Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 5/15 bl. 23
  • Babilon se reputasie—in die ou tyd en vandag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Babilon se reputasie—in die ou tyd en vandag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Babilon die Grote—geval en geoordeel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Maak jou los van valse godsdiens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Wat is Babilon die Grote?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Babilon die Grote
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 5/15 bl. 23

BABILON SE REPUTASIE—IN DIE OU TYD EN VANDAG

Toe Noag se agterkleinseun, Nimrod, begin het om ’n geweldenaar in die aarde te word en homself “’n geweldige jagter gekant teen Jehovah” gemaak het, was die begin van sy koninkryk Babel of Babilon. Dit was daar by Babel dat manne Jehovah getrotseer het en besluit het om ’n groot naam vir hulself te maak deur ’n stad en ’n godsdienstoring te bou. Dit was afvalligheid, ’n afval van die aanbidding van Noag se God, ’n opstand teen Jehovah se soewereiniteit. Maar hulle bouprogram was ’n hopelose mislukking. Jehovah het afgekom en hulle taal verwar. Omdat hulle nie langer met mekaar kon kommunikeer nie, het hulle in taalgroepe verdeel en is hulle van Babel af “oor die hele aarde verstrooi” (Gen. 10:8-10, NW; 11:1-9). Hulle het hulle valse godsdiens met hulle saamgeneem. Dit het ’n wêreldryk van valse godsdiens geword, die geheimsinnige “Babilon die Grote”.

Dit is maklik om te sien wat die gemeenskaplike oorsprong van die wêreld se gelowe is. Daar is so baie ooreenkomste! Antieke Babilon het byvoorbeeld Semiramis en haar kind Nimrod aanbid, iets wat baie ooreenkom met die aanbidding van die maagd Maria en haar kind in die afvallige Christendom! ln sy boek “Ancient Pagan and Modern Christian Symbolism” sê Thomas Inman van beelde van die moeder en kind: “Sulke groepe is net so algemeen in Indië as in Italië, in heidense tempels as in Christenkerke. Die gedagte van ’n moeder en kind word uitgebeeld in elke antieke land waarvan daar nog kunswerke bestaan.”

ln sy “Essay on the Development of Christian doctrine,” het die Rooms-Katolieke kardinaal, John Henry Newman, oor baie sulke gebruike en leerstellings geskryf en gesê dat hulle “almal ’n heidense oorsprong het” en “geheilig is toe die kerk hulle aanvaar het”. Maar die laaste stelling is nie waar nie! Deur Babiloniese opvattings en seremonies oor te neem, het hedendaagse Katolisisme en Protestantisme, tesame met Judaïsme, geen heiligheid aan valse godsdiensgebruike en -leerstellings verleen nie. Hulle het hulself eerder geïdentifiseer as dogterorganisasies van “Babilon die Grote”.—Openb. 17:5, NW.

Hierdie “dogter”-gelowe het ’n vername rol gespeel aan albei kante van die kruistogte en ander sektariese oorloë van die geskiedenis. Die twee wêreldoorloë van ons dag het tussen sogenaamde “Christennasies” uitgebreek, terwyl Sjintoïste en Boeddhiste ook diep daarby betrokke geraak het. Aan albei kante het die geestelikes gehelp om die vlamme van oorlogskoors aan te blaas. ln plaas daarvan om die ‘God van liefde’ te verteenwoordig, was die wêreldryk van valse godsdiens nog altyd ’n vername aanstoker van haat. Tot vandag toe veg Katolieke en Protestante in Noord-lerland teen mekaar. Godsdiens sit agter baie van die geweld in die Midde-Ooste.

Maar Babilon die Grote se allerlaakbaarste gedrag word in Openbaring 17:6 beskryf. Hier lees ons: “Ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus.” Daardie woorde het ’n tragiese vervulling gehad, onder meer die vervolging van eerste-eeuse Christene, die Inkwisisies van die Donker Eeue en Katolieke Hitler se hedendaagse gewelddadige onderdrukking van Jehovah se Getuies! Gaan die ‘God van liefde’ hierdie bloedskuld wreek? Hy gaan beslis!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel