Afrikaland waar die Getuies vervolging verduur het, kom die volgende verslag: “Ons broers in die beperkingskampe . . . het in ’n groot mate daarin geslaag om hulleself gedurende die jaar te onderhou. Hulle het goeie oeste gehad. Daar moes nietemin onderstand aan party verleen word, veral wat klere en medisyne betref, en die Wagtoringgenootskap het met genoeë in sulke behoeftes voorsien.”

Trouens, in alle dele van die wêreld doen gemeentes van Jehovah se Getuies die nodige stappe om die waarlik behoeftiges in hulle midde te help. Ten tye van nasionale rampe word hulp dadelik deur die plaaslike en naburige takkantore van die Wagtoringgenootskap georganiseer.—Handelinge 2:44-47; 6:1-6.

Getuies skep gunstige indruk

Soos die misverstane vroeë Christene word Jehovah se Getuies dikwels swartgesmeer. Sekere Jode in Rome het vir die apostel Paulus gesê wat hulle van die Christene in hulle tyd geweet het: “Wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word” (Handelinge 28:22). Maar waar die politieke owerhede die geleentheid gehad het om die Getuies persoonlik te leer ken, was die resultaat dikwels baie gunstig. Hoe so? Omdat hulle eenvoudig nie anders kan as om te erken dat hulle met ordentlike, wetsgehoorsame mense te doen het nie, mense wat werk in die belang van beter maatskaplike toestande deur die morele karakter van hulle Bybelstudente te verbeter. Dit blyk uit die nuus wat uit die Republiek van Gambia, ’n land aan die weskus van Afrika, ontvang is. Die verslag lui: ‘Goeie werk word in die gevangenisse gedoen, en Jehovah se Getuies is die enigste godsdiensgroep wat in sekere verbode gebiede toegelaat word, daar hulle al so baie gevangenes gehelp het om hulle lewens te hervorm.”

Uit ’n ander Afrikaland waar die Getuies nog nie amptelike erkenning ontvang het nie, word berig: “Die owerheid het ’n baie hoë agting vir die broers. Dit was verblydend om te hoor hoe die amptenare van ons broers praat en hulle prys vir hulle eerlikheid en hardwerkendheid.’’

Dit is die opregte begeerte van Jehovah se Getuies dat mense van alle stande van die lewe Jehovah God en Christus Jesus leer ken. Daarom sal hulle aanhou om die goeie nuus van God se Koninkryksregering aan mense op alle vlakke van die samelewing te verkondig, ook aan diegene “wat hooggeplaas is”. Hulle sal ook vir hulle bid sodat ‘ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug’.—1 Timotheüs 2:1, 2; Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel