Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 10/1 bl. 10
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Vader se invloed
  • Plundering nie ’n sonde nie?
  • Kerke maak nie dissipels nie
  • Koninkrykspredikers stel hulle saak in die hof
    God se Koninkryk regeer!
  • ‘Die verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus’
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Die stryd om godsdiensvryheid
    God se Koninkryk regeer!
  • Hooggeregshof van Noorweë handhaaf godsdiensregte
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 10/1 bl. 10

INSIG IN DIE NUUS

’n Vader se invloed

• “The German Tribune” berig: “Die grootste verrassing na die bestudering van [’n Duitse opname oor kinders en godsdiens] was die rol van die vader.” “Die opname het getoon dat dit die vader se positiewe gesindheid jeens godsdiens is wat godsdienstige kennis aan ouer kinders oordra en godsdienstige kontak bevorder.”

Die “Tribune” sê dat daar voor die studie deur Gisela Pannen van die Onderwyserskollege in Neuss, naby Keulen, “aanvaar is dat die moeder die grootste invloed op die kind se godsdienstigheid het as gevolg van haar belangrike rol by sy opvoeding”.

As die Insteller van die gesinsreëling het Jehovah ongetwyfeld geweet waar hy die verantwoordelikheid moes plaas toe hy die apostel Paulus geïnspireer het om te sê: “Vaders, . . . voed [julle kinders] op in die tug en vermaning van die Here” (Ef. 6:4). Moeders speel natuurlik ook ’n belangrike rol by die grootmaak van kinders, en omstandighede kan selfs vereis dat hulle die hele verantwoordelikheid nakom. Die Bybel verbind dus dikwels ouerlike verantwoordelikhede, soos wanneer dit sê: “My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.” Timotheüs se moeder, Eunice, was beslis ’n suksesvolle ouer selfs sonder die hulp van ’n gelowige man.—Spr. 1:8; 2 Tim. 1:5; 3:14, 15.

Plundering nie ’n sonde nie?

• Brasilië se “Droogte van die eeu”, die ergste sedert 1877, kom voor in ’n gebied in die noord-oostelike deel van die land wat groter is as die Kaapprovinsie en die Oranje-Vrystaat tesame en het die lewens van 13 miljoen van sy bewoners ernstig geraak. Gedurende Maart is 39 stede in vier state ingeneem deur honderde honger slagoffers van die droogte wat op kos aangedring het. In party stede waar daar nie dadelik aan hulle eise voldoen is nie, het hulle winkels en pakhuise geplunder.

Kardinaal Aloisio Lorscheider van Fortaleza, hoofstad van die geteisterde Ceará-Staat, het gesê: “’n Persoon wat bittere ontbering verduur, kan wettig die hoeveelheid materiële ware neem wat ander verplig sou gewees het om uit liefdadigheid vir hom te gee.”

Kardinaal Lorscheider het nie gesê wat die grondslag vir sy verklaring is dat omstandighede plundering wettig kan maak nie. As hy egter sy raad op dié van “sint” Petrus gebaseer het, sou hy gesê het: “Niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ’n ander bemoei nie.” En as dit sou meebring dat Christene honger moet ly totdat die regering hulp verleen, sal hulle hulle steeds “onderwerp aan die magte wat oor [hulle] gestel is”, soos die Bybel beveel.—1 Pet. 4:15; Rom. 13:1.

Kerke maak nie dissipels nie

• ’n Persoon moet Jesus in leer en gedrag navolg om sy dissipel te wees. Die evangeliese publikasie “Christianity Today” erken dat die lidmate van die Christendom se kerke in albei opsigte gefaal het (Matt. 28:19, 20). Die tydskrif sê: “Die kerke van die Westerse wêreld het nie dissipelskap ’n voorvereiste vir Christenwees gemaak nie. Daar word nie van ’n mens verwag om . . . ’n dissipel te wees voordat jy ’n Christen kan word nie, en jy kan ’n Christen bly sonder enige tekens van vordering in die rigting van dissipelskap. Kontemporêre Amerikaanse kerke in die besonder maak nie die navolging van Christus se voorbeeld, gees en leer ’n vereiste vir lidmaatskap nie.”

Die tydskrif het ook getoon hoe nodig dit is om die voorbeeld na te volg wat Jesus gestel het deur “van plek tot plek te loop en die regering van God aan te kondig, toe te lig en te verduidelik. Dissipels moes saam met hom wees om te leer hoe om te doen wat hy gedoen het.” Die gemiddelde kerkganger van vandag volg Jesus nie na deur met ander oor God se voornemens te praat nie.

Enigiemand wat as een van Jehovah se Getuies gedoop is, verstaan andersyds duidelik dat hy Jesus nie net in leer en gedrag moet navolg nie, maar ook deur ‘die evangelie van die koninkryk in die hele wereld tot ’n getuienis vir al die nasies te verkondig voordat die einde kom.’—Matt. 24:14; 1 Pet. 2:21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel