Waarom jou tong in toom hou?
Ken jy iemand wat te veel praat? Spreuke 10:19 verstrek ’n rede waarom ’n mens teen so iets moet waak. Dit sê: “By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.”
Jesus se halfbroer Jakobus het beaam dat dit nodig is om op ons hoede te bly sodat ons nie met die tong struikel nie, want as ons dit nie in toom hou nie, kan dit ons aanbidding tevergeefs maak (Jak. 1:26). Nie een van ons kan sy tong volmaak beheers nie, maar ons kan beslis verbeter.—Jak. 3:2-8.
Dit beteken nie dat ons altyd moet swyg en nooit aan ’n gesprek moet deelneem nie. Maar voer gerus hierdie toets uit. Slaan ’n bietjie ag op jou impulse. Kyk of jy, tydens groepgesprekke, die drang ervaar om heelwat oor elke onderwerp te sê. Het jy, tydens gesprekke oor verskeie onderwerpe, op die ou end meer gesê as die meeste ander lede in die groep? Dan sal bepeinsing oor Spreuke 10:19 ’n beveiliging wees.