Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 4/15 bl. 18-19
  • “Wedergeboorte” raak gewild

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Wedergeboorte” raak gewild
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat beteken dit om weer gebore te word?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die wedergeboorte—Die weg na redding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • “Wedergeboorte”—Die mens se aandeel en God se aandeel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Wie word weer gebore?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 4/15 bl. 18-19

“Wedergeboorte” raak gewild

“WEDERGEBOORTE word algemeen.” Dit was die opskrif van ’n nuusberig uit Los Angeles wat in New York se Post van 19 Mei 1980 verskyn het. Die berig het verder gesê: “Volgens ’n Gallup-opname het meer as die helfte van alle volwasse Amerikaners ’n blywende Christelike ervaring van ‘wedergeboorte’ gehad. Die gegewens . . . toon dat 84 miljoen volwasse Amerikaners ’n persoonlike verbintenis met Jesus Christus aangegaan het wat hulle nog as relevant beskou.” Vroeër het ’n opname berig dat bykans die helfte van alle Amerikaanse Protestantse tienderjariges “wedergebore” is. Die weekblad Parade van 6 Julie 1980 het gesê dat al drie die Amerikaanse presidentskandidate op daardie tydstip, Carter, Reagan en Anderson, bely het dat hulle “wedergebore” Christene is.

“Wedergebore” Christene skryf soms hulle sukses in die sakewêreld toe aan die feit dat hulle weer gebore is. Een uiters suksesvolle New Yorkse sakeman het glo by geleentheid gesê: “Gee jouself vir die Here en die Here help jou. Eenmaal, toe ek Bonwit Teller moes koop, het ek $2,5-miljoen [R2,5-miljoen] te min gehad, en ek het nie geweet hoe ek dit in die hande sou kry nie. Dit was ’n volslae wonderwerk. En dieselfde ding het gebeur toe ek Tiffany gekoop het en $l-miljoen te min gehad het.” ’n Berig met die titel “‘Wedergebore’ balspelers aan die toeneem” uit San Francisco het vertel dat al hoe meer bofbalspelers beweer dat hulle wedergebore is en het verskeie van die bofbalspelers aangehaal waar hulle hulle sukses toegeskryf het aan die feit dat hulle wedergebore is. Een van hulle het gesê: “Ek kry nie baie personderhoude nie, en daarom wil ek graag van hierdie geleentheid gebruik maak om aan Jesus Christus die eer te gee. Hy is Nr. 1 in my lewe”. ’n Ander speler het gesê dat dit “so veel makliker is om die bofbalspel, sowel as die lewenspel, te speel wanneer God jou spelmaat is”.

Daarbenewens het ’n berig oor die finansiële sukses van “Die Elektriese Kerk” gesê: “Godsdiensuitsending word ’n groot bedryf, versprei oor V.S.A. Wedergebore Christene dra grootste deel van koste vir vertonings: Sukses van Jerry Falwell. Doelwit: ‘Harte en Beursies.’—The Wall Street Journal.

Maar nie alle kerkmense in die Christendom is bly oor hierdie tendens nie. New York se Times het byvoorbeeld gesê dat ‘Presbiteriane verdeeld is oor die evangeliese rol en dat die invloed van groepe wat “Wedergeboorte” voorstaan nog deur hulle denominasie bespreek word’. Party het hierdie tendens as blote emosionalisme bestempel, en een kweek-skoolprofessor het gekla dat “te veel studente eenvoudig onleerbaar is” omdat hulle hulleself as “wedergebore” Christene beskou. In een kweekskool het ongeveer die helfte van die studente beweer dat hulle wedergebore is.

In die gedagtes van die meeste mense beteken “wedergeboorte” dat iemand hom daartoe “verbind” het om God en Christus te dien. Dit is hoe vooraanstaande evangeliste die saak stel. Maar dit laat sekere vrae ontstaan: Jesus het gesê dat die weg na die lewe smal en moeilik begaanbaar is en dat min dit vind (Mattheüs 7:13, 14). Hy het ook by herhaling gesê dat sy volgelinge nie van die wêreld is nie (Johannes 15:19; 17:16). Hoe kan hierdie woorde van Jesus versoen word met die bewering dat meer as die helfte van die volwasse bevolking van die V.S.A. “wedergebore” is? En dit is nie al nie. As die helfte van die volwasse bevolking van ’n land “wedergebore” Christene is, waarom is daar dan soveel wetteloosheid, soveel misdadigheid, soveel belastingontduiking, soveel politieke korrupsie, soveel geslagsonsedelikheid, soveel materialisme, soveel selfsug en egotisme? Belowe die Bybel sukses in sakeondernemings aan diegene wat “wedergebore” is? Word God en Christus die spelmaats van bofbalspelers om hulle te help om wedstryde te wen?

Jesus het vir ’n Joodse owerste, die Fariseër Nikodemus, gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie” (Johannes 3:5, 7). Wat het Jesus met hierdie woorde bedoel? Met watter doel laat Jehovah God party weer gebore word? Deur watter stappe word ’n persoon weer gebore, en watter verpligtinge rus op wedergeborenes? Voordat ons bevredigende antwoorde op hierdie vrae kan kry, moet ons ons eers vergewis van sekere basiese feite in verband met Jehovah God se beginsels en sy voornemens met die aarde en die mens.

[Prent op bladsy 18]

Jesus het vir Nikodemus gesê: “Julle moet weer gebore word”

[Prent op bladsy 19]

‘Daar is min wat die weg na die lewe vind’

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel