Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 8/15 bl. 10-12
  • Hoe jy toon watter lewe jy kies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe jy toon watter lewe jy kies
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • IS DIT GENOEG OM AAN ’N KERK TE BEHOORT?
  • DIE EEN WEG NA DIE LEWE
  • HOE JY EWIGE LEWE KIES
  • Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Godsdiens
    Redenering uit die Skrif
  • Jou toekoms, jou keuse!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 8/15 bl. 10-12

Hoe jy toon watter lewe jy kies

HOE kies ’n persoon daardie lewe op ’n paradysaarde wat God beloof het? Deur sy hand op te steek, deur ‘Ja’ uit te roep, deur te sê: ‘Here, ek wil graag daar lewe’? Nee. Jy kies daardie lewe tot ’n groot mate soos jy die huidige lewe kies. Hoe toon jy dat jy nou wil lewe? Deur ’n handelwyse, wat asemhaling, drink, eet, slaap en werk insluit. Maar let asseblief daarop dat dit optrede is wat nie deur jou voorgeskryf of bepaal word nie. Dit is eerder optrede volgens die eise van jou liggaam. Jou liggaam stel die eise en dwing jou om daaraan te voldoen.

Dit is ook hoe ’n mens lewe in God se nuwe stelsel kies. Dit is nie deur te sê dat jy dan wil lewe nie, maar jou keuse blyk uit jou handelwyse. En hier word die optrede weer eens nie deur die indiwidu bepaal nie. Jehovah God gee die lewe op daardie paradysaarde, hy stel die voorwaardes daarvoor en ons moet aan sy vereistes voldoen. As ons weier om dit te doen, kies ons die dood saam met hierdie goddelose wêreld, net so seker as wat weiering om asem te haal in antwoord op jou liggaam se eise nou die dood vir ons fisiese gestel sal beteken.

Baie meen dat as hulle doen wat hulle dink reg is en hulle medemens billik behandel, dit voldoende is. Lank gelede het ’n ryk jong owerste klaarblyklik baie nut gestig, ’n rein lewe gelei en naasteliefde betoon. Maar toe hy vir Jesus gevra het hoe hy die ewige lewe kon verkry, is hy aangesê om ontslae te raak van sy baie materiële dinge en om Jesus te volg. Doen al hierdie dinge, het Jesus gesê, “as jy volmaak wil wees”.—Matt. 19:16-22; Luk. 18:18-23.

Liefde vir die God en Vader van ons Here Jesus Christus is nie net ’n emosie nie. “Dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar” (1 Joh. 5:3). Lank gelede, toe eertydse Israel die lewe of die dood moes kies, is daar vir hulle gesê dat liefde vir Jehovah gehoorsaamheid aan hom beteken. “Die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae.”—Deut. 30:19, 20.

IS DIT GENOEG OM AAN ’N KERK TE BEHOORT?

Maar nou sal iemand sê: ‘Ek lewe nie volgens my eie idees nie. Ek behoort aan ’n erkende godsdiensorganisasie. Myns insiens sal ’n persoon wat ’n opregte lidmaat van een van die talle Christelike gelowe is, gered word.’ Is hierdie beskouing korrek? Laat God se Seun antwoord. Jesus Christus het gesê: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” Dit is nie genoeg vir ’n man of ’n kerk om God se naam op sy lippe te neem of godsdiensformaliteite na te kom of liefdadigheid te betoon nie. As die kerk nie God se wil leer en doen nie, skiet dit en die aanhangers daarvan te kort, ongeag hoe opreg hulle is.—Matt. 7:21-23.

lets wat duidelik toon dat opregtheid of ywer in ’n godsdiensorganisasie nie genoeg is nie, is die woorde in Romeine 10:2, 3 wat van Joodse godsdiensbeoefenaars sê: “Hulle [het] ’n ywer vir God . . . maar sonder kennis. Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.” Maar talle opregte Jode, onder meer baie priesters en Fariseërs, het wel hulle formalistiese geloof verlaat om Christene te word en hulle aan die geregtigheid van God onderwerp.—Hand. 6:7; 15:5.

Talle tekste bevestig die beskouing dat opregtheid alleen nie genoeg is nie. “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” “Die weg van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.” “Baie planne is in ’n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.” “Elke weg van ’n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte” (Spr. 14:12; 12:15; 19:21; 21:2). Opregtheid is belangrik daar dit ’n mens in aanmerking laat kom vir God se barmhartigheid. Saulus van Tarsus (later die apostel Paulus) was ’n vervolger van Christene, maar hy het opreg gemeen dat hy God ’n guns bewys. Hy het in onkunde gehandel en daarom is daar barmhartigheid aan hom bewys.—Joh. 16:2; 1 Tim. 1:13.

DIE EEN WEG NA DIE LEWE

Juiste kennis is nodig, en ’n gebrek daaraan het die ondergang beteken van persone wat bely het dat hulle Jehovah dien. “Omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp.” Dit is nie binne die mens se vermoë om homself te rig nie, en daarom het Jehovah die Bybel as ’n rigsnoer vir ons voorsien. “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad” (Hos. 4:6; Jer. 10:23; Ps. 119:105). Let daarop dat dit God se lig is, nie ’n mens of ’n godsdiensorganisasie s’n nie. Dit is nie waar dat elkeen op sy eie geloof salig sal word soos mense graag sê nie. Jesus het van net twee weë gepraat, en hulle lei na verskillende plekke—’n smal weg na die lewe, ’n breë weg na die verderf.—Matt. 7:13, 14.

Die Bybel is die goddelike padkaart, maar baie verkies hulle “eie geloof” as padkaart. Jy kan byvoorbeeld hulle eie Bybel vat en vir hulle lees: “Die siel wat sondig, die moet sterwe.” Hulle hang egter die sektariese weg aan dat die siel onsterflik is. Lees vir hulle: “Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.” “Die dooies weet glad niks nie.” Maar hulle hang hulle kerk se leer dat die dode ’n bewuste bestaan voer selfs sterker aan. Lees vir hulle: “Die loon van die sonde is die dood.” Hulle gaan onversetlik voort om hulle leerstellige paadjie te bewandel en hou vol dat die loon van die sonde ewige foltering is. Lees vir hulle: “Die aarde bly vir ewig staan.” Hulle glo steeds hulle predikant wat leer dat die aarde verbrand gaan word.—Eseg. 18:4; Ps. 146:4; Pred. 9:5; 1:4; Rom. 6:23.

Hoe kan ons dan bepaal wat die regte handelwyse is, die weg waar ons deur ons dade sal toon dat ons kies om op Jehovah se paradysaarde te lewe? Nie op grond van wat ’n Katolieke priester sê, of wat ’n Protestantse predikant sê, of wat ’n Joodse rabbi of ’n Oosterse ghoeroe sê nie. Dit is nie op grond van wat mense sê nie, tensy hulle hulle leer met Bybeltekste kan staaf. Laat God deur sy Woord, die Bybel, spreek. “God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig.” Nie almal wat voorgee dat hulle God se Woord verkondig, doen dit nie. Dit was die geval in Jesus se dag, want hy het gesê: “Tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” Dit was die geval in Jeremia se dag, want hy het geskrywe: “Hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?” Dit is ook vandag die geval.—Rom. 3:4; Matt. 15:9; Jer. 8:9.

HOE JY EWIGE LEWE KIES

Jou eerste stap om te toon dat jy onder Christus se Koninkryksbewind in die nuwe stelsel op aarde wil lewe, is studie. “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” Wy jouself toe om God se wil te doen en simboliseer jou toewyding deur waterdoop, net soos Jesus gedoop is, want hy is die voorbeeld wat jy moet volg (Joh. 17:3; Matt. 3:13; 1 Pet. 2:21). Vermy die werke van die vlees, dra die vrug van die gees, soos gemeld word in Galasiërs 5:19-23:

“Die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.”

En wees ’n lower van Jehovah, deur jou lewenswyse en jou woorde. Vertel vir ander van die enigste hoop vir die mensdom. Doen dit saam met ander wat glo soos jy glo, en vervul sodoende Jesus se profesie: “Hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.” Daardie einde sal ’n “groot verdrukking” wees wat ’n einde gaan maak aan die huidige goddelose stelsel en die weg sal baan vir “nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid [sal] woon”.—Matt. 24:14, 21; 2 Pet. 3:13.

Deur hierdie optrede toon jy dat jy die lewe op Jehovah se beloofde paradysaarde kies.

“Word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.”—Jak. 1:22.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel