Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 2/15 bl. 7
  • Wanneer ’n mens God se raad in die wind slaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n mens God se raad in die wind slaan
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ons toon dat ons Jehovah liefhet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Ja, jy kan geluk vind
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Jongmense, is Bybelse sedelikheid die beste weg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Help ander om God te aanbid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 2/15 bl. 7

WANNEER ’N MENS GOD SE RAAD IN DIE WIND SLAAN

’n Jong Getuie in haar vroeë twintigerjare vertel van die gevolge omdat sy God se raad in die wind geslaan het. Sy skryf:

“Ek het ’n paar jaar gelede ’n verskriklike misstap begaan. Ek het my skuldig gemaak aan hoerery met ’n ongedoopte jong man wat destyds die Bybel bestudeer het. Ek was gedoop. Ek wou hê dat hy my moes liefhê. ln plaas daarvan het ons albei Jehovah se wet verbreek. . . .

Nou bestaan my lewe uit ’n reeks Asse. As ek maar net as ’n jong persoon wat Jehovah liefgehad het, sterker was. As ek maar net meer aandag aan die Bybel se vereistes geskenk het. As ek maar net gedink het aan die erns van my dade toe ek oortree het. Nou moet ek maai wat ek gesaai het. . . . Die slaaplose nagte, die tydperke van wanhoop en trane is deel van die prys wat ek moet betaal omdat ek aan Jehovah ongehoorsaam was. . . .

“Ek wens net jongmense wil besef dat die ouere manne en Jehovah hulle liefhet en nie wil sien dat hulle seerkry nie. God se vereistes is slegs daar om ons gelukkig te maak. As ’n fout eers begaan is, kan dit nie ongedaan gemaak word nie. Ons moet Jehovah altyd vertrou en ons voorneem om by sy regverdige en liefdevolle beginsels te bly. Ons geluk as jongmense is op die spel. Ons moet altyd aan die toekoms dink; aan ons verhouding met Jehovah. Om dit te doen, moet ons nou ons weë verstandig kies, volgens Skriftuurlike beginsels. Dit is ’n les wat ek ongelukkig op die swaar manier geleer het. Ander sal hopelik alle oortreding vermy en op Jehovah vertrou.

“Ek het Jehovah waarlik lief. Dit grief my dat ek aan hom ongehoorsaam was. Maar ek is vasbeslote om voort te beur, om hard te werk, om ’n sterk en blywende verhouding met Jehovah op te bou. Ek sien gretig uit na die tyd wanneer Jehovah se gawe aan sy lojale onderdane, ’n nuwe stelsel waarin hoë sedelike standaarde gehandhaaf sal word, verwesenlik en deur almal geniet sal word. Slegs dan sal ek vergeet van die hartseer en die pyn wat my sonde veroorsaak het.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel