Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 6/15 bl. 27
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Priester se slegte raad
  • Doop vir babas?
  • ‘Struikelblok in die weg van vrede’
  • Waarom aanvaar baie evolusie?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Evolusie staan tereg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Bedrog in die wetenskap—’n Groter bedrog
    Ontwaak!—1990
  • Evolusie
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 6/15 bl. 27

INSIG IN DIE NUUS

Priester se slegte raad

• In die rubriek “Youth Clinic” in Toronto se “Star” het ’n agttienjarige meisie onlangs gevra of die Bybel voorhuwelikse omgang verbied. Anglikaanse priester Graham Cotter se antwoord was: “Daar is geen bepaalde passasie in die Bybel wat voorhuwelikse omgang voor die voet verbied nie.” Maar briewe aan die redakteur het daarop gewys dat daar talle spesifieke Bybelpassasies is wat wel voorhuwelikse geslagsomgang veroordeel. Die koerant het probeer verduidelik dat die geestelike nie “vrye geslagsomgang verdedig” het nie, maar dat die probleem was om vas te stel “wat die huwelik uitmaak”.

Oor “wat die huwelik uitmaak”, sê die Bybel: “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel” (Hebr. 13:4). Om “eerbaar” te wees, moet die huwelik beslis wetlik en moreel gesond wees. Voorhuwelikse omgang is dus nie ’n grondslag vir ’n “eerbare” huwelik nie. Die Skrif klassifiseer derhalwe buite-egtelike geslagsomgang as hoerery en vermaan: “Vlug vir die hoerery.” God se Woord waarsku ook: “Geen hoereerders . . . of egbrekers . . . sal die koninkryk van God beërwe nie.”—1 Kor. 6:9, 10, 18.

Wanneer ’n geestelike probeer om ’n promiskueuse geslag te behaag deur hoerery te vergoelik, of om te verdoesel wat dit is, gee hy slegte raad. Die jong vrou het gesonde raad nodig gehad oor die wysheid daarvan om selfbeheersing voor die huwelik aan die dag te lê, iets wat ook na haar troue van haar verwag sal word. Deur te weier om mense aan te spoor om hulle ordentlik te gedra, bewys ’n mens God sowel as die mens ’n groot ondiens.

Doop vir babas?

• “Kinderdoop moet die gebruik in die Katolieke kerk bly” het die “National Catholic Reporter” onlangs gesê. Dit is gebaseer op ’n voorskrif wat deur die Vatikaan uitgegee is en wat herbevestig dat kinders “kort na geboorte gedoop moet word, en dat dit nie uitgestel moet word totdat mense die jare des onderskeids bereik nie” het New York se “Times” gesê.

Is babas in die eerste-eeuse Christelike godsdiens gedoop? Nee, want Jesus het nie kinderdoop geleer nie, en hyself was 30 jaar oud ten tye van sy doop (Luk. 3:21-23). Die Bybel toon duidelik dat doop slegs is vir diegene wat oud genoeg is om ’n juiste kennis van die Christelike godsdiens te verkry en wat hulself dan aanbied vir waterdoop. Jesus het beveel: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle . . . en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” “Toe hulle Filippus geglo het, . . . is hulle gedoop, manne sowel as vroue”, nie babas nie. Die Bybel sê ook: “Die wat toe sy [die apostel Petrus se] woord met blydskap aangeneem het, is gedoop”—iets wat nie vir babas moontlik was nie.—Matt. 28:19, 20; Hand. 2:41; 8:12.

Godsdiensgeskiedskrywer Neander sê omtrent die eerste-eeuse Christelike godsdiens “dat die gebruik van kinderdoop in hierdie tydperk onbekend was”.

‘Struikelblok in die weg van vrede’

• Die drie groot Westerse godsdienste (die Christendom se kerke, Islam en Judaïsme) ‘is ’n struikelblok in die weg van wêreldgemeenskap en dus wêreldvrede’, het Mortimer Adler, voorsitter van die redakteursraad van die “Encyclopædia Britannica” gesê. By ’n simposium met die titel “Godsdiens en wêreldkonflik” by die Universiteit van Idaho, het Adler gesê dat daar geen wêreldgemeenskap of wêreldvrede kon wees voordat hierdie godsdienste opgehou het om met mekaar te bots nie.

Die geskiedenis toon egter dat konflik al lank ’n integrerende deel van hierdie godsdienste is. Daardie konflik was nie alleen van ’n leerstellige aard nie, maar het dikwels die vorm aangeneem van letterlike oorlogvoering teen mekaar en selfs onderlinge oorlogvoering. ’n Voorbeeld van laasgenoemde is die steun wat die Christendom se kerke tydens die wêreldoorloë van hierdie eeu aan albei kante gegee het. Die afgelope tyd het Moslemnasies ook onderling oorlog gevoer.

Omdat ’n ‘luiperd nie sy vlekke verander nie’, sal hierdie godsdienste nie skielik vredemakers word nie (Jer. 13:23). Die geskiedenis staaf dit. Dit is waarom die Bybel hulle almal insluit as deel van “Babilon die Grote” wat met geweld deur God self verwyder gaan word tydens sy komende voltrekking van oordeel aan hierdie hele goddelose stelsel van dinge.—Openb. 17:5, 16, NW; 18:11-21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel