Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 7/1 bl. 30
  • Die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Byeenkomsstede
  • “Koninkrykslojaliteit”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Beplan nou om die “Goddelike Liefde”—Streekbyeenkoms by te woon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • “Goddelike vrede”-Streekbyeenkoms vir 1986
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Woon die “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987 by
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 7/1 bl. 30

Die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste

JEHOVAH is “die God van waarheid” (Psalm 31:5, NW). Sy Seun, Jesus Christus, het van homself gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Johannes 14:6). Van sy Vader se Woord het hy gesê: “U woord is die waarheid” (Johannes 17:17). En die Christengemeente is “’n pilaar en grondslag van die waarheid”.—1 Timotheüs 3:15.

Maar wat is Koninkrykswaarheid? Dit is die tema wat van Genesis tot Openbaring deur die Bybel loop. Jehovah God het die eerste Koninkrykswaarheid geuiter toe hy vir die Slang in die tuin van Eden gesê het: “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt” (Genesis 3:15). Een van die laaste Koninkrykswaarhede wat in God se Woord opgeteken staan, word gevind in Openbaring 21:4: “God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”

Watter voorreg het ons tog as Christengetuies van Jehovah om die Koninkrykswaarheid aan ander te verkondig! Hoe belangrik is dit tog dat ons dit doen! Persone wat na die waarheid dors, sug en steun oor die gruwels wat hulle sien (Esegiel 9:4). Baie sê dat hulle geen hoop het nie. Deur aan die vervulling van Jesus se profesie in Mattheüs 24:14 deel te neem, kan ons ware troos en hoop bring aan almal wat waarlik na waarheid hunker.

Om ons te help om beter te verstaan wat Koninkrykswaarheid alles behels en wat ons verpligtinge in daardie verband is, en om ons aan te vuur om ons bes te doen om die Koninkrykswaarheid te verkondig, is “Koninkrykswaarheid” die tema van Jehovah se Getuies se streekbyeenkomste vir 1982 wat aardwyd gehou gaan word. Die program sal Donderdagmiddag begin en tot Sondagmiddag duur. Beplan nou om ten minste een van die “Koninkrykswaarheid”-Streekbyeenkomste van begin tot end by te woon.

Byeenkomsstede

30 September-3 Oktober: BLOEMFONTEIN, KAAPSTAD, PORT ELIZABETH, WINDHOEK.

7-10 Oktober: DURBAN, PRETORIA

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel