Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 2/15 bl. 3
  • Het Christus al teruggekeer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het Christus al teruggekeer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet ons “die Christus” volg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wat is Christus se koms?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Messias se teenwoordigheid en sy heerskappy
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wie is Jesus Christus?
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 2/15 bl. 3

Het Christus al teruggekeer?

“‘JESUS CHRISTUS’ KEER TERUG—IN KITWE.” So het die voorbladopskrif van die Times of Zambia van 24 Maart 1980 gelui. Die artikel het gesê: “’n Man wat beweer dat hy Jesus Christus is, organiseer tans ’n godsdiens-beweging. . . . Hy het 12 manne as sy dissipels gekies . . . ‘Ek is die ware Jesus Christus en die massas het my aanvaar’, het hy gesê.”

Uit nuusberigte blyk dit dat dit nie ’n alleenstaande geval is nie. In party lande het ’n hele kultus, die “Moonies”, ontstaan rondom Sun Myung Moon, wat in die pers beskryf word met uitdrukkings soos “Here van die Wederkoms”, “die Derde Adam, die Nuwe Messias”.

Dit is nie ’n nuwe verskynsel dat mense die wederkoms van Christus verwag nie. Deur die geskiedenis heen het baie mense hulself vir die teruggekeerde Christus uitgegee. Miljoene ander het op Jesus se wederkoms gewag. Waar die Encyclopœdia Britannica oor die “getroues van die vroeë [Christelike] kerk” praat, sê dit: “Hulle het geglo dat die beloftes van die Ou Testament oor die komende bringer van verlossing deur Jesus Christus vervul is, maar dat die vervulling nog nie volkome was nie. Hulle het dus op Christus se wederkoms gewag, wat hulle gemeen het ophande was.”

Maar baie staan vandag skepties teenoor daardie Bybelprofesieë wat van Christus se wederkoms praat. Dit word toegelig deur die kommentaar van ’n godsdiensredakteur van ’n Amerikaanse dagblad wat geskryf het: “Daar is al gesê dat ‘ons ’n honderd verskillende tye in die geskiedenis kan vind wanneer Jesus, volgens die oorloë-aardbewings-hongersnood-rooster, moes teruggekeer het’.”

Hierdie verwarrende situasie in verband met Christus se wederkoms dwing ons om ’n paar reguit vrae onder die oë te sien, soos: Is Christus werklik veronderstel om in die vlees terug te keer? Sal ons hom sien? Hoe sal ons hom herken met soveel bedrieërs op die toneel? Die volgende artikel sal party van hierdie vrae beantwoord.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel