Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 5/1 bl. 30
  • “Koninkrykslojaliteit”-Streekbyeenkomste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Koninkrykslojaliteit”-Streekbyeenkomste
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Beplan nou om die “Goddelike Liefde”—Streekbyeenkoms by te woon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • “Goddelike vrede”-Streekbyeenkoms vir 1986
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Woon die “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987 by
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 5/1 bl. 30

“Koninkrykslojaliteit”-Streekbyeenkomste

HOE skaars is lojaliteit tog vandag! Burgers is dislojaal deur oneerlike belastingopgawes in te dien; huweliksmaats bedrieg mekaar; werknemers kul hulle werkgewers op talle maniere; godsdiensbeoefenaars is ontrou aan God deur hulle huigelary. Hoe vertroostend is die Skriftuurlike versekering tog dat Jehovah God by uitstek die Lojale is!—Jer. 3:12, NW; Openb. 15:4, NW; 16:5, NW.

As navolgers van God wil ons eweneens lojaal wees, en ons wil veral aan Jehovah God en sy koninkryk lojaal wees. As ons aan Jehovah lojaal is, sal hy ons nooit verlaat nie.—Ps. 18:25, NW; 37:28, NW; Rom. 8:35-39.

Satan en sy wêreld probeer om ons te verlok om ontrou te wees. Ons het gevolglik al die hulp wat ons kan kry nodig om lojaal te bly. Wat anders as voorbeelde van ontrouheid is die talle gevalle van diegene wat weggedryf het, of, nog erger, uitgesit is dan?

Om ons te help om die uitdaging om aan Jehovah en sy koninkryk lojaal te bly die hoof te bied, en in ooreenstemming met ons jaarteks, Psalm 145:10, 11, (NW) is die tema “Koninkrykslojaliteit” vir ons streekbyeenkomste vir 1981 gekies. Ons kan daarvan seker wees dat ons “Koninkrykslojaliteit”-Byeenkomste net so bemoedigend, geestelik stimulerend en aangenaam sal wees as verlede jaar se “Goddelike Liefde”-Streekbyeenkomste. Van Donderdagoggend af sal daar vier dae lank opbouende toesprake wees wat niemand sal wil mis nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel