Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 4/15 bl. 15
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Koningin van Skeba nie ’n koningin nie?
  • ’n Huisvrou het groot waarde
  • Blinde leiers
  • ’n Besoek wat ryklik beloon is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Loof Jehovah vir sy wysheid
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Wysheid was vir haar kosbaar
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Wanneer vrygewigheid geen perke ken nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 4/15 bl. 15

Insig in die nuus

Koningin van Skeba nie ’n koningin nie?

As ’n Rooms-Katolieke priester en argeoloog sy sin kry, sal die koningin van Skeba haar titel en plek in die geskiedenis verloor. Albert Jamme van die Katolieke Universiteit in Washington, D.C, wil haar selfs uit haar land verwyder. Waarom huldig hy hierdie beskouings? Hy sê dat sy in Ethiopië koningin Maqweda genoem is. Hy bespiegel dat dit “’n verkeerde vertaling van die Arabiese woord maqtuwiat” is en nie ’n eienaam nie, maar ’n titel wat ‘kaptein’ beteken”. Op grond van Assiriese kronieke gis hy verder dat die mense van Skeba (Sabeërs) ’n handelspos naby die Assiriese grens gehad het, sodat die “koningin” in werklikheid maar net ’n kaptein by hierdie buitepos was en nie eers in Skeba, in suidwestelike Arabië, self nie.

Ander argeoloë bevraagteken ook die juistheid van die Bybelverslag, omdat hulle meen dat die reis van Arabië na Jerusalem te lank was vir daardie tyd. Maar het hulle vergeet dat Abraham eeue tevore ’n baie lang reis onderneem het? (Genesis 11:31; 12:1-5). Nòg die koningin van Skeba nòg Abraham het so ver gegaan as wat sekere argeoloë in hulle dwaling gegaan het.

Jamme gee die volgende verduideliking oor waarom die verslag in die Bybel is: “Salomo was in werklikheid ’n baie geringe koning. Die propagandiste van die Ou Testament het Skeba belangriker voorgestel as wat dit werklik is om daardeur Salomo se reputasie te bevorder.” Of is dit eerder ’n geval van ’n argeoloog wat Salomo as minder belangrik probeer voorstel om sy eie raaiwerk te bevorder? As Jesus Christus nie geaarsel het om die koningin van Skeba as sodanig te aanvaar nie, waarom sou iemand wat bely dat hy ’n volgeling van Christus is dit dan doen? Jesus het selfs erken dat sy ’n lang reis onderneem het deur te sê: “Sy het gekom van die eindes van die aarde af.” Wat dink jy?—Mattheüs 12:42.

’n Huisvrou het groot waarde

Met die hulp van ekonome en arbeidsagentskappe het ’n Chicagose egskeidingsadvokaat, Michael Minton, onlangs die waarde van al die dienste bereken wat deur ’n huisvrou gelewer kan word. Die waarde het R46 000 per jaar beloop. Onder die 22 dienste wat Minton in ’n tabel teenoor hulle weeklikse waarde aangegee het, was: kindersorg, private onderwyseres, voedselaankoper, verpleegster, kelnerin, naaldwerkster, wasvrou, skottelgoedwasser, tuinier, instandhoudingswerkster, skoonmaakster, huishoudster, boekhoudster, kok, boodskapper, dieetkundige, sekretaresse, bediende/gasvrou en binnenshuise versierster. “Ek dink dat hierdie tabel baie kan help om die neiging tot egskeiding teë te werk”, het Minton tydens ’n onderhoud gesê. Met die oog op die groot waarde van ’n huisvrou “behoort mans nie meer hulle vrouens as vanselfsprekend aan te neem nie”.

Op ’n tydstip toe baie volke op vroue neergesien het, het die Bybel die regte beskouing voorgestaan en groot waarde geheg aan die “deugsame vrou”. ln Spreuke 31:10-31 word haar pligte en vlytigheid hoog aangeslaan. ’n Studie van hierdie verse toon dat sy baie van die take verrig het wat op die voormelde tabel aangegee word. “Haar waarde”, sê God se Woord, “is ver bo korale.”

Blinde leiers

Twintig jaar lank was Hans Nestius die vernaamste voorstander van “geslagsvryheid” in Swede. Nou erken hy: “Ek het ’n fout begaan. Ek was te naïef, en my droom is bederf.” Nestius, voorsitter van die staatsgesubsidieerde Sweedse Vereniging vir Geslagsonderrig, erken verder: “Ons moet van die reëls terugbring . . . want dit is nie liefde wat versprei het nie, maar seksgruwels en -verdorwenheid.” Waar dit kommentaar gelewer het oor sy ontnugtering met die “seksrevolusie”, het Londen se “Daily Mail” onder die opskrif “Hoe ver het ek dit tog mis gehad!” gesê dat Nestius “die vernaamste dryfkrag was agter die beweging om Swede die afspringplek vir ’n wêreldrevolusie téén preutsheid en vir totale openhartigheid oor seks te maak. . . . Die Westerse wêreld het Nestius en Swede slaafs nagevolg. . . . Soos ’n ander verkondiger van onbeteuelde selfuiting, dr. Spock, het Nestius te laat ontdek dat hy ’n geslag mislei het.”

Diegene wat van die Bybel se hoë sedelike standaarde afwyk, sal gewis self mislei word en sal op hulle beurt ander mislei. Maar diegene wat getrou by God se Woord bly, word nie mislei nie.—Psalm 119:104, 105.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel