Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 8/15 bl. 26
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is vrouetydskrifte betroubaar?
  • “Unieke verknorsing”
  • Egskeiding—die wrange vrugte
    Ontwaak!—1992
  • Egskeiding het wel slagoffers
    Ontwaak!—1991
  • Die huwelik—Waarom talle dit die rug toekeer
    Ontwaak!—1993
  • Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 8/15 bl. 26

INSIG IN DIE NUUS

Kerke bang

• Verteenwoordigers van so te sê alle gelowe in die Verenigde State het onlangs vir ’n buitengewone konferensie oor “Regeringsinmenging in godsdiensaangeleenthede” vergader. Die groep, wat deur een amptenaar bestempel is as “moontlik die mees omvattende vergadering van sy aard in Amerika se geskiedenis”, hoop om toenemende regeringsinmenging in kerkaangeleenthede te beveg. “Sulke bemoeiing deur die regering het gedurende die afgelope 10 jaar aansienlik toegeneem”, het die hoof uitvoerende beampte van die Verenigde Presbiteriaanse Kerk gesê, en “onlangs het die pas versnel”. Hy het gesê dat “nie een van hierdie verwikkelinge, op sigself beskou, onrusbarend genoeg is om ’n vergadering van hierdie aard nodig te maak nie . . . Maar die patroon wat hulle vorm wanneer hulle saam beskou word, is onrusbarend, en dit is waarom ons hier is.”

Intussen is 2 000 afgevaardigdes by ’n gesamentlike vergadering van die Nasionale Godsdiensuitsaaiers en die Nasionale Vereniging van Evangeliesgesindes meegedeel dat “sekulêre humaniste oorlog verklaar het op die Christelike geloof in hierdie land en dat hulle vinnig vorder”.

So ’n situasie in die Verenigde State was selfs ’n dekade gelede ondenkbaar, maar dinge het verander. Die Bybel het hierdie verwikkeling voorsien en waar dit valse godsdiens ’n “groot hoer” noem weens haar politieke bemoeiing, sê dit dat haar voormalige politieke minnaars sal begin om “die hoer [te] haat en haar verlate maak en naak” (Openb. 17:1, 16). Sulke politieke afkeer is klaarblyklik aan die toeneem.

Is vrouetydskrifte betroubaar?

• Kan vroue peil trek op wat vrouetydskrifte sê oor hoe om egskeiding te voorkom? Dit is twyfelagtig, volgens dr. Edward Shorter, wat geskiedenis en vrouestudies aan die Universiteit van Toronto doseer. Hy het onlangs verduidelik waarom baie vroue wat op vrouetydskrifte staatmaak vir informasie waarskynlik nie sal kry wat hulle nodig het om hulle te help om ’n sukses van die huwelik te maak nie. Toe hy versoek is om ’n artikel vir so ’n tydskrif te skryf oor hoe om egskeiding te voorkom, het dr. Shorter die redaktrise besoek om te bespreek wat hy in die artikel gaan sê. In ’n artikel in Toronto se “Star” se hy dat die redaktrise “geskok” was oor sy aanbeveling. Waarom?

Hy verduidelik: “Ek het vir haar gesê dat lesers buite-egtelike omgang soos die pes moet vermy as hulle ’n egskeiding wil voorkom. Dat ’n paar ouderwetse ‘geslagsgedragspatrone’ vir manne en vroue heeltemal in orde is en dat ’n bietjie ‘tradisionele’ gedrag mense inderdaad ’n gevoel van bestendigheid gegee het.” Daardie tydskrif het nooit sy artikel gepubliseer nie.

Hoewel dit party sal verbaas, is die dinge wat die dokter aanbeveel het om ’n egskeiding te voorkom presies wat die Bybel se ’n mens moet doen as jy ’n gelukkige huwelik wil hê. “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel” (Hebr. 13:4). Vrouetydskrifte en die wyse manne van die wêreld sal waarskynlik nie sulke lewensbelangrike informasie vir huweliksgeluk verstrek nie, aangesien dit strydig is met hulle beskouing van “vryheid” en “onafhanklikheid”.—Vergelyk Efesiërs 5:22-33.

“Unieke verknorsing”

• Die tydskrif “Scientific American” het ’n artikel gepubliseer oor ’n onlangse studie oor kernwapens deur die Verenigde Volke. Die studie wat deur die V.V.O. se sekretaris-generaal gelas is, is uitgevoer deur ’n internasionale groep deskundiges wat ’n “eenparige finale verslag” opgestel het. Die artikel het gesê dat die V.V.O.-groep gevind het dat die mensdom in “’n geskiedkundig unieke verknorsing” is. Die V.V.O.-groep het gesê: “Nog nooit tevore was State in ’n posisie om die grondslag van die voortbestaan van ander state of gebiede te vernietig nie; nog nooit tevore was wapens se vernietigingsvermoë so onmiddellik, volkome en universeel nie; nog nooit tevore het die mensdom, soos vandag, die wesenlike gevaar van selfuitwissing in die gesig gestaar nie.”—Januarie 1981, ble. 82, 84.

Hierdie bevindings verleen gewig aan die Bybel se aanduidings dat die mensdom se “laaste dae” nie voor ons geslag kon kom nie (2 Tim. 3:1). Aangesien die mens nou die vermoë het om homself uit te wis, of soos die Bybel in Openbaring 11:18 sê, die vermoë om “die aarde te verderf”, moet ons in die “laaste dae” lewe. Gevolglik het die tyd vir die almagtige God aangebreek “om die verderwers van die aarde te verderf”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel